@ at Malmesbury Business Directory

at-malmesbury-business-directory-logo

search-google 

NG Gemeente Swartland 13 Feb 2011

swartland-ng-kerk
ONS ROEPING
Ons werk graag in God se oesland
Om as Geesvervulde gemeente die wil van die Here uit te leef
Om die gemeente en die gemeenskap Christelik te versorg en te ontwikkel.
Program van die week
Sondag 13 Feb 2011
09:30 Nagmaal - Ds Johan O’Kennedy
09:30 Nagmaal-Aandsk - Ds Gert Hattingh
Geen Kinderkerk

Gr 7-11 Kategese - direk na erediens tot 11:30

Spes Deurkollekte:  Kategesebehoeftes

Opbrengs: ACVV - R1837.20

Volgende Sondag 20 Februarie 2011

09:30 Erediens - Ds Friedrich Claassen

09:30 Kinderkerk - Kerksentrum

Gr 7-11 Kategese –  direk na erediens tot 11:30

Spes. Deurkollekte: Aandskemering

18:30 Tekkiediens - Swl-Noord - Ds Steyn

AANDHUISKERK

Sondag 27 Febr. 2011

GEEN Kinderkerk en Gr 7-11 Kategese weens die afskeidspreek van Ds Hattingh

Maandag 14 Februarie 2011

Kooroefening - 19:00

Woensdag 16 Februarie 2011

Tierfonteinwyk

Frikkie en Talita Bothma, Skaapkraal om 19:00

Droëvleiwyk

Louis en Martie Bester, Helderfontein om 19:30

 Nuwe Intrekkers

Baie welkom!! Ons wens u ‘n geseënde tyd in ons gemeente toe. Vul asb. vir ons die vorm vir nuwe intrekkers by een van die ingange in. Plaas dit in die houers of in die kollektesakkies.

Ds Gert Hattingh lewer Sondag 27 Februarie om 09:30 sy afskeidspreek. Almal word vriendelik uitgenooi om ná die erediens verversings in die kerksentrum te geniet.

‘n Spesiale kerkraads-vergadering word ook op 27 Februarie om 09:00 in die konsistorie gehou om demissie aan ds Gert Hattingh te verleen.

 JB-Groep (Jong belydende)

Alle werkende jongmense word hartlik uitgenooi na die JB byeenkomste Woensdae om 19:00 by die kerksentrum.

 Projekte

Die ACVV Dienssentrum hou ‘n oggendmark op 17 Febr om 09:00 - 13:00 by Kerksentrum. Kom kyk na al die tuisgebakte beskuit en konfyt en vele meer. Indien u ‘n tafel wil bespreek kontak Natalia Steyn by 022 482 2245 vir meer inligting

Indien u graag belangstel om diens te doen by die rekenaar en of by die klank in die kerk, kontak asb die kerkkantoor - 022 48-22411.

Dit sal baie waardeer word.

Boek uitverkoping

Soek jy dalk ‘n boek?  Teologie, kommentare, en vele ander.

Ds Gert Hattingh verkoop al sy boeke wat hy nie kan saamvat nie weens plek probleme.

Van R2 tot R20 per boek, maar dan moet jy gaan kyk vòòr Vrydag, 18 Februarie te Pleinstraat 24.

Sopkombuis - 2011

Lidmate wat 500ml joghurt- of fetakaas houers met deksels het, kan dit asb by die kerkkantoor kom ingee. Ons wil dit vir die sopkombuis gebruik. Baie dankie.

ROEI OP DIE ORANJE - 2011

Almal wat belangstel om 27 April-2 Mei op die Oranjerivier (Vioolsdrif) te roei, moet hul name by die kerkkantoor ingee (Tel. 022-482 2411). Koste: R850 per persoon vir rubberkanos, toerusting, kampplek. Eie vervoer en eie kos. Jou paspoort moet vanaf April nog vir 6 maande geldig wees.

Deposito: R350 pp – betaalbaar voor/op 28 Feb. Beperkte getal plekke beskikbaar.

Praise & Worship met

Retief Burger

Plek: De Bron Teater Malmesbury

Datum: 10 Maart 2011

Tyd:    19:00

Kostes:  R50pp

Enige navrae skakel M4 Events by 022 487-2000. Kaartjies ook beskikbaar by M4 Events en Superfoto 022 482-1241

GEBEDSBLAD

Ons dink aan ons gemeente

Mnr Andries Dreyer, Windhoekplaas, is Donderdagoggend oorlede. Ons innige meegevoel aan die familie en vriende.

Verjaarsdae van ons mees senior lidmate:

 Mev Liesie Basson, Aandsk,  vandag

Mnr Isak Visagie, Auctionstr 21, 14 Feb

Me Nelia Roux, Aandskemering, 15 Feb

Seënwense word u toegewens. Baie geluk

Vrouewerk 2011

Met ons afsluitingsfunksie het ons besef dat daar ‘n behoefte onder ons gemeentevroue is om soms saam te kom vir opbouende gesellige geleenthede. Om in hierdie behoefte te voorsien, het ons meer vroue nodig wat sal voorvat. Het jy dalk ‘n gawe ontvang om leiding te neem met die organisering van geleenthede? Kom jy goed met mense oor die weg? Werk jy lekker in ‘n groep saam? Dan is jy dalk nommerpas om hierdie rol te vervul! Kontak asb vir Cornelle by 022 482-2411 of Tertia by 022 482-1231

Wêreldbiddag vir Mans op Vrydag 4 Maart om 06:30 vm in die saal van die Mount Royal-ontwikkeling naby die gholfbaan.

Spreker: Tommy O’Kennedy

Wêreldbiddag vir Vroue op Vrydag 4 Maart 10:00 vm in Moedergemeente se kerkgebou.

Tekste vir die week: 13 Febr - 19 Febr 2011

Fokusteks: Deut 30:15-20

Ander tekste: Ps 119:1-8;

1Kor 3:1-9; Matt 5:21-37

Fokusteks - 20 Febr: Lev 19:1-2, 9-18

 

Dankoffer-inbetalings

Vind u dit makliker om elektroniese oorbetalings te maak of per debietorder u maandelikse bydrae te gee?

Hier volg ons bankbesonderhede:

NG Kerk Swartland

ABSA-Malmesbury

Tjekrek: 380 580 039

Taknr: 632005

Ons debietordervorms is by die kerkkantoor beskikbaar.

Kommissie markdag

Vrydag 25 Feb 2011 vanaf 09:00 – 14:00 – Kerksentrum

Almal is welkom om deel te neem, help verkoop en bydraes te maak.

Kontak ASB. een van die sameroepers.

Sameroepers:

Alet Hamman      083-698-3405

Annette Frank   082-920-4370

Wegneem-ete: Alet Hamman                  083-698-3405

Leonie Kotzé                  022 482-3051

(Ete kaartjies vooraf by Kerkkantoor  – Gevulde pannekoeke en slaai -  R25 pp)

Poedings &

Blikkies:           Bertina Horne                083 701 7434                 Jeugkomm.

Tee Kafee:        Lettie Lourens               022 482-1850                 Erediens & Sang

Magriet du Toit              022 482-1550                                             “             “

Isabel Theunissen          083 944 0376                                          Getuineskomm.

Gebak:             Anna Nieuwoudt            082 855 7303                 Versorgingskomm

Pasteie:            Selma Swart                  022 482-1947                      “             “

Klein Koekies:  Ousus Baard                 082 302 8941                      “            “

Groot Koeke:    Annelie Botha                022 482 2187                      “            “

Melkterte:         Naomi Basson              022 482 3294                      “            “

Beskuit:            Mariaan du Plessis        083 457 8456                      “           “

Brood:              Liezél Basson                083 235 9862                      “            “

Verwerkte Tertia O’Kennedy                 082 357 6713                                   “

Produkte:

Groente:           Charles Hamman           083-698-3405                 Eiendomskomm

Bonttafels:        Anelda Steyn                083 611 4273                 Leer & Toerusting

Handwerk:        Mirna Barnard                022 482 1793                 Finans.komm

Wit Olifante:     Maré Roux                    083 230 5022                      “           “

2de Handse Annette Frank                082 920 4370                         “           “

Goedere:          Annette Pienaar             079 225 5805                     “           “

You are here: Church NG Gemeente Swartland 13 Feb 2011
schoemans-chartered-accountants die-courant