1. EREDIENSTE:
Oggenddiens
09:00 : Oggenddiens: Ds Gert Hattingh
Geen Kategese en Aandbyeenkoms
2. Spesiale deuroffer vanoggend vir Alta du Toit Skool
Aanstaande Sondag ‘n spesiale deuroffer vir Aandskemering
Opbrengs vir Radio Kansel – R1035.15 Dankie hiervoor.
3. BAIE DANKIE: Die Kerkraad wil ons lidmate bedank vir u bydrae die afgelope ses maande. Baie dankie vir u positiewe insette, dankoffer bydraes, bywoning van wyksbidure en eredienste. Saam is SWARTLAND GEMEENTE besig om ‘n verskil in God se Koninkryk in Malmesbury te maak. Hoop ons kinders het ‘n wonderlike vakansie. Indien u op die pad is, ry asseblief veilig.
4. Die Kommissie-vergaderings vind die week van 20 Julie 2009 soos volg plaas:
Maandag 20 Julie:
Leer en Toerusting: 18:00 Kleinsaal
Versorgingskommissie: 18:00 Ontspanningsaal
Eiendomskommissie: 19:00 Grootsaal
Dinsdag 21 Julie:
Getuieniskommissie: 18:00 Ontspanningsaal
Eredienskommissie: 19:00 Kleinsaal
Donderdag 23 Julie:
Finansiële Kommissie: 18:00 Kleinsaal
Jeugkommissie: 19:00 Ontspanningsaal
5. Die Jaarlikse Kerkraadsverkiesing vind Sondagaand (26 Julie) direk ná die Bybelskool plaas. Alle Kerkraads- en Wyksraadlede van die vier leraarswyke vergader direk ná die Bybelskool by hul betrokke pastorie.
Kerkraadslede van Weswyk woon die vergadering soos volg by:
Wes 1, 2 en Droëvlei – Ds Johan O’Kennedy
Wes 3, 4, Tierfontein en Kalbaskraal – Ds Friedrich Claassen
Wes 5, 6 en Preekstoel – Ds Gert Hattingh
6. PROGRAM VIR DIE WEEK …
Woensdag 15 Julie 19:00 JB-Groep
7. LIEF EN LEED ...
Verjaardae van ons mees senior lidmate:
Mnr Hannes Stander (Dagbreek 7) – 12 Julie
Mnr Fanie Weyers (Moorreesstr 19) – 13 Julie
Mev Rienie Rix (Aandskemering) – 14 Julie
Ons wens u ‘n goeie lewensjaar toe. Baie geluk!
Voorbidding:
Mev Martha Rentzke (Vredevlei) is in Durbanville Hospitaal.
Mnr Koos Basson (Pleinstr 12) is Maandag oorlede.
Ons dink aan Annie en die kinders. Mag die Here jul krag en vrede gee in hierdie hartseer tyd.
Leraar wat Sondag 19 Julie die eredienste waarneem:
Oggenddiens: Ds Johan O’Kennedy
8. Tekste vanuit die Leesrooster vir die week 12 Julie – 18 Julie
Fokusteks: Ef 1:3-14
Ander tekste: 2 Sam 6:1-5, 12b-19; Ps 24; Amos 7:7-15; Ps 88:8-13
Mark 6:14-29
9. PASTORALE SPREEKKAMER: Die lewe stel aan ons eise wat soms te veel raak. Dit het ‘n impak op jou, jou werk, jou huwelik en jou verhouding met jou kinders. Wil jy of dalk jou kind met iemand gesels? Kontak Ds Friedrich by 087 807 7770 vir ‘n afspraak.
10. Huweliksbevestigings op 18 Julie in ons Gemeente van:
Helena Maria Lesch, van Pinotagestraat 16, Malmesbury en Theodorus Coetzee, van Houtstraat 15, Postmasburg.
