@ at Malmesbury Business Directory

at-malmesbury-business-directory-logo

search-google 

Josef het nie ander beskuldig

02-god-van-baie-kanse
JOSEF HET NIE ANDER BESKULDIG
Elke keer as ek Josef se verhaal in die Bybel lees, roer hy my hart as ‘n man wat vorder vanaf prisonier tot “president!”
BESKULDIG NIE ANDER NIE
Nadat hy die droom van die voorman van die skinkers in die gevangenis uitgelê het, vra hy net een gunsie (Gen. 40:14):

“Hou my tog net in gedagte as dit met jou goed gaan, en bewys my tog ‘n guns en maak melding van my by Farao en bring my uit hierdie huis uit;”

Vervolgens motiveer hy sy versoek (vers 15): “want ek is gesteel, ja gesteel, uit die land van die Hebreërs, en ek het hier ook niks gedoen dat hulle my in die gevangenis gesit het nie.”

Al wat hy doen, is om nét te sê dat hy onskuldig is. Hy val nie sy broers aan wat hom as slaaf verkoop het nie. Hy val nie Potifar se vrou aan nie. Nee, hy los hulle uit en stel net sy eie onskuld.

O, hy kon ...:
  • “Weet jy dis daardie klomp slegte broers van my wat my as slaaf verkoop het.”
  • “Hulle was sommer ‘n klomp niksnutte.”
  • “Hulle was jaloers op my en het my niks gegun nie.”
  • “En dan is daar die slegte en nare vrou van Potifar. Sy het my probeer verlei.”
  • “En toe sy nie haar s’n kry nie, het sy my vals gaan beskuldig by haar man.”
Alhoewel alles waar is, hoor ons niks daarvan uit die mond van Josef nie. Edelmoedig het hy hulle uitgelos en geen beskuldigings teen hulle ingebring nie.

Dis teen die grein van die natuurlike mens. Reg van die begin kry ons net die teenoorgestelde: Adam het sy vrou beskuldig en Eva het die slang beskuldig. ‘n Persoon sê die ander dag: “Ons groot probleem vandag is, blaam verplasing. Elkeen soek so gou as moontlik iemand om die skuld op te pak om hom, of haarself te verontskuldig en te verskoon.”

GEBED

Help my Here Jesus om wanneer ek vals beskuldig word, soos ‘n Josef, nie ander te beskuldig of te beswadder nie, maar edelmoedig my oë op U te vestig en net aan te gaan om U te volg. Amen!

Epos Inval Gedagte Bediening

Piet Smit 
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook by http://www.facebook.com/group.php?gid=45835613272

 

You are here: Church Josef het nie ander beskuldig
schoemans-chartered-accountants die-courant