Japie Muller
So baie mense het geestelike liedere geskryf waardeur hulle aan hul blydskap en ook noodwendige seer uitdrukking kon gee. So, is van probleme en pyn gepraat as wolke, berge, riviere, vlaktes, ens. Ek dink aan die lied: An uncloudy day . . . die hoop op 'n wolklose dag, waar daar nie meer wolke sal wees om die son te verberg nie. Of die dood wat dikwels as 'n rivier [Jordaan] beskryf is:
When I come to the river at the ending of day, and the last winds of sorrow has blown, there'll be Somebody waiting to show me the way, I won't have to cross Jordan alone . . .
Of die lied wat sê: I wanted to live on a mountain, but in the valley He restoreth my soul.
Of die ander een wat sê:
There's a river, somewhere called Jordan
and they say it is so deep and so wide
And they say that a king and a beggar
on that shore will stand side by side.
At the crossing of that river why should I be afraid
there'll be Someone there who loves me
and He'll guide me, across the river
to endless joys above.
So het ek ook in in my eenvoud en in my seer kon sê: [terwyl ek die gediggie geskryf het, het die woord kwetsend {spottend} - wat ek toe nog nooit gehoor het nie, skielik by my opgekom] - en dan weet jy mos 'n kwas in 'n plank, kom van 'n tak wat teen 'n stam gegroei het. Maar het ek geskryf:
Van die takke van 'n boom wat groei
bly kwetsend die balke se kwaste;
En die wonde in 'n hart wat bloei
is letsels van die lewe se laste.
Daar is so baie sulke gevalle, maar Dottie Rambo het dit vir my die mooiste gesê, toe sy geskryf het: He made my mountain a higher place to touch the face of God . . .Is dit nie pragtig nie!!! My berg word net 'n hoër staanplek, sodat ek Hom beter kan bereik. Dan word jou probleem jou triomf. Halleluja!!
Piet Smit073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook by http://www.facebook.com/group.php?gid=45835613272



