@ at Malmesbury Business Directory

at-malmesbury-business-directory-logo

search-google 

Klein of groot sonde?

02-god-van-baie-kanse
KLEIN OF GROOT SONDE?
Heel dikwels hoor ons die uitlating: “Daar is mos nie so iets soos klein of groot sonde nie; almal is mos gelyk.”
Dit is so dat alle sonde maak ons skuldig voor God. Maar as ons kyk na die uitsprake van die hele Skrif dan is daar regtig so iets soos klein en groot sonde:

SEKERE SONDE HAAT GOD EN IS VIR HOM ‘N GRUWEL

So lees ons in Spr. 6:16 die volgende: Hierdie ses dinge haat die HERE, en sewe is vir sy siel ‘n gruwel:

Spr. 6:17 – “trotse oë, ‘n leuenagtige tong en hande wat onskuldige bloed vergiet,”

Spr. 6:18 – “‘n hart wat onheilsplanne beraam, voete wat haastig na die kwaad toe loop,”

Spr. 6:19 – “een wat as valse getuie leuens uitstrooi en tussen broers tweedrag saai.”

Maar ons lees dit nie van alle ander sondes nie.

VERSKILLENDE OFFERANDES IN DIE OU TESTAMENT

Sonder om in die detail van al die verskillende offerandes in te gaan; daar was vir elke tipe van sonde ‘n voorgeskrewe offer wat gebring moes word, omdat daar verskillende grade van sonde is.

VERSKILLENDE STRAWWE

In die voorskrifte aan Moses het God verskillende strawwe voorgeskryf vir verskillende sonde. Sommige sonde is met die dood gestraf. Ander minder ernstige oortredinge is ‘n ligter straf voor op gelê. Lev. 24:21 – “Hy dan wat ‘n stuk vee doodslaan, moet daar vergoeding voor gee; maar hy wat ‘n mens doodslaan, moet gedood word.”

GRADE VAN STRAFGERIG IN DIE HIERNAMAALS
  • Mat. 11:22 – “Maar Ek sê vir julle, dit sal vir Tirus en Sidon verdraagliker wees in die oordeelsdag as vir julle.”
  • Mat. 11:24 – “Maar Ek sê vir julle dat dit vir die land van Sodom verdraagliker sal wees in die oordeelsdag as vir jou.”
Wat sê dit? Dit dui daarop dat sommige wat dinge uit onkunde gedoen of nagelaat het, se sonde en straf kleiner is as hulle wat al die kennis gehad het en tog in gebreke gebly het om gehoorsaam te word.

OM CHRISTUS TE BLY VERWERP

Niks kan erger wees as dit! Alle sonde kan nog vergewe word en jy kan selfs ‘n uiterlike of ‘n innerlike sonde hê wat teen jou staan en nog steeds God se kind wees deur die wedergeboorte en jy kan nog steeds hemel toe gaan. Maar wie Christus bly verwerp, al het hy of sy hóé vroom geleef, is verlore (Joh. 14:6)!

GEBED

Here Jesus, ek glo dat U op die kruishout vir my gesterf het. Was my met U bloed en reinig my! Ek neem U aan as mý persoonlike Redder en Verlosser! Amen!

Epos Inval Gedagte Bediening

Piet Smit 
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook by http://www.facebook.com/group.php?gid=45835613272

You are here: Church Klein of groot sonde?
schoemans-chartered-accountants die-courant