IS DAAR SO IETS SOOS ‘N SPOOK? (5)
Hos. 4:6 – “My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis.”
WAT MENSE IN WERKLIKHEID SIEN
Nabootsende Geeste
Die King James Bybel gee Lev. 19:31 soos volg weer: “Regard not them that have familiar spirits.” Die Dake’s kommentaar verklaar dit soos volg: “These are demon spirits possessing mediums to imitate dead human beings.” Dit is niks anders as nabootsende geeste. Dis bose geeste wat rondom daardie persoon beweeg het toe hy nog gelewe het. Wat alles van die persoon af weet en in staat is om hom na te boots en dan selfs te verskyn.
Ons maak niemand se ervaring af as verbeelding nie. Maar vanuit die Skrif kan ons met sekerheid verklaar dat dit nie die gees van die ontslapene is nie.
Toordery
Elke ander bonatuurlike geval (slegte ervaringe) is toordery / goëlery of die gebruik maak van bose magte. Dit gebeur bv. dat ‘n werknemer ‘n aksie het met sy werkgewer en dan gaan die eersgenoemde na ‘n toordokter wat ‘n bose gees stuur om daardie persoon en sy huis te plae.
Die Bose Se Taktiek
Die bose wil graag mag oor mense verkry en hy doen dit op twee maniere:
- Vrees - jy vrees hierdie dinge en daarom verskyn dit juis aan jou.
- Misleiding - iemand glo bv. dis sy oupa wat aan hom verskyn het en op dié manier kry die bose al meer mag oor die persoon.
Oorwinning
As weergeborene het jy niks te vrees nie. 1 Joh.4:4 sê: “Hy wat in ons is, is groter as hy wat in die wêreld is.” Ons kan elke bose mag aanvat in Jesus Naam en hulle uitdryf en verdryf, want Mark 16:17 verklaar: “En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in My Naam sal hule duiwels uitdryf ...” Luk.10:19 – “Kyk, Ek het aan julle die mag gegee om op slange en skerpioene te trap en om die vyand met al sy geweld te oorwin, sonder dat iets julle enige leed aandoen.” Geen toordery kan teen my en jou as kind van God werk nie as jy jou stand in Christus ken en inneem (Num. 23:23).
GEBED
Hemelse Vader, ek kom na U in die Naam van U Seun Jesus Christus en ek verklaar, ooreenkomstig U Woord, dat al die kragte van die vyand is onder my voete. Ek verklaar myself geseënd in die Naam van die Here! My fokus is op Jesus, my Redder om vir Hom te leef en te werk! Amen!
Piet Smit
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook



