@ at Malmesbury Business Directory

at-malmesbury-business-directory-logo

search-google 

Klaar betaal

02-god-van-baie-kanse
KLAAR BETAAL
‘n Leraar en sy vrou het gaan eet by ‘n restaurant. Toe hulle instap herken ‘n man hulle wat by dieselfde restaurant gaan eet het en op die punt was om die restaurant te verlaat. Hy besluit toe om vir hulle te betaal sonder dat hulle sou weet wie die weldaad bewys het. By die betaalpunt gekom, sê hy: “Sien julle die paartjie wat daar sit, dis ‘n pastoor en sy vrou. Ek betaal vir hulle. Hier is ‘n ruim bedrag. Wanneer hulle netnou uitstap, sê dan net vir hulle daar is klaar vir hulle betaal.”

Toe past. Kotze en sy vrou uitstap om te betaal, verneem hulle: “Daar is klaar vir julle betaal!” Nou wie sou nie daarvan gehou het nie? Ek hoor sommer wat jy dink: “Ai, sal dit dan nie met my gebeur nie!”Hulle het nie gestry of dit ontken nie. Net: “Dis wonderlik! Baie dankie! Prys die Here!” En daar gaan hulle met dankbaarheid in hulle harte.

Die Bybel leer (Rom. 3:23): “almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God.” D.w.s elke mens staan diep skuldig voor God vir die veelvuldige oortredinge, sonde, ongeregtighede, en misdade teenoor God en mens begaan; wetend en onwetend. As ek en jy daarvoor moes betaal om te vergoed, is al die silwer en goud op hierdie aarde te min (1 Pet. 1:18, 19). Sou ons die straf daarvoor moes ontvang, moes as’t ware bomme op ons gereën het!

Maar toe gebeur wat daardie dag in die restaurant gebeur het. Jesus het ons plek geneem en vir ons betaal, met Sy bloed en met Sy lewe. Jes. 53:5 – “Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.”

Vat dit man! Moet nou nie so “stupid” wees en dit weier nie!

Trek los en dank jou God tot jou asem en stem weg is! Spring en juig soos ‘n Dawid wat km’s ver voor die ark gekoordans het, oor ‘n Jesus wat vir jou betaal het!!!

Epos Inval Gedagte Bediening
Piet Smit 
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook by http://www.facebook.com/group.php?gid=45835613272

You are here: Church Klaar betaal
schoemans-chartered-accountants die-courant