@ at Malmesbury Business Directory

at-malmesbury-business-directory-logo

search-google 

Motiewe

02-god-van-baie-kanse
MOTIEWE
Waarom dien mense die Here?
Weet jy dit is moontlik dat ‘n nasie die Here en daarmee saam, godsdiens kan gebruik of misbruik om hulleself te verhef en te verryk. Dit gebeur dat ‘n Christelike nasie die Here mooi en opreg dien, maar geleidelik water dit later af en word die Here net ‘n middel tot ‘n doel. Nl. die Here word aangewend om die nasie te bevorder. Hulle soek hulle eie eer en nie meer dié van God nie. Iemand het ‘n boek, Suid-Afrika Oes Die Stormwind Van Volksgodsdiens, onder my aandag gebring en daarin toon Denise Woods aan hoe die godsdiens in S.A. aangewend is om die volkspolitiek te bevorder.

Die Woord is vol sulke voorbeelde waar Israel dikwels hulle godsdiens misbruik het tot bevordering van hulself.Wat waar is vir ‘n nasie is ook waar vir enige ander instansie. Dit kan selfs met ‘n kerk of ‘n gemeente gebeur. Die kerk of denominasie kan met die Here op so ‘n wyse omgaan dat hulle nie die Here se eer te alle tye soek nie, maar dat dit gaan om hulle eie verheffing en uitbreiding.

Dieselfde geld ook vir ‘n individu. Die Here word dan die dienskneg om die mens te verhef!

Ook Paulus stel hierdie gesindheid aan die kaak as hy sê:
  • Fil. 1:15 - “Sommige preek Christus wel ook uit afguns en twis, maar ander ook uit welwillendheid:
  • Fil. 1:16 – “die eerste verkondig Christus uit naywer, nie met suiwer bedoelinge nie.”

Maar hoor net hoe toring Paulus se persoonlike motief waarom hy die Here dien uit bo die misbruike van vele:

  • Fil. 1:20 – “maar dat Christus met alle vrymoedigheid, soos altyd so ook nou, groot gemaak sal word in my liggaam, of dit deur die lewe of deur die dood is.” (Lees dit asb. weer met aandag.)

Daarom moet ek en jy ons voortdurend self afvra:

  • Is dit wat ek nou doen tot Christus se verheerliking of wil ek myself daardeur oplig, sodat ander my kan sien?
  • Dit wat ek nou wil sê, sal dit bydra dat Jesus uitstyg of wil ek maar net spog oor my eie prestasies en gehoor word?
Ongemaklike vrae né ... want dit openbaar jou verborge motiewe.

Piet Smit

073 447 2902

(K) 022-4872200

This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook

You are here: Church Motiewe
schoemans-chartered-accountants die-courant