@ at Malmesbury Business Directory

at-malmesbury-business-directory-logo

search-google 

NG Gemeente Swartland 08 Nov 09

swartland-ng-kerk
1.   EREDIENSTE:
Oggend:
09:00 : Doopdiens :  Ds Johan O’Kennedy
09:00  : Kinderkerk   (Gr 1-6)
Modkats direk na die erediens
18:30: Tekkiediens by Swartland-Noord gemeente
Vandag is Sondag vir Bejaardes.

 2.  Vanoggend ‘n Spesiale deurkollekte vir Aandskemering. Aanstaande Sondag ‘n Spesiale deurkollekte vir die Christelike Afhanklikheidsdiens. Die Christelike Afhanklikheidsdiens is selfhelpgroepe in dorpe wat bestaan uit gesonde verslaafdes (alkohol, dwelms, pille). Ons ondersteun almal wat ‘n verslawingsprobleem het en hulle families en vriende.  Die diens is gratis en enigiemand kan aansluit.  ‘n Verskeidenheid temas, aktiwiteite en projekte word aangebied wat deur lede bepaal word.  CAD-lede geniet die nuwe lewe sonder middel-afhanklikheid en lewe as oorwinnaars.  Verslawing is ‘n siekte en kan oorwin word.  Sluit aan by ‘n liefdevolle, biddende, vrolike, ondersteunende familie van wenners.

Opbrengs vir die Helpmekaar Studiefonds R1787.65.Baie dankie hiervoor.

3.  Borgskappe vir kalender van 2010:  Deur ‘n Borgskap van R750.00, kan u in 2010 u sakeonderneming deur middel van die Kerk se Almanak onder die aandag van lidmate bring. Die borgskap tesame met ‘n voorbeeld van die inligting wat u wil plaas, moet asb op die laatste teen 11 November by die kerkkantoor ingedien word.

4.  KERKRAADSVERGADERING vind Donderdag 12 Nov om 19:00 in die Kerksentrum plaas.  Tee word bedien vanaf 18:30.

Alle Ouderlinge, Diakens en Dienswerkers van die Verkleinde Kerkraad sowel as die Wyksrade, vergader gesamentlik vanaf 19:00 vir ongeveer ‘n uur in die Grootsaal.

Hierna vergader al die ouderlinge, diakens, dienswerkers van die vier leraarswyke vir ‘n kort rukkie afsonderlik om huishoudelike sake af te handel.

Die Kerkraadslede van die Wyksrade verdaag na afsonderlike vergadering en gaan die Verkleinde Kerkraad met hul Kerkraadsvergadering in die Kleinsaal voort. 

5.LIEF EN LEED ...

Verjaardae van ons mees senior lidmate:  

Mnr Lodewyk Rossouw, Hugenote Park w/s 1 verjaar vandag (8 Nov)

Mev Anna Viviers, Aandskemering, 10 November

Mev Jewell Thompson, Aandskemering, 14 Nov. ‘n Baie spesiale verjaardag.

Baie hartlik geluk en seën word u toegebid!!

Voorbidding:

Mev Tienie du Toit, De Kockstr 53, is in Durbanville Medi-Kliniek vir operasie

Mnr Matty Visser, Droëvlei, se broer, mnr Jannie Visser, is oorlede.

Ons innige meegevoel aan die familie.

Leraars wat Sondag 15 November die eredienste waarneem:

Nagmaaldiens: Ds Johan O’Kennedy

Bybelskool: Ds Gert Hattingh

6.         PROGRAM VIR DIE WEEK …                                                         

Maandag 9 Nov 19:00 Kooroefening

Wyksbidure Woensdag 11 Nov

Weswyk            18:00  Wes 5 (Diak Kotzé ) by Mnr en Mev Pieter Kotzé, Pinardstr 1A

Suidwyk           19:00   Suid 12/13 (Oudl Retief) by Mnr & Mev Herman Stassen, Auctionstr 19

Ooswyk             19:00   Oos 8/9/10 (Oudl Frank) by Mev Annette Frank, Loedolfstr 37

Sentraalwyk     19:00  Sen 5 (Diensw Dürr) by Mev Babsie Smit, Rainierstr 1

JB-Groep          19:00

Vrydag13 Nov 09:00  Gebedsgroep

                           18:30   Koffiekroeg                                                                                   

7.         Tekste vanuit die Leesrooster vir die week 8 Nov – 14 Nov

Fokusteks:   Hebr 9:24-28

Ander tekste:  Rut 3:1-5, 4:13-17; Ps 127; 1 Kon 17:8-16; Ps 146; Mark 12:38-44

8.         Die Kerkbodes van 6 Nov. is in die vakkies by die deur beskikbaar.

9.  Ons benodig ‘n Nutsman vir Aandskemering oue tehuis.  Indien u belangstel kontak asb vir mnr Pieter Liebenberg by 083-743-3145.

