@ at Malmesbury Business Directory

at-malmesbury-business-directory-logo

search-google 

NG Gemeente Swartland 1 Mei 2011

swartland-ng-kerk
ONS ROEPING
Ons werk graag in God se oesland
Om as Geesvervulde gemeente die wil van die Here uit te leef
Om die gemeente en die gemeenskap Christelik te versorg en te ontwikkel.
Program van die week
Sondag 1 mei 2011
09:30 Doopdiens - Ds Friedrich Claassen

Geen Kinderkerk en Gr7-11 Kategese

Spes Deurkollekte: Kinderhuise

Opbrengs: Restourasiefonds:R2402.95

Maandag 2 Mei

Geen kooroefening

Woensdag 4 Mei

Suid 6/7

Biduur afgestel

Suid 12/13

Mnr en Mev Richard Croeser, Immelmanstr 16 om 19:00

Oos 2 (Ou Sen 5)

Mnr en Mev Marais Erasmus, Meulstraat 20 om 19:00

Wes 13 (Ou Sen 3)

Mnr en Mev Sarel Steyn, Reservoirstr 22 om 19:00

Volgende Sondag 8 Mei

09:30 Erediens - Ds Johan O’Kennedy

09:30 Kinderkerk - Kerksentrum

Gr 7-11 Kategese direk na erediens

18:30 Tekkiediens - Swl-Noord

Spes. Sin Deurkollekte: Ramot

Bid- en Dankdag vir Oeste

Nuwe Intrekkers

Baie welkom!! Ons wens u ‘n geseënde tyd in ons gemeente toe. Vul asb. vir ons die vorm vir nuwe intrekkers by een van die ingange in. Plaas dit in die houers of in die kollektesakkies.

Dankoffer-inbetalings

Vind u dit makliker om elektroniese oorbetalings te maak of per debietorder u maandelikse bydrae te gee?

Hier volg ons bankbesonderhede:

NG Kerk Swartland

ABSA-Malmesbury

Tjekrek: 380 580 039

Taknr: 632005

Ons debietordervorms is by die kerkkantoor beskikbaar.

Projekte

Indien u belangstel om diens te doen by die klank in die kerk, kontak asb die kerkkantoor - 022 48-22411. Dit sal baie waardeer word

Kom toer saam: DV 7-17 Okt 2011 Ons toer na Sun City vir die Huisgenoot Skouspel. Hierna rus ons in die Kruger Wildtuin en met die terugkom besoek ons die bekende Ludwig’s Roses.

Kostes: R7 985 pp.(ingesl Skouspel toegangskaartjie, reis- en verblyfkostes asook alle etes)

Kontak Eunice v.d Merwe by ACVV Dienssentrum Worcester, 023-3420624 vir meer besonderhede

n Basaar vergadering vind op Dinsdag 3 Mei om 19:00 in die kerksentrum plaas. Enige navrae - kontak asb vir mev Alet Hamman

 Baie dankie

TIENERBEDIENING

Ons benodig nog kleingroepleiers. Hierdie is nie alleen ‘n bedienings-geleentheid nie, maar ook ‘n geleentheid om geestelike te groei. Kom word deel van ‘n span wat ons tieners begelei om Jesus as Verlosser te ontdek, aan te neem en voluit vir Hom te lewe. Persone wat betrokke wil raak by die Tienerbediening op Sondae na kerk kan vir Ds Friedrich kontak (082 521 4211).

Ester konferensie aangebied deur NG Kerk Moedergemeente Vredenburg en Akkerdyk

GOD MAAK JOU BEKOORLIK, VIR HOM!

Datum: 17-18 Junie 2011

Tyd:    Vanaf 17:00 (Vrydag - 17de)

08:00 - 16:30 (Saterdag - 18de)

Kostes: R180 p.p (sluit etes en konferensiemateriaal in)

Plek:  NG Moedergemeente, Vredenburg

Inskywingsvorms is in die vakkies by die deure beskikbaar.

Vir navrae skakel Renette, 082 877 5313 of Ronel, 082 873 3757

GEBEDSBLAD

Ons dink aan ons gemeente

  • Mev Marleen Ligthart, Mollstraat 9, is in Paarl Medi-kliniek

  • Me Sarina Steyn, Aandskemering, is in Tygeberg Hospitaal

Voorbidding vir ondergenoemde persone in Aandskemering se gesondheid.

  • Mnr Deon v.d Heever - kankerafdeling

  • Me Louise Euvrard

  • Me Johanna van Aarde

  • Me Grace Lambrechts

Verjaarsdae van ons mees senior lidmate:

Mev Joey Louw, Annahof, 2 Mei

Mev Anna Swanepoel, Aandsk, 2 Mei

Mev Neelsie Huysamen, Aandsk, 4 Mei

Mev Alida Lombard, Aandsk, 6 Mei

Mev Ria Bester, Aandsk, 6 Mei

Seënwense word u toegewens. Baie geluk

Na die afgelope tyd se skade aan die kerk se dak is daar opgraderings aan die kerk en kerksentrum se alarmstelsel gemaak.

Ons wil graag die gemeentelede in kennis stel dat die kerk se hekke voortaan met slotte gesluit gaan word, behalwe een hekkie aan die agterkant van die kerk. Dis die hek regoorkant die ACVV kantoor se ingang.

Dankie vir almal se samewerking

Tekste vir die week:

1 Mei 2011 - 7 Mei 2011

Fokusteks: Ps 16

Ander tekste: Hand 2:14a, 22-32; 1Pet 1:3-9; Joh 20:19-31

Fokusteks - 8 Mei: Ps 116:1-4, 12-19

Gebedsgroep - Vrydae om 09:00 by die Kerksentrum Almal is baie welkom om dit by te woon!!

Mnr Hannes van Eyssen, ‘n kolporteur vir Lux Verbi, BM en C.U.M boeke, hou ‘n uitstalling van Christelike boeke en cd’s by die Hoërskool Swartland op Donderdag 5 Mei vanaf 08:00 tot 13:00. Almal is welkom om die uitstalling te besoek.

Rond-om-Talie-klerekas

Dit raak weer winter en die navrae by die klerekas vir 2de handse goedere is groot. Ons benodig soos warm klere, komberse en skoene. Indien u wil ontslae raak van enige van bogenoemde, kom gee dit asb by die kerkkantoor af. Dit word baie waardeer. Baie dankie

NG Vrouelidmate: Sinodale Vrouedag!

Die vrouelidmate se sinodale byeenkoms/vrouedag vind plaas op 18 Mei by die Eensgezindonthaalsaal (op die Klipheuwelpad) buite Durbanville.

Gassprekers soos Elise Bosch, Jeanne Els (rubriekskrywers van LIG), en Heinz Winckler is die gaskunstenaar.

Registrasies vind plaas vanaf 08:30 en ‘n heerlike ontbyt word voorsien vanaf 09:00. Skakel Esther by 021 957 7190 vir meer besonderhede.

Kostes: R150 p/p

You are here: Church NG Gemeente Swartland 1 Mei 2011
schoemans-chartered-accountants die-courant