Ons doen ‘n vergelykende studie oor die lewe van Abaham en Lot. Terwyl hulle vele dinge in gemeen gehad het, neem ons kennis dat Lot eindig bankrot maar Abraham styg uit en word die vader van die gelowiges. Plus, ons kan dit nie ontken dat God hom ook op materiële gebied baie ryklik geseën het.
Ons lees hoedat Abraham altare gebou het van plek tot plek waar hy getrek het in Kanaän.
- Gen. 12:7 – “Daarop verskyn die HERE aan Abram en sê: Aan jou nageslag sal Ek hierdie land gee. Toe bou hy daar ‘n altaar vir die HERE wat aan hom verskyn het.”
- Gen. 12:8 – “En daarvandaan het hy verder versit na die gebergte oos van Bet-el en sy tent opgeslaan tussen Bet-el aan die weste— en Ai aan die oostekant, en daar vir die HERE ‘n altaar gebou en die Naam van die HERE aangeroep.”
Maar ons lees dit nie van Lot nie. Nêrens lees ons ooit dat Lot vir die Here ‘n enkele altaar gebou het nie. Miskien het hy, maar ons lees dit nie. Lot is vir my die tipe gelowige vir wie dit te veel moeite is om die onderlinge byeenkomste by te woon:
- “Ag, ek is mos ‘n Christen, vir wat moet ‘n mens so baie kerk toe gaan.”
- “Ek kan by die huis die Here net so goed dien.”
- “Ek is so ‘n besige man, ek het nie tyd om nog in die aand ook kerk toe te gaan nie.”
Dink weer: Lot dien die Here vrot; sy aanstaande skoonseuns het met sy godsdiens gespot en hy eindig bankrot! Abraham dien die Here vlot en hy eindig sterk; wat ‘n genot!
Piet Smit073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook
Gen. 13:11 – “En Lot het vir hom die hele Jordaanstreek gekies, en Lot het na die ooste weggetrek. So het hulle dan die een van die ander geskei.”
Toe Abraham aan Lot die aanbod maak om eerste te kies, toe kies hy dadelik dit wat op die oog af so goed en mooi lyk. Hy kies die vrugbare Jordaan vallei met sy uitgestrekte groen en baie water ..., máár Sodom en Gomorra was ook daar.
Gen. 13:12 – “en Lot het gaan woon in die stede van die Jordaanstreek en sy tente tot by Sodom opgeslaan.”
Gen. 13:13 – “En die manne van Sodom was sleg en groot sondaars voor die HERE.”
Lot het self later binne in Sodom gaan woon. Sodom simboliseer die sondige wêreld se lewenstyl.Baie Christene dink: “Ek is mos nou geregverdig deur geloof en ek leef mos onder genade, ek kan maar leef soos ek wil en so bietjie sonde doen soos ek wil dit sal my mos nie minder ‘n kind van God maak nie.” Hulle lyk soos die wêreld, reuk soos die wêreld, praat soos die wêreld en maak soos die wêreld.
Lot het seker ook maar so gedink en geredeneer. Maar ek vra die vraag: Waar het hy geëindig?‘n Man van God het eenmaal gesê: “Sin wil take you farther than you want to go. Keep you longer than you want to stay and cost you more than you want to pay.”
Toe trek vier konings van Babilonië op na die Jordaan vallei en oorval Sodom en in die proses voer hulle ook vir Lot weg. Gen 14:12 – “Hulle het ook Lot, Abram se broerskind, en al sy goed geneem en weggetrek—want hy was in Sodom woonagtig.” Onthou; as jy in Sodom woon, gaan alles wat met Sodom gebeur ook met jou gebeur!
GEBED
Here bewaar ons dat ons nie ‘n wêreldse leefwyse aan kleef nie. Help ons Here om nie agter die klatergoud van die wêreld aan te hardloop nie. Laat ons heiligmaking na jaag; ‘n lewenstyl wat toon dat ons volg Jesus alleen na. Amen!
Piet Smit073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook
As ek struikel en ek val,
Here help my nog ‘n maal ...
Nadat Abraham vir Lot bevry het uit gevangenskap van die konings van Babilonië (Gen. 14), gaan hy terug na Sodom en gaan woon wéér daar. Snaaks hoedat sommige mense net nie leer nie. Hulle maak dieselfde foute oor en oor en leer nie hulle les nie.Daar is selfs Christene wat nie hul les leer nie. Hulle leef van die een “vrylating op borgtog” tot die volgende. Hulle luister nie, leer nie, hou nie op met dieselfde foute nie:
- Leer nie, om nie skuld te maak nie.
- Hulle hou aan verkeerde plekke besoek.
- Wil nie luister: “Die eerste glasie beteken jou ondergang.”
- Gee nie gehoor: “Bly weg van dobbel en die lotto speel.”
- “Bly weg van pornografie, jy raak verslaaf daaraan soos aan dwelms.”
- Verhoudinge met verkeerde mense is nie goed nie.