Suzette Coetzee, van Kleinbeginstraat 5, Malmesbury en Christiaan Jacobus Coetzee van Kleinbeginstraat 5, Malmesbury.
Ons wens vir hulle ‘n baie geseënde huwelikslewe toe.
11. GEMEENTEBASAAR : SATERDAG 29 AUG : KERKSENTRUM
Kerkraadslede sal gedurende Junie en Julie in alle wyke besig wees met die insameling. Ons herinner vriendelik daaraan dat die basaarinsameling ‘n ekstra fondsinsameling is en word die gewone maandelikse dankoffers steeds gedurende hierdie tydperk opgeneem.
Konvenors:
Sameroepers: Charles en Alet Hamman 083-698-3405
Vleis: Kobus Smit 48-22053
Groente: Louw Benade 083-298-0951
Koeke en Terte: Anneli Botha 48-22187
Brood en Beskuit: Mariaan du Plessis 083-457-8456
Klein koekies: Ousus Baard 48-22412
Poeding: Wilma Rossouw 48-65831
Allerlei: Mariana Barnard 48-24298
Handwerk: Annette Frank 48-22592
Wit Olifant: Marí Roux 48-22676
Pannekoek: Mariëtte Malan 48-21207
Tee en Koffie: Mia de Beer 082-325-9330
Speelgoed: Paula Basson 48-24463/084-734-5107
Wegneem-etes: Marietha Bester en 48-22086 Sigrid Truter en 48-22077 Alet Hamman 083-698-3405
Veeveiling: Du Toit Dürr 082-454-6801
Verwerkte produkte Rina Lock 082-225-6823
12. DIE KLEREBANK – KERKKANTOOR:
Die Klerebank benodig asb wintersklere vir kinders. U is ook welkom om enige ander bydraes (komberse, ens.) vir die wintertyd na die klerebank te bring. Baie dankie vir u hulp en ondersteuning.
13. AMOS PLAASWERKERKAMP 14-16 AUGUSTUS 2009
Vanjaar se Amoskamp is by Oppiesee, Melkbosstrand. Inskrywingsvorms is by die kerkkantoor en by die kerk beskikbaar. Versprei asb die vorms onder julle werkers en ook aan buurplase sodat soveel as moontlik mense die geleentheid kan kry om te kan gaan. Kontak Ds Gert Hattingh by 022-487 1539 vir verdere navrae.
14. Nagskuiling - Afkondiging
Baie dankie aan almal wat al iets vir die Nagskuiling gegee het!! Hulle beplan ‘n opedag later in Oktober. Die Versorgingskommissie benodig u hulp. Enige LIDMATE met nuwe IDEES wat by die toerusting van die Nagskuiling se inwoners betrokke wil raak om aan hul handvaardighede te leer, sodat hulle iets vir die opedag kan maak en in die toekoms selfonderhoudend kan word, kontak asb. die versorgingskommissie!
Ons benodig ook: 1L bottels (“Coke”)(saadhouers vir tuinvoëls)
Ou emalje kombuisware
Ou koekblikke, lakens (vir opskeur om matte te vleg)
Saad vir blomme en groente
Wol (2-draad en/of “chunky”)
Tuinbeplanning ens. Baie dankie!
Versorgingskommissie - kontak Luda Retief by 022 48-72004 of Tertia O’Kennedy by 022 48-21231
15. BESOEKURE - AANDSKEMERING
SOGGENS : 10:00 TOT 11:00
MIDDAE : 15:00 TOT 16:00
17:00 TOT 17:30
Ons maak op besoekers staat om besoekure van die tehuis asb te respekteer. Indien besoekers van ver af buite besoekure aankom of as u werksure u verhinder om by die ure aan te pas, moet die hoof of suster in bevel in kennis gestel word. Baie dankie dat ons op u samewerking kan staat maak. (Kontak nr – 022 48-21466)
Mev V Saayman – Hoof van Aandskemering tehuis.



