@ at Malmesbury Business Directory

at-malmesbury-business-directory-logo

search-google 

NG Gemeente Swartland 11 Okt 09

swartland-ng-kerk
1.   EREDIENSTE:

Oggend:
09:00 :Kerkraadsbevestiging:Ds Johan O’Kennedy
09:00 : Kinderkerk
Modkats direk na die erediens
18:30 : Oom Karolus en Lente optrede

 

2.  Vanoggend ‘n Spesiale deuroffer vir die Hugenote Kollege. Aanstaande Sondag ‘n Sinodale deuroffer vir Hospitaalbearbeiding. Ons lidmate in hospitale (na ongelukke en met kanker, hart, psigiatriese, MIV/Vigs en ander siektes) asook ander noodsituasies, veral hulle wat ver van die huis is, het ‘n groot behoefte aan pastorale versorging. Die Sentrum vir Kliniese-Pastorale Dienste sien names ons gemeentes in die Kaapse Skiereiland en in George om na hierdie pastorale bediening aan ons lidmate. Die DEUROFFER vandag maak ‘n belangrike bydrae om hierdie bediening te laat klop.

Opbrengs vir die Bediening aan Jode R1051.60. Baie dankie hiervoor.

3.  Borgskappe vir kalender van 2010: U word genooi om u sake-onderneming teen ‘n borgskap van R750,00 op ons kalender vir aanstaande jaar onder aandag te bring.   Die borgskap tesame met ‘n voorbeeld van die inligting wat u wil plaas, moet asb teen middel Oktober by die kerkkantoor ingedien word.

4.  Woekerprojek t.b.v Oortrokke Bankrekening

Ons nooi almal om deel te neem, saam te werk en saam te gesels. U kry ‘n koevert met R10 in, waarmee u moet woeker.  U moet dan asseblief R200 of meer terugbring na die kerkkantoor voor 30 November 2009. Koeverte is vanoggend by die Moederskamer beskikbaar en dan daarna by die kerkkantoorOns het reeds 96 koeverte uitgedeel. Woekeraars werk hard en hulle geniet dit.  Kom mense, kom wys wat julle kan doen.

2de Handse Verkoping:  Baie dankie aan alle skenkers en verkopers. Die verkoping oor die afgelope naweek het R1 300 ingebring t.b.v die oortrokke bankrekening. Ons het einde November en begin Desember weer verkopings en benodig veral somersklere, skoene, beddegoed en huisware. 

5.LIEF EN LEED ...

Verjaardae van ons mees senior lidmate:    

Mev Anne Coetzee (Aandskemering) 16 Okt

Ons bid vir u die Heer se ryke seën toe. Baie geluk!!

Voorbidding:

Mev Trudie Louw, Diepkloof, gaan na Panorama Hospitaal vir ‘n operasie

Mnr Sigfried Behm (Aandsk – voorheen van Swl-Noord) is in die week oorlede.

Mev Beatrix Loftus (Aandsk) is oorlede - die begrafnis het reeds plaasgevind.

Ons innige meegevoel aan die gesinne. Mag die Here hulle krag en vrede gee in hierdie hartseer tyd.

Gebedsversoeke:

Ons dink in besonder aan mense wat finansieël swaarkry in hierdie moeilike ekonomiese tye. Ons bid vir julle en vertrou dat daar uitkoms sal kom.  Dankie vir die skriftelike versoeke wat ons ontvang het vir voorbidding. (Die Kerkkantoor wys lidmate daarop dat hulle by die ACVV-kantoor kan aanklop vir hulp.)

Leraars wat Sondag 18 Oktober die eredienste waarneem:

Erediens : Ds Gert Hattingh

Matriekafskeidsdiens:Ds Friedrich Claassen

Bybelskool, wat sou plaasvind, word vervang deur die Matriekafskeidsdiens

6.         PROGRAM VIR DIE WEEK …                                                         

Maandag 12 Okt  19:00 Kooroefening

Wyksbidure

Woensdag 14 Okt                               

Weswyk 18:30            Wes 1 (Diensw Mulder) by Mnr en Mev  Louis Havenga, Vosstraat 2

Suidwyk 19:30            Suid 1/2/3 (De Jager, Geldenhuys) by Mnr en Mev Martell van Lill, Colignystr 7

Ooswyk 19:00             Oos 12a,b,13 (Oudle Botha, Bester, Horne) by Mnr&Mev Pierre de Villiers, Baroccastr 9

Sentraalwyk 19:00     Sen 01/02 (Oudl Lourens, Du Toit) by Mnr en Mev Marius Huisamen, Vredestr 20

