@ at Malmesbury Business Directory

at-malmesbury-business-directory-logo

search-google 

N G Gemeente Swartland 26 April 09

swartland-ng-kerk
1.   EREDIENSTE:

09:00 :       Erediens               :       Ds Gert Hattingh

Geen Kategese- en aandbyeenkoms

 

 

2.  Sinodale Deuroffer vanoggend vir Zimbabwe,Malawi,Mosambiek.

Aanstaande Sondag ‘n spesiale deuroffer vir Kinderhuise. Opbrengs van BADISA – R1682.70. Baie dankie.

Die BYWONINGSYFER van verlede week: Ogg:       457    Tekkiediens: 40

3.  KOMMISSIE-VERGADERINGS vind die week van 4de en 11de Mei plaas:

(Let op dat Erediens en Sang komm vergadering geskuif het na Di – 12 Mei)

 

Maandag 4 Mei:

Leer en Toerusting             18:00                 Kleinsaal

Versorging:                        18:00                 Ontspanningsaal

Jeug                                 19:00                 Grootsaal

Dinsdag 5 Mei:

Getuienis                           18:00                 Kleinsaal

Donderdag 7 Mei:

Finansiële Kom.                  18:00                 Kerkkantoor se Kantoor

Maandag 11 Mei:

Eiendomme:                      19:00                 Kleinsaal

Dinsdag 12 Mei:

Erediens en Sang               19:00                 Ontspanningsaal

4.  BERADINGSKURSUS – 8 EN 9 MEI 2009

Waarom sou mense ‘n beradingskursus wou doen?  Sodat ons onsself en ander mense beter kan verstaan.  Die kursus in beradingsvaardighede vir lidmate lei nie sielkundiges op nie, maar rus lidmate toe om mense met emosionele nood (ook tydens dood en siekte) in alledaagse gesprekke beter te versorg.‘n Hele aantal persone in die gemeente het in die verlede die kursus gedoen en dit baie positief ervaar:  Ons beplan om dit weer aan te bied op Vrydag 8 Mei om 18:00 – 21:00 en Saterdag 9 Mei om 09:00 – 15:00.   Inskrywingsgeld beloop R40.00

Indien u meer wil weet, kontak Ds Gert of Anita Hattingh by 022 48-71539

 

5.         PROGRAM VIR DIE WEEK …         

Woensdag 29 April                                 Wyksbidure

Weswyk                        20:00                  Wes 2 (Oudl Swart) by

Mnr & Mev Jaco Swart, Wandelstr 19A

Suidwyk                         18:30                   Suid 10/11 (Oudl Barnard, Rossouw) by

Mnr&Mev Flip Gerber, Auctionstr 29

Ooswyk                                                      Oos 1/2/3 Biduur is geskuif na 6/5/09

Sentraalwyk                   19:00                  Sen 1,2 (Oudl Lourens, du Toit) by

Mev Lettie Lourens, Dirkie Uysstr 12        

Vrydag 1 Mei                                              Geen Gebedsgroep - Werkersdag

6. LIEF EN LEED ...

Verjaardae van ons mees senior lidmate:    

Mev Louise Euvrard (Amandelrug oord nr 17) 29 April

Mev Joey Louw (Annahof nr 3) 2 Mei

Mev Anna Swanepoel (Aandsk) 2 Mei

Seënwense en ‘n goeie lewensjaar word u toegebid. Baie geluk!

Gelukwensing:

Batie en Sanette Lombard, Renosterbos plaas, het ‘n dogtertjie ryker

geword.  Baie geluk

Leraar wat aanstaande Sondag die erediens waarneem:

Doopdiens:   Ds Johan O’Kennedy

7.  Die Gebedskamer is weeksdae vanaf 08:00-13:00 en 14:00-17:00 oop indien iemand ‘n plekkie soek om stil te raak. Kontak mev Ria Engelbrecht by 072 233 9680 vir die oopsluit van die kamer.  Die Gebedskamer gaan tot na Pinkster oop wees om te bepaal of daar ‘n behoefte is om dit oop te hou.

8.         NAGSKUILING – NUUS!!!

Ons het ‘n vrywilliger wat help met die opleiding van kombuispersoneel.  Daar is ook ‘n dringende behoefte aan ou vatlappe en ook handdoeke, wat as lappe gebruik kan word.  Ook ander kombuisware is baie welkom.  Kontak Tertia O’Kennedy by 022 48-21231                                                                                                                                    

9.  GELETTERDHEIDSKURSUS:

KEN JY IEMAND WAT NIE KAN LEES OF SKRYF NIE. (Dalk u huishulp, plaas- of tuinwerker….) Maak asb kontak, dat reëlings getref kan word. Daar is vrywilligers wat help met die geletterdheidskursus. Kontakpersoon:  Tertia O’Kennedy – 022 48-21231.

10. Indeling van wyke in Weswyk by ons ander leraars:

Ds Johan O`Kennedy:    Wes 1 en 2 en Droëvleiwyk

Ds Friedrich Claassen:      Wes 3&4 en Tierfontien-en Kalbaskraalwyke

Ds Gert Hattingh:           Wes 5 en 6 en Preekstoelwyk

11.        Tekste vanuit die Leesrooster vir die week 26 April – 2 Mei

Fokusteks:        Luk 24:36b-48

Ander tekste:     Hand 3:12-19;  Ps 4;  1Joh 3:1-7

12. Die Vrouediens van Swartland-Noord bied op Dinsdag, 5 Mei ‘n Algemene Byeenkoms aan in die Kerksaal om 19:00. By hierdie geleentheid is die spreker Delana Sadie wat met ons sal praat oor die projek “Kosbaar vir Jesus” wat reeds op Malmesbury geloods is. Dit is die projek waarvoor ons die poppies vir Straatwerk gebrei het. Sy sal vir ons meer agtergrond inligting gee en ook dinge wat reeds op voetsoolvlak gebeur het, met ons deel.  Daar sal ook ‘n uitstalling wees van die poppies wat ons reeds ontvang het.

13. Die Beheerraad van Aandskemering Tehuis vir Bejaardes soek dringend vrywilligers om op die Raad te dien.  Kontak asb 022 48-23651 indien u belangstel.

 

Terwyl hulle nog oor hierdie dinge praat, staan Jesus self meteens daar tussen hulle en sê vir hulle:  “Vrede vir julle!”

Fokusteks  Luk 24:36b-48

 

 

You are here: Church N G Gemeente Swartland 26 April 09
schoemans-chartered-accountants die-courant