JY MOET ALTYD REG WEES
Wat presies die nag van die 18de Mei 2011 met Melissa van Aarde gebeur het toe die motor met haar tussen Riebeek Kasteel en Malmesbury gerol het, sal ons seker nooit weet nie.
Miskien redeneer jy dat jy nog lank wil leef en nie nou al aan die dood wil dink nie. So wil ek glo het Meilissa op 24 ook gedink en ek is oortuig, sommer almal van ons. Maar vele sterf net so plotseling onverwags en ek en jy is dit nie gevrywaar nie.
Heb. 9:27 sê: “En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel.” Benewens ‘n eindoordeel is daar die oordeel (direk daarna) in die sin dat die oomblik wanneer iemand sterf, gaan sy geestelike deel òf om by die Here in die hemel te wees (Fil. 1:23) òf na die ongeredde kant van die doderyk (Luk. 16:23) afwagtende om uiteindelik in die hel gewerp te word (Open. 20:11-15).Ek Pleit Vandag By Jou
Miskien praat die Here al lankal met jou en het jy al dikwels by jouself gedink: “Ek beter my saak met die Here reg maak. Ek weet ek is nie reg met God nie en as ek moet sterf, waar maak ek my oë oop?” Miskien het ander ook al met jou gepraat oor presies dieselfde saak. Maar tot nou toe het jy nie reageer nie.
Om dit alles in die wind te slaan en maar net so aan te gaan sonder om ag te slaan op al die waarskuwings is uiters onverantwoordelik. ‘n Mens hoef nie ‘n motor te rol om te sterf nie. Jy kan net daar waar jy nou sit en hierdie boodskappie lees, inmekaar sak en sterf.Daarom vra ek baie mooi vandag: Wil jy nie jou hart vir die Here gee nie? Melissa se pa, Melt van Aarde het gesê: “As my kind se dood iemand by die Here kan uitbring dan sê ek, ‘prys die Here!”
Hier is ‘n gebed om jou te help: Hemelse Vader ek wil graag U kind wees. Vergewe my deur die bloed van Jesus alles wat tussen my en U staan. Elke verkeerde daad en gepraat. Was my witter as die sneeu. Ek glo dat die Here Jesus op die kruis vir my gesterf het en dat deur geloof in sy kruisdood my sonde gekanselleer word. Nou nooi ek U, Here Jesus, kom woon in my hart deur U Heilige Gees. Skryf my naam in die boek van die lewe en maak my U kind. Ek gaan U volg vir die res van my lewe. Ek sien nou uit dat U sal kom op die wolke om my hemel toe te neem! Ek bid dit Vader, in Jesus se Naam, Amen!As jy hierdie oorgawe gebed gebid het, vertel my daarvan asb.
Piet Smit
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook



