(Japie Muller)
1 Liefde maak die moeite maklik
liefde maak die laste lig
liefde vergeef die foute dad'lik
liefde maak die krake dig.
2 Liefde hul die hart in heelheid
liefde vul die gees met vroomheid
liefde is die mond se wag.
3 Liefde maak die kos meer smaaklikliefde maak die bitter soet
liefde maak die pyn verdraaglik
liefde wil vir kwaad vergoed.
4 Liefde maak die oë vriendelikliefde maak die handdruk eg
liefde maak die slegte sinlik
liefde maak die hart opreg.
5 Liefde heel die hart se wondeliefde tem die stem se toon
liefde delg uit al die sonde
liefde maak die vuile skoon.
6 Liefde maak die winter warmliefde maak die somer koel
liefde maak nooit iemand arm
liefde laat jou veilig voel.
7 Liefde gee meer lewenslusliefde maak die swakke sterk
liefde sal die haat uitblus
liefde is lewe onbeperk.
(word vervolg)
LIEFDE ONBEPERK
(Japie Muller)
(vervolg)
8 Liefde maak die hulp heelhartigliefde maak die langpad kort
liefde is altyd barmhartig
liefde gee om wat van jou word.
9 Liefde maak die sondaar saligliefde maak die lewe mooi
liefde leef en wen vir ewig
liefde sal nooit klippe gooi.
10 Liefde maak die mense minsaamliefde maak van werk 'n spel
liefde maak die kind gehoorsaam
liefde wil van seën vertel.
11 Liefde maak die saamwees innigliefde lig die lewenslas
liefde gee die uitkoms vinnig
liefde bring ons weer in pas.
12 Liefde bring die hemel naderliefde maak die toekoms blink
liefde gee 'n beker water
liefde laat jou vyand drink.
13 Liefde laat jou swaarder draliefde laat jou verder loop
liefde laat jou minder vra
liefde laat jou alles hoop.
14 Liefde maak die huis 'n haweliefde laat ons veilig woon
liefde is die grootste gawe
liefde kom van God se troon.
Epos Inval Gedagte BedieningPiet Smit
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook by http://www.facebook.com/group.php?gid=45835613272



