@ at Malmesbury Business Directory

at-malmesbury-business-directory-logo

search-google 

Moenie oordeel nie

02-god-van-baie-kanse
Kyk, die oomblik dat jy dink, nou het jy alles gehoor dan moet jy uitvind daar’s nog een …

Nou die dag die toppunt gehoor: Ek was vroegoggend besig om die hawermout gaar te kook.

Die radio was aan op RSG en ‘n omie bel in om beswaar te maak dat hulle dit kon durf waag om die Engelse aanhaling tot vervelens toe te sê n.a.v die Sokker Wêreldbeker: “Feel it, it is here.“

”Nee,” sê hy, “dis mos ‘n Afrikaanse stasie, julle moet dit asb. in Afrikaans sê. Waarom moet julle nou iets in Engels sê terwyl dit ‘n Afrikaanse stasie is.” Die arme omroepster het toe ook maar nie ‘n keuse as om baie beleefd die omie te verseker dat sy die boodskap sal oordra aan die regte persone. Maar toe sluit die omie af en sê: “Nou maar okay, goodbye.”

Direk daarna bel ‘n ander persoon in en sê: “Ai tog, die vorige oom het so ‘n bohaai gemaak oor die Engels, maar daar loop sluit hy toe self af in Engels!”

WOORD
  • Jak. 4:12 – “Maar jy, wie is jy wat ‘n ander oordeel?”
  • Rom 2:1 – “Daarom is jy, o mens wat oordeel, wie jy ook mag wees, sonder verontskuldiging; want waarin jy ‘n ander oordeel, veroordeel jy jouself; want jy wat oordeel, doen dieselfde dinge.”
  • Mat. 7:1 – “Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie.”

Mat. 7:2 – “Want met die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word; en met die maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.”

Mat. 7:3 – “En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie?”

  • Pred. 7:16 – “Wees nie alte regverdig en hou jou nie buitengewoon wys nie: waarom sou jy jouself te gronde rig?”
Hoe dikwels wil mense oordeel en regter speel oor ander maar dan gaan dit met hulle soos met die omie op RSG; hulle is nog so besig om te oordeel dan trap hulle in dieselfde strik.

Aan die einde van die dag kom mens tot die besef; net as jy volmaak is, kan  jy ander oordeel ... Dus, nét God kan oordeel, want nét Hy en Hy alleen is volmaak en absoluut regverdig en het al die feite en ken die bedoelinge van die harte. Ek en jy skiet te kort.

Epos Inval Gedagte Bediening

Piet Smit 
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook by http://www.facebook.com/group.php?gid=45835613272

You are here: Church Moenie oordeel nie
schoemans-chartered-accountants die-courant