In die rigter tydperk van Israel was daar 7 sulke kringlope. Israel raak afvallig van die Here en doen sonde. Dan kom ‘n uitlandse volk soos bv. die Filistyne en oorheers hulle en verdruk hulle vir etlike jare. Maar hierdie tyd van verdrukking noop hulle om die Here te soek wanneer hulle berou het. Dan roep hulle die Here om hulle te help en te verlos uit die hand van hulle verdrukkers. Dan is die Here maar weer genadig en help hulle nog ‘n keer deur ‘n rigter op te wek wat hulle dan lei na verlossing. So was daar verskillende rigters soos bv. Debora, Gideon en die baie bekende Simson. Mens sou verwag dat hulle darem een of ander tyd hulle les sou leer en by die Here sou bly, maar nee, hulle is net vir ‘n ruk verlos en dan drywe hulle weer weg van die Here. Oor en oor en oor ...
Terug by Lot se verhaal: Op die ou end word Sodom finaal met vuur en swawel verwoes en moes Lot vlug met sy vrou en twee dogters vir hulle lewe. Ongeag die direkte bevel om te vlug sê Gen. 19:16 – “Maar hy het nog getalm.” So traag was sy vrou om die plek te verlaat dat sy agter haar om gekyk het en in ‘n “soutpilaar” verander het. Lot ontkom met nét sy klere aan sy lyf en ‘n “sesbottelkan!” (Gen. 19:32)Dus leer ek maar my lessies goed.
En slaag so my standerds met spoed!
Piet Smit073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening.Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook
LOT EINDIG TOE BANKROT (5)Dit bly een van die grootste en heerlikste waarhede van die Bybel dat ons as God se kinders, die geregtigheid van God is! Dis wat die Woord van ons sê (2 Kor. 5:21): “Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.”
Bogenoemde vers wil sê: Geloof in Christus; geloof in Jesus se plaasvervangende dood in my en jou plek, maak ons die geregtigheid van God!
Verstaan jy dit? ‘n Mens wat regtig God se genade in Christus verstaan, is so oorweldig, dat jy eenvoudig sprakeloos is oor God se goedheid! Jy kan dit nie verwoord. Dis net te wonderlik vir woorde!Jy kan net nie langer in sonde bly en aanhou om sonde te doen nie. Dis soos wat ons lees in:
- Rom. 6:1 – “Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word?”
- Rom 6:2 – “Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?”
Jy sal voorwaar ‘n hart soos Abraham vir God hê en die Here voortdurend eerste stel in jou lewe. En jy sal geseënd wees aan die einde. Abraham het sterk geëindig. Lot het nie sterk geëindig nie.
Nadat ek self die Wynland Half Marathon in Stellenbosch voltooi het, sit ek en ‘n mede atleet op die paviljoen en kyk hoedat van die ander atlete klaar maak. Sommige kom daar aan soos oorwinnaars; hulle hardloop nog sterk en kragtig. Ander kom daar aan; halfdood, die stoom staan op hulle, amper ‘n verleentheid vir hulself. My vriend maak ‘n opmerking teenoor my terwyl ons na nog ‘n atleet kyk wat strompelend oor die eindstreep gaan: ”So wil ek tog nooit in my lewe eindig nie.”GEBED
Dierbare Here Jesus, help my om klaar te maak sóós wat ek met U begin het. Amen!
Piet Smit073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook
LOT EINDIG TOE BANKROT (6)
Kom ons kyk vir laas na die twee persone se lewenswandel:
LOT- Lot was nét gered - niks meer!
- Daar was geen vordering op die pad van die Here nie. Geen geestelike groei, geen vordering in heiligmaking.
- Net so bolangs en oppervlakkig.
- Geen offer is ooit vir die Here gebring nie. Geen werk is vir die Here gedoen nie. Alles moes net altyd lekker wees.
- Sy redding het aan ‘n dun gare draadjie gehang.
- Moontlik het hy dit nét gemaak vir die hemel.
- Hy het geen geestelike nalatenskap agtergelaat nie.
- Sy nageslag is ‘n verleentheid, die Moabiete en Ammoniete (Gen. 19:31-38).
- Die geestelike nageslag van Lot (wat net so oppervlakkig met God omgaan soos Lot) is net so ‘n verleentheid vandag. 1Kor. 3:1 – “En ek, broeders, kon met julle nie spreek soos met geestelike mense nie, maar soos met vleeslike, soos met klein kinders in Christus.”
- Abraham het vanuit ‘n verhouding met God geleef wat net al meer intiemer geraak het soos die tyd aangestap het.
- Abraham het gereeld offers vir God gebring. Ons kan sê in hedendaagse taal: Hy het nie ‘n diens, seldiens, geleentheid om ander te dien gemis nie.
- Hy eindig so geseënd! Gen. 24:1 – “En Abraham was oud en ver op sy dae, en die HERE het Abraham in alles geseën.”
- Abraham word die Vader van die Gelowiges (Rom. 4:16).
- Hy het ‘n nalatenskap gelaat!
- Hy het ‘n voorbeeld vir ons nagelaat, alhoewel hy nie volmaak was nie en selfs foute gemaak het. Hy het aan God vasgehou in die geloof tot die einde van sy lewe.
- Wie in Abraham se voetspore volg sal verseker in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug (1 Thess. 4:16-17) wanneer Hy vir ‘n tweede keer verskyn (spoedig) vir die wat Hom verwag (Heb. 9:28).
Hou my trou Here Jesus hou my trou! Daars ‘n stryd wat ek moet stry! Daars oorwinning te verkry! Gee my krag elke dag hou my trou! Amen!
Piet Smit073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook



