@ at Malmesbury Business Directory

at-malmesbury-business-directory-logo

search-google 

Is jou woord jou eer? (5)

Mag die volgende verhaal jou inspireer en uitdaag soos vir myself: Die beroemde sendeling, David Livingston wou graag vanaf die ooskus van Afrika tot aan die weskus reis. Hy het besef dat dit vir hom as Europeër onmoontlik sou wees sonder die hulp van die inheemse bevolking van Afrika. Gevolglik het hy van ‘n plaaslike kaptein toestemming gevra om 27 man saam met hom te stuur wat hom op die reis kon vergesel. Die reis sou gevaarlik wees en die kaptein het uit vorige ondervindinge ‘n skok in die geloofwaardheid van die wit mense gekry.  Gevolglik het dit Livingston gedwing om ‘n belofte te maak:

 

“As jy jou seuns aan my toevertrou, belowe ek om saam met hulle terug te keer en sal ek hulle veilig aflewer aan hulle huise en families by my terugkoms. My lewe sal as waarborg dien.” Die kaptein het uiteindelik ingestem en Livingston het vertrek.  Die reis was uiters gevaarlik soos voorsien – moeilike terrein, vyandige stamme, gevaarlike wilde diere en siekte. Maar ten laaste het hulle die weskus bereik en uitgekom by die hawe van Luanda. Daar aangekom, vind hulle tot hul verbasing ‘n Britse oorlogsboot. Maar ‘n nog groter verrassing het hul voor die deur gestaan; die oorlogsboot was gestuur vanaf Engeland met die spesifieke doel om Livingston te vind en terug te neem op bevel van koningin Victoria. Die kaptein van die boot het na hom gekom en gesê: “Sir, Queen Victoria has sent me to urge you to return. All England is waiting to honour you.” In daardie dae was so ‘n bevel van die koningin ‘n ernstige saak. Wat ‘n versoeking! Aan die een kant was daar die verskriklike terugreis te voet deur die gevaarlike bosse van Afrika en aan die ander kant was daar die maklike reis met die boot terug na Engeland en die eer wat hom daar te beurt sou val. Maar Livingston het ‘n belofte gemaak aan ‘n Afrika kaptein aan die ander kant van die vasteland. “Ag nee man”, het die Britte hom probeer oorreed,  “’n belofte aan ‘n swart kaptein in Afrika is ‘n nietigheid, die koningin van Engeland is baie meer belangrik!”

Maar ongeag die argumente van die offisiere aan boord van die Britse oorlogsboot, het Livingston omgedraai terug na die oerwoud. Die tog terug het hom twee en ‘n halwe jaar geneem sodat hy die mense van die kaptein kon aflewer. Hierdie man se woord was sy eer!

Dissipels van Jesus se woord is hulle eer!

Epos Inval Gedagte Bediening
Piet Smit 
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Ook in Engels beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook by http://www.facebook.com/group.php?gid=45835613272

You are here: Church Is jou woord jou eer? (5)
schoemans-chartered-accountants die-courant