1 Pet. 3:3 – “Julle versiering moet nie uiterlik wees nie: haarvlegtery en omhang van goud en aantrek van klere nie,”
1 Pet. 3:4 – “maar die verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van ‘n sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God.”
1 Pet. 3:5 – “Want so het vroeër ook die heilige vroue wat op God gehoop het, hulleself versier, en hulle was aan hul eie mans onderdanig,”
GELEENTHEIDSDRAG
Terwyl daar in die moderne samelewing ‘n gelykmakingsproses is, glo ek dat daar regtig nog vandag so iets is soos geleentheidsdrag. Vir elke geleentheid is daar min of meer ‘n styl van aantrek. As ek aan ‘n padwedloop deelneem, trek ek ‘n oefenbroekie en ‘n T-hempie aan. Gaan ons na ‘n formele troue, trek ek ‘n pakklere aan en my vrou ‘n deftige rok. Ons sal beslis nie so geklee gaan as ons in die tuin werk of as ons vir Tafelberg gaan uitklim nie.
Kerk kulture verskil van mekaar en ek dink dit sal wys wees om aan te trek vir ‘n kerkdiens soos wat jou bepaalde kerk se styl is. As jou gemeente baie formeel is en bestaan uit ouer mense; trek aan volgens die aanvaarbare norm. So ook as die styl baie vryer en informeel is; doen so mee. (Sien 1 Kor. 9:20-22)
NIE ‘N STRUIKELBLOK VIR ANDER
Om so geklee te gaan (nie net in die kerk nie maar oral) dat jy ‘n struikelblok is vir ander, is beslis verkeerd in God se oë.
Jesus spreek baie ernstig en baie duidelike tot mense wat ‘n struikelblok is vir ander:- Mat. 18:6 – “maar elkeen wat een van hierdie kleintjies (ook klein in die geloof) wat in My glo, laat struikel, dit is vir hom beter dat ‘n meulsteen aan sy nek gehang word en hy wegsink in die diepte van die see.”
- Mat 18:7 – “… wee die mens deur wie die struikelblok kom.”
Here Jesus my uiterlike voorkoms is ‘n weerspiëeling van my hart. Help my dat my hart rein sal wees en my klere nie ‘n struikelblok vir ander. Amen!
Epos Inval Gedagte BedieningPiet Smit
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook by http://www.facebook.com/group.php?gid=45835613272
KLEREDRAG (2)
1 Pet. 3:3 – “Julle versiering moet nie uiterlik wees nie: haarvlegtery en omhang van goud en aantrek van klere nie,”
1 Pet. 3:4 – “maar die verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van ‘n sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God.”
1 Pet. 3:5 – “Want so het vroeër ook die heilige vroue wat op God gehoop het, hulleself versier, en hulle was aan hul eie mans onderdanig,”
RESPEK VIR ANDER
Vir sommige mag dit nou as ‘n skok kom as ek sê: God het nie ‘n probleem met kaal mense nie, want Hy is sondeloos. God het die eerste mensepaar naak geskape maar na die sondeval het hulle skaam geword vir mekaar vir hulle eie naaktheid. Ons lees van hulle voor die sonde val (Gen 2:25): “En hulle was altwee naak, die mens en sy vrou, maar hulle het hul nie geskaam nie.” Maar direk na die sondeval lees ons (Gen 3:7): “Toe gaan altwee se oë oop, en hulle word gewaar dat hulle naak is; en hulle het vyeblare aanmekaargewerk en vir hulle skorte gemaak.”
Ons stort en bad sonder dat die Here ons sal tref. Ek bid en sing lofliedere vir die Here onder die stort, want Hy is sondeloos en word nie skaam of word versoek nie. Maar wanneer ek voor mense verskyn het ek te doen met sondige wesens wat versoek word en gewetes het wat ek kan seer maak. 1 Kor. 8:12 – “Maar deur so teen die broeders te sondig en hulle gewete wat swak is, seer te maak, sondig julle teen Christus.”Dus, wanneer ek aantrek vir kerk, dink ek nie in die eerste plek aan mý gerief nie maar aan ander se oë en hulle gevoel. Uit respek vir my mede broers en susters wat die Here dien met oorgawe, kom ek behoorlik geklee kerk toe.
NAAKTHEID SPREEK VAN SWAK SMAAK
Nou praat ek eerstens met gelowiges. ‘n Mens verwag dat bekeerde mense se kleredrag ook bekeerd sal wees. Vir ‘n bekeerde dame om doelbewus by ‘n kerkdiens op te daag met ‘n te lae hals en te kort rokkie en deurskynende klere, doen nie die beeld van Christus eer aan, vir Wie sy veronderstel is om te leef nie. Om oordadig naak te wees by so ‘n geleentheid, spreek nie van goeie smaak nie.
(Ons kan nooit nie-Christene afwys wat onbetaamlik aangetrek is wanneer hulle kerk toe kom nie. Hulle kan immers die Woord hoor en hulle harte vir Jesus gee en dan sal die Here hulle mos verander.)GEBED
Here, gee my die gesindheid van Jesus wat vir ander Sy lewe afgelê het. Amen.
Epos Inval Gedagte BedieningPiet Smit
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook by http://www.facebook.com/group.php?gid=45835613272
KLEREDRAG (3)
DIE UITERLIKE MOET NIE BEKLEMTOON WORD NIE
1 Pet. 3:3 – “Julle versiering moet nie uiterlik wees nie: haarvlegtery en omhang van goud en aantrek van klere nie,”
1 Pet. 3:4 – “maar die verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van ‘n sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God.”
