@ at Malmesbury Business Directory

at-malmesbury-business-directory-logo

search-google 

Lesse uit die lewe van Hansie Cronjé (4)

‘N MENS MOET OOK JOUSELF VERGEWE

Dis een ding om vergifnis by God en mens te kry. Dit beteken om jouself te verneder en met berou vergifnis te vra - die lug te suiwer en moontlike onregte reg te stel. Om ander te vergewe wat my en jou verneder het, seer gemaak het en skade berokken het, is dalk so ‘n graad moeiliker veral as ander jou hoë intensiteit aan pyn besorg het

Maar dan kom ons by, vir sommige die heel moeilikste, om jouself te vergewe en vry te spreek vir die skandes en sonde waarin jy jou begewe het.

Hansie Cronjé het almal om verskoning gevra: Sy vrou en gesin en die Krieket Raad en ook die hele S.A. Maar nog steeds het hy nie vrede gehad nie, want hy het geloop met selfveragting oor sy oneerbare dade. Vir weke en maande het hy gewroeg. Daar het vir hom niks oorgebly om voor te lewe nie. Elke dag was ‘n pyn om voort te gaan. Selfs sy vrou kon nie met hom huis hou nie. Totdat hy besluit het om na Peter Pollock te gaan vir persoonlike gesprek en berading. Ek hou van die woorde in die film van Peter Pollock aan die einde van die gesprek: “God het jou reeds lankal vergewe, dis nou tyd dat jy jouself vergewe.”

Aan diegene wat dalk al net soveel gely het soos Hansie Cronjé, wil ek sê: “Het dit nie ook tyd geword dat jy jouself vergewe nie?” As jy vergifnis by God gekry het en ander om verskoning gevra het; vergewe nou jouself ook vir daardie verkeerde daad en optrede.

As God ons vergewe het vir die verkeerde, wie is ons om dit nog teen onsself te hou? Het ons ‘n hoër standaard as God? God vergewe, maar ons dink anders!? Is ons hoër en beter as God Self!? Watse geestelike hoogmoedige gesindheid is dit!?

Kom liewe broer en suster, die lewe gaan voort. Ons is net mense. As mense skiet ons te kort, faal ons en maak foute. Vergewe jouself. Spreek jouself vry en staan op en kyk die wêreld in die oë en leef elke oomblik voluit tot eer van die Here!

Soms moet hierdie dinge gebeur dat ons kan leer om sag met ander mense en hulle tekortkominge om te gaan en nie te veroordeel nie ...

GEBED:

Here, ek kom na U. Hoor my gebed en laat dit effek op my lewe hê. Vergewe my dat terwyl U my al lankal vergewe het, ek nog steeds loop met selfverwerping, selfveragting en selfverwyt. Omdat U my vergewe het, vergewe ek ook myself en spreek ek myself vry in Jesus se Naam. Ek weier om langer daaraan vas te hou en myself te pynig. Ek staan op vandag om vir U te leef! Amen!

Epos Inval Gedagte Bediening
Piet Smit
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Ook in Engels beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook by http://www.facebook.com/group.php?gid=45835613272

You are here: Church Lesse uit die lewe van Hansie Cronjé (4)
schoemans-chartered-accountants die-courant