@ at Malmesbury Business Directory

at-malmesbury-business-directory-logo

search-google 

Jesus het die Ja-woord gegee

Ons wil almal graag hemel toe gaan, maar snaaks, niemand van ons wil graag dood gaan nie.

As iemand nou vir jou sou vra: “Wil jy graag hemel toe gaan?” “Natuurlik wil ek,” sal jou antwoord verseker wees. Maar as daardie selfde persoon nou verder sê: “Hier is my rewolwer, kom ek bespoedig jou hemel toe gaan.” Hoe antwoord jy dan?
Die anderdag het ek sommer so ‘n onnadenkende ding gesê: “As iemand my dood skiet, doen hy my eintlik ‘n guns, want dan is ek by Jesus in die Hemel. Die ou wat skiet , moet my net nie kwes dat ek ly nie. Dit moet ‘n kop skoot wees.”

Maar dis sommer net praatjies. As dit nou in ‘n aanval of kaping of iets soortgelyks is, kan dit nog gaan. Maar wie van ons sal regtig in alle erns die ja-woord gee, om dood te gaan terwyl daar geen bedreiging is nie?

Weet jy, Jesus het die ja-woord gegee om dood te gaan en dit terwyl Hy nog by Sy Vader in die hemel was. Die Bybel leer ons dat Jesus gesê het:
§ (Joh. 10:15) “Ek lê my lewe af vir die skape.”
§ (Joh. 10:18) “Niemand neem dit van My af nie, maar Ek lê dit uit Myself af. Ek het mag om dit af te lê en Ek het mag om dit weer te neem.”

En Jesus het nie ingestem vir ‘n gemaklike en vinnige dood nie, maar vir die wreedste, aakligste, meespynvolle, uitgerekte marteldood denkbaar - die kruisdood van die Romeine! Geseling, bespotting en spykers deur Sy hande en voete om te hang aan ‘n kruis totdat Hy sou sterf van pyn en blootstelling!

Jesus het die ja-woord vir almal gegee:
§ Terugwerkende vir almal wat onder die Ou Testament uitgekyk het na die Lam van God wat sou kom om die sonde van die wêreld weg te neem (Heb. 9:15);
§ Almal wat dit nou reeds aangeneem het (Joh. 1:12);
§ Almal wat dit nog in die toekoms sal aanneem (Joh. 17:20);
§ Selfs vir hulle wat dit nie wou of wil of nooit sal aanneem nie (Joh. 3:16)

Jesus het Sy lewe afgelê en daardeur die ja-woord gegee vir vriend en vyand.
Joh. 15:13 – “Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.”
Rom. 5:8 - “Maar God bewys sy liefde tot ons daarin toe ons nog sondaars was.”

Ek het ‘n T-hempie by Lizette Janse van Rensburg (gospel sangeres) present gekry en hardloop graag daarmee. Agterop staan geskryf:

“The most He could do, was to die for us. The least we can do, is to live for Him.”

Epos Inval Gedagte Bediening
Piet Smit
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Ook in Engels beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook by http://www.facebook.com/group.php?gid=45835613272
You are here: Church Jesus het die Ja-woord gegee
schoemans-chartered-accountants die-courant