Terwyl ek nie glo dat mens voorskriftelik kan wees oor die kleredrag van die Christen nie, maar dit grootliks aan elkeen se gewete moet oorlaat voor die Here, gee die Woord tog ‘n duidelike riglyn in bo genoemde vers nl. dat die uiterlike nie beklemtoon moet word nie.
Daar is diegene vir wie die uiterlike omtrent alles is. Dis al waaraan hulle tyd en energie en geld spandeer. Hulle sal hul letterlik afsloof vir die uiterlike voorkoms. En tog sal daardie selfde figuur en gesiggie en klere na ‘n klompie jare verander en verouder om uiteindelik te vergaan. Daarom dat die Bybel wil hê dat ons eerder ons energie sal tap om die innerlike mens te vertroetel, omdat dit ewig is. Oor ‘n miljoen jaar van nou af sal jou gees en siel nog bestaan. Maar jou liggaam soos jy dit nou ken, sal oor ‘n 100 jaar nie meer daar wees nie.LAAT RUIMTE VIR MEKAAR
Gaan uit jou pad om vir ander wat van jou verskil oor kleredrag, ruimte te laat. Kyk ander pad as iemand geklee is in ‘n styl waarvan jy nie hou nie of voel nie aanvaarbaar is vir ‘n Christen nie. Veral wat jy weet, doen jy dalk ook dinge wat nie vir ander aanvaarbaar is nie, en tog verdra hulle jou. Maar so is die lewe, dis gee en neem. Alles kan nie net vir jou pas en as dit jou nie pas nie, dan wil jy hulle byloop en roskam nie.
Die man wat met ‘n pak klere wil kerk toe gaan, dit staan hom vry. Die man wat verkies om liewer informeel met ‘n gewone langbroek en hemp sonder ‘n das te gaan, is vry om so te gaan. Laat ons net nie mekaar oordeel en veroordeel oor dinge waaroor die Bybel nie voorgeskrewe uitsprake het nie. As iemand ‘n pak wil aantrek in Vredendal, waar die kwik tot in die 50ºC kan styg, dan is dit nog sý keuse. Maar nou pleit ek dat daardie selfde persoon nie moet verwag en eis dat almal nou dieselfde moet doen nie, net omdat hý dit doen.HOE KAN EK GOD DIE MEESTE VERHEERLIK?
Dit moet die kind van God se gesindheid wees oor alles wat hy of sy doen: Hoe kan ek God die meeste verheerlik? As sekere kleredrag God meer sal verheerlik as ander, trek dít dan liewer aan? Hoekom sal ek en jy gaan vir tweede beste as ons vir Jesus die beste kan gee?
Epos Inval Gedagte BedieningPiet Smit
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook by http://www.facebook.com/group.php?gid=45835613272
KLEREDRAG (4)Daar is diegene wat die volgende argument voer om ‘n baie formele kerk drag voor te hou:
As ‘n mens na die parlement gaan, dan trek jy jou beste aan, want die president en die ander parlementslede van die land is daar. As ek na ‘n opvoering in die teater gaan, trek ons baie deftig aan. So ook as ek die Here se huis gaan besoek of die Here gaan besoek, dan moet ek ook my beste aan trek. ‘n Mens moet respek vir die Here se huis hê.
VERKLARENDE RIGLYNEDis ‘n siening wat bloot op tradisie en kultuur gegrond is en nie op die Woord van God nie. Die Bybel gee nie vir ons spesifieke voorskrifte van hoe ons moet aantrek as ons as gelowiges saam kom om die Here te aanbid nie. Deur die jare het elke land en streek en kultuur ‘n eie tradisie ontwikkel.
Hoe dikwels kom gelowiges by mekaar in die geheim in lande waar die Christene vervolg word; onder ‘n boom of in ‘n sloot of in ‘n ondergrondse kelder. Hulle moet dan juis só aantrek dat hulle nie toon hulle gaan na ‘n kerk byeenkoms nie. Vele kom met hulle werksdrag daaraan; en tog is die Here daar! Jesus sê in Mat. 18:20 – “Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde.” Die Here se huis in die nuwe Testament verwys altyd na mense en nie ‘n gebou nie (1 Tim. 3:15; Heb. 10:21; 1 Pet. 4:17). Die eerste gelowiges het ook nie mooi kerkgebou gehad nie maar het van huis tot huis beweeg (Hand. 2:46).In die Ou Testament was die Here se teenwoordigheid in die tabernakel en later in die tempel. Maar nou, ná die kruis van Jesus, in die Nuwe Testament, leer die Woord (Hand. 7:48): “Maar die Allerhoogste woon nie in tempels wat met hande gemaak is nie,”
Die Here is tog alomteenwoordig en is nie méér (in ‘n groter mate) teenwoordig in die kerkgebou as op enige ander plek nie. Die kerkgebou as sulks waarborg glad nie God se kragtige teenwoordigheid nie. Die kerkgebou se sement en bakstene is presies dieselfde as enige ander gebou in die dorp. Ons as gelowiges se teenwoordigheid en ons aanbidding maak dat Sy teenwoordigheid groter word wanneer ons saam kom. Want in die Nuwe Testament woon God ín sy kinders (1 Kor. 6:19) en kom woon Hy onder ons lofsange (Ps. 22:4)!
GEBEDHemelse Vader, help ons as verlostes en vrygekooptes deur die bloed van Jesus, om tog nie te twis en te stry oor kleredrag nie. Nie ander met ‘n valkoog dop te hou, hoe hulle aangetrek kerk toe kom nie. Help my dat my kleredrag nie ander sal laat struikel nie (Rom. 14:13; 1 Kor. 8:13), maar dat ek liewer ‘n voorbeeld sal wees. In Jesus Naam, Amen!