@ at Malmesbury Business Directory

at-malmesbury-business-directory-logo

search-google 

Lesse geleer tydens my operasie (2)

02-god-van-baie-kanse
LESSE GELEER TYDENS MY OPERASIE (2)
Van operasies weet ek so min. Vele kan my baie meer leer. Ek vertel maar net van my eerste een. (Verdra my asb. dat dit so persoonlik is.)

HOE KOSBAAR IS ELKEEN SE BYSTAND

As jy nog nooi ander se bystand geag het nie, dan waardeer jy dit as jy alleen raak in die hospitaal! Elkeen se belangstelling en sms en oproepie is kosbaar! ‘n Kit Kat na die operasie is dan iets beter as die hemel – altans, so voel dit! Hoe moet elkeen wat getroud is, sy of haar maatjie waardeer! My vrou het my gewas en versorg soos ‘n babatjie na die tyd. Ek sien nou nog hoe sy tussen my tone afdroog.

ALLES WERK MEDE TEN GOEDE

Rom. 8:28 – “En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is.”

Vele getuig hoedat hulle ook dié pad moes loop om ander wat oor hulle pad gestuur is te bearbei. Só kon ek ‘n mede pasiënt wat twee liesbreuke moes laat herstel, met Jesus se liefde bedien, sonder om my Godsdiens in sy keel af te druk.

Ek weet hoe dit voel om vertikaal in ‘n hospitaal te verkeer, maar om horisontaal te wees, is ‘n perd van ‘n totaal ander kleur! ‘n Nuwe wêreld het vir my oopgegaan nl. die roetine van ‘n hospitaal en die prosedure van ‘n operasie. Die waardering van besoekers tydens besoek tye

Die dankbaarheid om weer by die huis te wees!

BEGRIP VIR ANDER

So maklik kan ons ander veroordeel wat onder druk, frustrasie en pyn dinge kwytraak. Totdat jy jouself daar bevind ...

Ek het ook in hierdie tyd negatiewe dinge gedink:

  • “Here, waar is U dan, dis so vrek seer en ongemaklik as ek moet beweeg!?”
  • “Ek moes liewer nooit aan my laat sny het nie.”

Die pyn het tog stil geword en as alles weer genormaliseer het, sal ek anders oor alles dink.

Ek en jy moet leer om nie so maklik ander te veroordeel wat negatiewe dinge sê nie. Ons staan nie in hulle skoene nie. Miskien sou ons erger en nog swakker reageer het. Moet ook nie veroordeel as mense medikasie gebruik of deur ‘n operasie moet gaan nie.

GEBED

Here, nou eer ek U as die een wat deurdra en voorsien! U het middele en maniere om so te werk dat ons tog U hand in alles sien en U agterna net nog meer waardeer en lief het! Amen!

PietSmit 
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal
vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën
wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in
te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar.
Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook

You are here: Church Lesse geleer tydens my operasie (2)
schoemans-chartered-accountants die-courant