@ at Malmesbury Business Directory

at-malmesbury-business-directory-logo

search-google 

NG Gemeente Swartland 13 Des 09

swartland-ng-kerk
1.   EREDIENSTE:
Oggend:
09:00 :Spesiale Doopdiens:Ds Friedrich Claassen
2.  Vanoggend ‘n Spesiale deurkollekte vir ons Restourasiefonds. Aanstaande Sondag ‘n Spesiale deurkollekte vir ons Restourasiefonds.

3.  Die Kerkkantoor sluit Dinsdag 15 Desember 2009 om 17:00.  ’n Vriendelike versoek dat Kerkraadslede asb voor of op die 15de kom inbetaal. Baie dankie.

4.  Die Gesamentlike Versoeningsdiens vind Woensdagoggend (16 Des) om 09:00 plaas. ‘n Spesiale deurkollekte vir die Makhatini Sending sal by hierdie geleentheid opgeneem word.

5.  LIEF EN LEED ...

Verjaardae van ons mees senior lidmate

GEEN VERJAARSDAE VIR HIERDIE WEEK

Voorbidding:

Mev Hester Bestbier, Weldie sterk tuis aan na ‘n opersaie

Mev Ella Moller, Aandskemering is in Durbanville Hospitaal

Mnr Cornél Eygelaar, Cinsautstr 43, gaan in Dubanville Hospitaal vir ‘n knievervanging.

Ons innige meegevoel aan Neels en Henriëtte Steenkamp, Skoolstr 1, met die heengaan van hul enigste seun Kosie Steenkamp. Ons meegevoel ook aan George en Diekie Sabbagha met die heengaan van hul seun Jason. Ons bid dat God die families sal krag en vrede gee in hierdie hartseer tyd.

Leraars wat Sondag 20 Desember en Kersdag 25 Desember die eredienste waarneem:

Spesiale Doopdiens:Ds Friedrich Claassen

Kersdiens: Ds Friedrich Claassen

Medelye

Namens die moderatuur van die Wes-en-Suid-Kaap wil ek graag ons innige meegevoel betuig met Neels en Henriëtte Steenkamp en die res van hulle familie met die tragiese heengaan van Kosie.

Ons gedagtes en gebede is in hierdie tyd in die besonder by hulle en die res van die Malmesbury gemeenskap, wat met hierdie hartverskeurende verlies en trauma vrede moet maak. Ons is saam met hulle hartseer oor hul groot verlies en wens daar was iets wat ons kon sê of doen om die seer te verlig.

Mag hulle in hierdie moeilike tyd regtig ervaar hoe die gemeenskap van gelowiges op ’n kreatiewe en praktiese manier uitdrukking te gee aan ons Christelike geloof deur hulle te vertroos en te versorg.

Baie sterkte en genade word almal betrokke toegebid.

Vriendelike groete

Dr Ben du Toit
Direkteur Kommunikasie: NG Kerk Sinode van Wes-en-Suid-Kaap

 NG GEMEENTE SWARTLAND

Vakante Pos vir : KOSTER

Vereisters van die pos:

Goeie Kommunikeerder

Goeie Beplanner

Goeie Menseverhoudings

Toesighouding en bestuur van Terreinpersoneel

Bereidwilligheid om ongewone ure te werk

Eie vervoer

Verantwoordelik vir instandhouding van NG Gemeente Swartland se terrein en geboue

Slegs aansoeke per CV sal oorweeg word.

Salaris Onderhandelbaar

Aansoeke sluit 15 Januarie 2010

Onderhoude laaste week van Januarie 

Diensaanvaarding 1 Maart 2010

Navrae: George Retief 083 658 2796 ; Ds Friedrich Claassen 082 521 4211

Faks: 022 48-22410

Epos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

6.         Tekste vanuit die Leesrooster vir die week 13 Des tot 19 Des

Fokusteks vir 13 Des:      Sefanja 3:14-20

Ander tekste:      Jes 12:2-6; Fil 4:4-7; Luk 3:7-18

Fokusteks vir 20 Des:      Miga 5:2-5a

7.         Bedanking van AANDSKEMERING TEHUIS vir BEJAARDES

Baie dankie aan almal wat toiletware, eetgoed en kontant geskenk het vir geskenkies aan die bejaardes.  Dankie vir almal wie se harte en hande oop is vir ons Tehuis.  Dit word opreg waardeer.

Almal wat gedurende die afgelope jaar hul goeie gesindheid betoon het d.m.v donasies, fisiese hulp, besoeke en ook emosionele betrokkenheid as vrywilligers, ‘n GROOT-GROOT dankie.

Baie dankie dan ook vir die spesiale kollekte wat aan ons oorbetaal is.  In die lig van die heersende ekonomiese klimaat, kan uself besef van hoeveel onskatbare waarde hierdie bydrae is.

Vriendelike groete – Vivien Saayman, Aandskemering

You are here: Church NG Gemeente Swartland 13 Des 09
schoemans-chartered-accountants die-courant