10. JUBELBEKER!! Die jaarlikse Jubelbeker Gholfkompetisie tussen Swartland- en Swartland-Noord gemeente vind op die 21ste Nov 2009 by die Malmesbury Gholfklub plaas.Afslaan tyd vanaf 12:00. As u belangstel om te speel, gee asb u naam en voorgee in by die Kerkkantoor.

Let wel:Die datum van die Jubelbeker het verskuif na 21 Nov  om 12:00

11. 2de Handse Verkoping:   Daar word op 28 November weer ‘n verkoping gehou. Ons benodig veral somersklere, skoene, beddegoed en huisware, maar enige skenkings is welkom. Baie dankie

12. Sopkombuis – Woensdae.

Namens die ACVV wil ons graag almal bedank wat vanjaar bygedra het om van die Sopkombuis ‘n groot sukses te maak. Dankie ook aan almal wat hulp verleen het.  Spesiale dank aan Swl-Noord, Swl Gemeente, mev Ria Engelbrecht en personeel, die ATKV, VLV, VCSV van Hoërskool Swartland en Pick & Pay (vir die brood en broodrolletjies). Dit word opreg waardeer.  Baie dankie  

13. Woekerprojek t.b.v Oortrokke Bankrekening

Ons nooi almal om deel te neem, saam te werk en saam te gesels. U kry ‘n koevert met R10 in, waarmee u moet woeker.  U moet dan asseblief R200 of meer terugbring na die kerkkantoor voor 30 November 2009. Koeverte beskikbaar by die kerkkantoorKom mense, kom wys wat julle kan doen.

14. AANDSKEMERINGSoos elke jaar, word vanjaar weer gepoog om Kersgeskenkies in die vorm van toiletware soos aanrol Deodorant, Babapoeier, Wit Palmolive seep, Waslappies, Tandeborsels, Tandepaste,Prep en lekkernye aan die inwoners van Aandskemering te oorhandig.  Mandjies is by die kerkdeure beskikbaar waarin u enige bydraes kan plaas.

15. Lidmaatskap ontvang:  Jan Andries Nel en Catharina Johanna Bicknell (nou Nel) (Aandskemering) voorheen vanaf Robertson-Oos.

Baie hartlik welkom in ons gemeente!!!!

16. PASTORALE SPREEKKAMER:  Wil jy dalk met iemand gesels? Die lewe stel aan ons almal eise wat soms te veel raak.  Kontak Ds Friedrich by 087 807 7770/ 082 521 4211 vir ‘n afspraak.  Woensdae 09:00 tot 12:00 en Donderdae 09:00 tot 12:00.

17. BLOMME VIR LIEF EN LEED:  Daar is elke Sondag in die voorportale van al drie ingange 'n houer met water waarin u blomme uit u eie tuin kan plaas. As u nie blomme in u tuin het nie en graag iets wil gee, kan u ook 'n paar blomme aankoop om in die houers te plaas. Die blomme gaan vir persone wat in die hospitaal was of bemoediging in 'n krisis nodig het. Vrywilligers maak die blomme na die diens op waarna dit deur vrywilligers by die betrokke persone afgelewer word. Kom ons ondersteun die saak en bring vreugde in iemand anders se lewe.

Kunsveiling : 27 Nov 2009

Skilderye word geskenk deur ons plaaslike kunstenaars. Dit word dan opgeveil ten bate van ons Woekerprojek om ons oortrokke rekening te delg.  Dit gaan gehou word in ons Kerksentrum en die kaartjies sal binnekort by die Kerkkantoor beskikbaar wees. Jou gelukkige nommer op jou kaartjie kan vir jou ’n skildery besorg!

DAG:

Besigtiging van uitstalling

Datum:  Vrydag 27 Nov 2009

Tyd:     Vanaf 11:00 tot 15:00

Toegang gratis (donasies welkom)

Vir besigtiging en skriftelike aanbiedings indien u nie die aand by die veiling kan wees nie!

AAND:

Veiling van skilderye

Tyd:  18h30 vir 19h00

Kaartjie:  R 50,00 per persoon

Kaas en Wyn-geleentheid

Kom koop wonderlike skilderye teen billike pryse!! 

You are here: Church NG Gemeente Swartland 08 Nov 09
schoemans-chartered-accountants die-courant