@ at Malmesbury Business Directory

at-malmesbury-business-directory-logo

search-google 

Josef

02-god-van-baie-kanse
JOSEF (1)
(Roza Combrink)
Josef, seun van Jakob, het sy pa se kleinvee opgepas;
saam met sy broers wat vreeslik jaloers op hom was.
Jakob was vir die seun uitsonderlik lief
en dit het die broers verskriklik gegrief.
Die rok met die lang moue was die kersie op die koek.
In plein Afrikaans - dit was moeilikheid soek.

En dan was die kind se swakheid ook om stories aan te dra.

Oor al wat ‘n dingetjie is, het hy by pa gaan kla.
Die broers kon dit nie verdra.

En om alles te kroon,

begin die mannetjie toe vreemde drome droom.
Dis gerwe wat regop staan en gerwe wat buig!

’n Son, maan en sterre wat van sy outoriteit getuig.
Genoeg is genoeg en ‘n plan moet hul maak
om van die lastige dromertjie ontslae te raak
Hul verkoop hom aan die Ismaeliete, sonder om te sweet
en sê vir pa Jakob ‘n wilde dier het hom opgevreet.

In Egipte word hy weer aan Potifar verkoop
maar God sê: "Toemaar, Josef. Ek sal saam met jou loop."
Potifar se vrou is egter ‘n regte klein feeks!
Maar haar aanlêery by Josef, maak hom heeltemal steeks.
Hy koes en hy keer; hy loop ‘n wye draai,
maar sy totale afsydigheid maak die vrou net kwaai.
Sy bedink ‘n slinkse plan; terug sal sy hom kry.
Sy gooi ‘n tantrum, en sê dis Josef wat na haar wou vry.

(Lees volgende keer verder aan hierdie ou verhaal, maar geskryf met nuwe staal in ‘n byderwetse taal.)

Epos Inval Gedagte Bediening

Piet Smit 
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook by http://www.facebook.com/group.php?gid=45835613272

JOSEF (2)

(Roza Combrink)

Potifar is woedend; hy gooi Josef in die tronk.

Maar God sê: "Toemaar, Josef. Ek sal jou laat pronk."
In die tronk, saam met hom, is daar ‘n skinker en n bakker,
en die drome wat hul droom, hou albei van hulle wakker.
Josef lê die drome uit en alles wat hy sê word waar.
Die bakker word opgehang en die skinker word gespaar.
Die skinker belowe hy sal vir die koning vertel,
en Josef wag angstiglik om bevry te word uit sy sel.
Maar, van sy belofte, vergeet die skinker skoon,
en God moet sorg dat die koning droom!
Koei eet koei en aar eet aar!
Toe Farao wakker word, voel hy skoon naar.
"Is daar iemand wat vir my die droom kan uitlê?"
"Oeps!" sê die skinker; "Ek't vergeet om te sê.
In die tronk is daar ‘n man, Josef is sy naam.
Van drome weet hy alles - so seker as die maan."

Die koning vertel; hy hou Josef angstiglik dop.
Josef luister aandagtig, en skud net sy kop.
"As ek die droom so luister, dan's Egipte in die knyp.
En as u die land wil red, dan is dit nou die regte tyd.
Kom ons saai, en kom ons maai. Ons maak die skure vol.
Want hier kom ‘n hengse droogte en dinge kan dalk lol."

Josef is nou koning Farao se nommer een.
Hy regeer die hele Egipte, en die Here seën!
"Wie glo, raak nie haastig nie".....dit verstaan Josef nou!
Al word die jare 22 en  die hoop begin verflou,
Bly dit die moeite werd om op God te vertrou.

Epos Inval Gedagte Bediening

Piet Smit 
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook by http://www.facebook.com/group.php?gid=45835613272

You are here: Church Josef
schoemans-chartered-accountants die-courant