Net soos wat ‘n mens vanuit ‘n verhouding met God leef, net so moet ‘n gelowige ook ‘n verhouding met sy eie gebruiks Bybel hê. Ons kry vandag baie wonderlike vertalings en studie Bybels, maar jy moet ‘n gebruiks Bybel hê, waaruit jy lees, werk en leef.
As jy iemand se Bybel oopmaak, vertel die binnekant iets van die persoon se verhouding met die Here. Ek hou van die gedagte: Skoon Bybel, vuil Christen - vuil Bybel, skoon Christen. Bedoelende, ‘n Bybel van iemand waarin nie aantekeninge gemaak en onderstreep en verse ingekleur word nie, word nie regtig in gewerk nie. Die Woord kan dus ook geen impak in die eienaar van die Bybel se lewe maak nie. Die persoon se geesmens kan nie gereinig en gewas word nie. Maar daarenteen, die Bybel waarin onderstreep en verse gemerk is en aantekeninge gemaak is, vertel vir jou, hier gebeur iets. Hierdie persoon leef vanuit die Bybel. Die Woord werk in sy lewe (1 Thess. 2:13) en maak hom of haar ‘n skoon Christen. Joh. 15:3 – “Julle is alreeds rein deur die woord wat Ek tot julle gespreek het.”
Ek wens jy kon oorlede oom Willie Hugo se Bybel of miskien moet ek liewer sê, Bybels, gesien het. Binne ‘n bestek van 5 jaar het hy ‘n Bybel letterlik op gelees, gebid en gepreek! Veral toe hy nog geboer het en hy sy Bybel saam veld toe geneem het. Alles was omtrent onderstreep. Elke keer as die Heilige Gees hom aangespreek het oor iets of hom ‘n gedagte gegee het, het hy dit in die Bybel neergeskryf en dieselfde vers weer op ‘n ander manier gemerk. Eers horisontaal, later vertikaal en later sommer dwars oor die bladsy. Sy Bybel was gevlek van sweet, trane, bloed van die blinde vlieë en muggies agter die skape en selfs die plaas honde se kwyl as hulle oor hom kom staan het terwyl hy in ‘n geknielde posisie die Bybel biddende gelees het, iewers agter ‘n bos.
Vroutjie koop vir my die anderdag die mooiste groot druk 1953 Afrikaanse Bybel. Dis so mooi en lees so lekker, maar ... Gou kom ek agter, dis maar nie my persoonlike gemerkte Bybel wat ek so goed ken nie. As ek nou dink aan ‘n seker teks, kan ek haarfyn sê aan water kant van die bladsy staan dit geskryf, hoe hoog of hoe laag, sonder om die Bybel oop te maak. Net soos wat ‘n mens in verhouding met God leef, bou jy ook ‘n verhouding op met hierdie “Lewende Boek.”
Mag jy nou so lus kry vir Bybel lees dat jy nie kan wag om by jou eie, persoonlike gebruiks Bybel te kom nie!
Piet Smit
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook
JOU GEBRUIKS BYBEL (2)
Daar is ‘n groot verskil tussen jou gebruikte Bybel en ‘n nuwe Bybel. Omdat jou gebruikte Bybel so baie in die direkte teenwoordigheid van die Heilige Gees kom, soos wat ‘n mens dit saamneem na dienste, bidure en seldienste, kleef daar iets van die Here daaraan. Daar rus ‘n salwing op of aan en in daardie Bybel deur net daar aan te raak, wat nie by ‘n nuwe Bybel te vinde is nie. Dis net soos in die geval waar ‘n dooie aan die liggaam van Elísa geraak het (2 Kon. 13:21) en mense aan die doeke wat aan Paulus se lyf was geraak het (Hand. 19:12) en gesond geword het en in ander gevalle die duiwels selfs uitgegaan het.
Baie het vandag die mooiste selfone met die Bybel daar op en selfs skootrekenaars met verskillende vertalings saam met wonderlike kommentare vir naslaan doeleindes, maar vir my is dit net nie dieselfde as jou persoonlike Bybel nie. Jou persoonlike Bybel het ‘n unieke karakter soos wat jy deur die jare met God geworstel het oorwinnings behaal het en jou merke en inskripsies daar gemaak het.
Dis soos ons in die weermag dit ervaar het met jou eie geweer. Jou eie geweer word eers ingeskiet en ingestel volgens jou individuele oog en grepe. ‘n Ander ou se geweer was amper vir jou nutteloos, terwyl dit presies dieselfde kaliber was. Iets daarvan ervaar ek as ek iemand anders se Bybel optel en moet hanteer. Dis vreemd, anders, soos iemand anders se geweer, half nutteloos vir my.
Ek dink ek is veilig as ek die opmerking maak dat al die groot manne en vroue van God deur die jare, beslis een ding in gemeen het: Hulle het ‘n persoonlike Bybel gehad wat hulle persoonlike merktekens en inskrywings gedra het. Dit was hulle en veronderstel om te wees, elkeen se:
Piet Smit
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook
JOU GEBRUIKS BYBEL (3)
By geleentheid het dr. Isak Burger ons as pastore aangespreek: “Broers, ek sit soms saam met julle op die verhoog en as die offerande opgeneem word, kan ek nie help om te sien wat julle in die offerande mandjie ingooi nie. Dan sien ek hoe min, gooi van ons broers in. Hoe kan ons ‘n oproep op ander doen om in geloof vir God se werk te gee, maar ons stel nie die voorbeeld nie?”