                        19:00     JB-Groep

Vrydag 16 Okt 09:00 Gebedsgroep

7.         Tekste vanuit die Leesrooster vir die week 11 Okt – 17 Okt

Fokusteks:   Ps 22:1-16

Ander tekste:  Amos 5:6-7, 10-15;  Ps 90:12-17;  Hebr 4:12-16; Mark 10:17-31                                           

8.  NAGSKUILING:  OPEDAG

Op Woensdag 28 Oktober word daar ‘n opedag by die Nagskuiling beplan vanaf 09:00 tot 12:00.  Almal is welkom om groente uit die Nagskuiling se eie groente-tuin te kom koop, asook plantjies, handgemaakte produkte, hangertjies, matjies ens.  Ons sal bly wees as Kleingroep-lede en Bybelstudie groepe daardie week hulle byeenkomste los om besoek aan die Nagskuiling te bring. Kontaknommer 022 48-21231

 9.  Finalejaar Katkisante kamp

Vanjaar se kamp vind plaas 16-18 Oktober 2009. Ons benodig nog melk, vrugte, groente of enige ander kos en lekkernye vir die naweek. Kontak asb vir ds Johan O’Kennedy by 022 48-21231.

10. Die week se Kommissies vergader soos volg:

Maandag 12 Oktober

18:00   Leer & Toerusting          Kleinsaal

             Versorging                      Ontspanningsaal

19:00   Eiendomme                     Kleinsaal

             Jeug                                  Grootsaal

Dinsdag 13 Oktober

18:00   Getuienis                          Ontspanningsaal

19:00   Erediens en Sang            Kleinsaal

Donderdag 15 Oktober

18:00  Finansiële Kommissie     Kleinsaal

 11. 4x4 -Babylonstoren Roete

Datum:         Saterdag 24 Oktober 2009.

Kostes:         R200 per voertuig

Registrasies vanaf        7:00

Eerste groep vertrek     08:00

Tweede groep vertrek   09:00

Wegspring by Malmesbury Sportgronde

Bring u eie piekniekmandjie saam. Geen kos of drank word op roete verkoop nie. Vertel asb vir ander 4x4 entoesiaste. Kontak: Sybie Theunissen 022 48-23368 (h), 022 48-24175 (w) 083 687 6710

 12. JUBELBEKER!! Die jaarlikse Jubelbeker Gholfkompetisie tussen Swartland- en Swartland-Noord gemeente vind op die 7de Nov 2009 by die Malmesbury Gholfklub plaas.Aflaan tyd vanaf 12:30. As u belangstel om te speel, gee asb u naam en voorgee in by die Kerkkantoor.

 13. PASTORALE SPREEKKAMER:  Wil jy dalk met iemand gesels? Die lewe stel aan ons almal eise wat soms te veel raak.  Kontak Ds Friedrich by 087 807 7770/ 082 521 4211 vir ‘n afspraak.  Woensdae 09:00 tot 12:00 en Donderdae 09:00 tot 12:00.

14. Ons jaarlikse veeveiling vind plaas op 28 Oktober 2009 om 11:00 by die Klipheuwel-veekrale.  Vir enige navrae kontak mnre Du Toit Dürr 082-454-6801 of Johan Bester 022 48-22062

15. Die Gebedsgroep begin weer op 9 Oktober 2009 om 09:00 aan huis van mev Sus Hagen, Skoolstraat 35.  Almal wat behoefte het aan gebed is welkom en gebedsversoeke kan ook ingehandig word.

Die program is soos volg:

09 Okt         Laat u Koninkryk kom     Sus Hagen

16 Okt          Laat u wil op die aarde geskied net soos in die Hemel          Janet v Zyl

 23 Okt         Gee ons vandag ons daaglikse brood       Annette Frank  

 28 Okt         Ons besoek die Nagskuiling se Opedag saam met die Bejaardes van Aandskemering.

06 Nov         Vergeef ons ons oortredinge soos ons ook die vergewe  wat teen ons oortree.   Tertia O’Kennedy

13 Nov         Gebed ………Johann Nel

20 Nov         Ons hou Verjaardag

27 Nov         Bevryding word bespreek   BESOEKER

04 Des         Afsluitingsfunksie

16. UITNODIGING – GESINSNAWEEK!!!

Gesinsnaweek potjiekos-kompetisie

Wanneer:     Vrydag 30 Okt 2009 om 16:00.

Plek: Christelike Privaatskool Malmesbury - gronde

Inskrywingsgelde: R200 vir Volwassenes en R100 vir Kinderpotte.

Inskywingsvorms by kerkkantoor beskikbaar. Sluitingsdatum 28Okt 2009 Kontak Beryl 0849993388 of kerkkantoor 022 48-22411 vir enige navrae.

You are here: Church NG Gemeente Swartland 11 Okt 09
schoemans-chartered-accountants die-courant