Soms bevind ek my saam met mede gelowiges in dieselfde kamer tydens ‘n geestelike kamp of konferensie. Ek kan ook nie help om te sien, vele lees nie Bybel nie. Hulle gaan slaap met die TV en staan op met die TV. As ek wil Bybel lees moet ek dit iewers buitekant gaan doen om die geraas van die TV uit te skakel. (Maar terselfdertyd is hulle baie goed TV en koerant ingelig.) Ek sê hierdie dinge nie met ‘n hoogmoedige gesindheid. Om Bybel te lees is ‘n standaard praktyk vir die kind van die Here net soos om te eet op ‘n dag. Ons lees nie die Bybel om te spog hoe baie ons lees nie maar om die Outeur daarvan beter te leer ken (Fil. 3:10).
SLOT
Toe een van die dogters van John G. Lake op ‘n stadium weer S.A. besoek het en sy gevra is, of daar iets besonders is wat sy van haar vader kan onthou, het sy geantwoord: “Sy Bybel was altyd ‘n armlengte van hom af.” Let wel, ”sý Bybel”. Nie sommer enige Bybel nie. Maar dié een wat altyd armlengte van hom af was – sy gebruiks Bybel.
Daar was destyds ‘n dr. Heunis op Williston. Die dr. het my beïndruk. Wanneer hy jou siekte toestand beskryf het, het hy een van sy mediese boeke uitgehaal en met sy vinger by sekere gedeeltes gedruk en gewys: “Kyk, daar staan dit geskrywe ...” Dit het die geloofwaardigheid van sy uitsprake so versterk. So het dit ook my droom geword, om wanneer iemand my iets vra oor die Woord, die Bybel te kan oopmaak en my vinger daar te druk en te sê: “Kyk, daar staan dit geskrywe.” Net soos Jesus:
- Mat 4:4 – “Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.”
- Mat 4:7 - “Jesus sê vir hom: Daar is óók geskrywe ...”
- Mat 4:10 – “Toe sê Jesus vir hom: Gaan weg, Satan! want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.”
Jesus, die Woord (Joh. 1:1), het die Woord … Sy Woord / Sy Bybel, geken!
Piet Smit
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook
JOU GEBRUIKS BYBEL (5)
Ps. 119:105 – “U woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my pad.”
Ek is so bly ons kan in liefde van mekaar verskil. Ek het ook groot geword met die gedagte en tradisie dat ‘n mens mag nie in jou Bybel skryf of aantekeninge maak of inkleur of onderstreep nie. Maar na my bekering het ek dit begin doen en dit het ‘n geweldige seën in my lewe geword. Ek kan dit net aanbeveel.
Daar was soveel lieflike reaksie op hierdie reeksie dat ek tog van die skrywes met u as lesers wil deel. (Vooraf toestemming verkry.)
D.S skryf
Ek lees vanjaar die Bybel deur met 'n leesprogram en het vooraf gedink dit sal maar lol om bv Numeri deurgelees te kry sonder die een of ander kommentaar wat verduidelik en aanvul, maar soos jy dag na dag voortlees, voel dit soos 'n kind wat sy fiets sonder sywielietjies begin ry en die vryheid van 'n fiets ontdek. Bekende gedeeltes word allermooi; heeltyd lees jy en wens jy kon ook hele boeke uit jou kop opsê soos die Jode, want daar is net so baie wat jy wil onthou en jy vergeet aanmekaar.
Dat ek nou byna 50 jaar oud moes word voordat ek werklik begin begryp het dat ons die Woord moet VOOSlees. Het so baie tyd verspeel. Dis alles daar - ons moet net optel en lees en lees en die Gees laat die woorde lewe.
A
Dit is so waar maar ook lekker om elke keer as jy dieselfde gedeelte weer lees nuwe kennis te ontvou oor dieselfde bekende gedeelte. Ons het voorwaar die Beste Boek en Wonderlike Vader wat elke enkele belofte ons eie maak.
V v A
Dis so waar, my Pastoor. Ek het mos nou ook die groot druk Bybel, maar ai, dit gaan maar sukkel, sukkel. Wanneer ek moet voorberei vir byvoorbeeld die sel, kom my Bybel, wat ek gekry het op my sestiende verjaardag (wit, want dit was toe mode en ek net 'n gedienstige kerkganger) saam met my na my plek van afsondering. Gelukkig nou nie meer 'n mode Bybel, maar my gebruiks Bybel.
Dankie vir hierdie mooi skrywe. Ek voel dit so in my hart aan soos wat dit uit Pastoor se hart gegaan het: opreg, goed bedoel en met 'n ondertoon van smeking: leer ken jou Here deur jou Bybel te lees.
Piet Smit
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook



