@ at Malmesbury Business Directory

at-malmesbury-business-directory-logo

search-google 

In alle dinge is ek onderrig

02-god-van-baie-kanse
IN ALLE DINGE IS EK ONDERRIG
Dis ‘n slegte ervaring as jy by jou huis instap en jy loop jou vas in laaie wat uitgetrek is en jou klere wat uit die kaste gegooi is en jy met ‘n skok besef, daar is by jou ingebreek ....

In ons geval is daar gelukkig nie veel gesteel nie. O.a. my vrou se juweliersware, my twee goudkleurige horlosies en goeie elektriese kitaar (Ibanez Stratocaster). Kon altyd erger gewees het.

Ja, ons is nog op die aarde waar diewe inbreek en steel (Mat. 6:17). Paulus het moontlik ook onder hulle hande deurgeloop as hy praat van “in gevare van rowers” (2 Kor. 11:26).

In Fil. 4:12 sê Paulus: “... in elke opsig en in alle dinge is ek onderrig.” Hy sê: “Ek weet om verneder te word, ek weet om oorvoed te hê ... om versadig te word sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly.”

Sommige mense ken nét die rooskleurige kant van die lewe: die “oorvloed” en die “versadig” kant. Maar hoe sal hulle ooit ander kan help en met hulle intens kan saam voel wat ‘n slegte ervaringe gehad het? Hulle sal nooit aan diesulkes kan sê: “Ek weet presies hoe jy voel.”

Daarom is dit, lyk dit my, nie doelloos om soms so ‘n smakie te kry van die “onlekker” kant van die lewe nie:

o   Hoe dit moet voel om jou werk te verloor.

o   Om op skool ‘n graad te druip.

o   Deur jou meisie of kêrel afgesê te word.

o   Om te ervaar as jou beste vriend sy rug op jou draai.

o   Selfs gevloek te word.

o   Onregverdig behandel te word.

o   Ander hulle neus op trek vir jou beste.

Nou die dag skryf iemand op Facebook min of meer die volgende: “Voordat jy nie self dinge beleef het nie, moenie oordeel of moet ook nie eens probeer troos nie. As jy nog nie self saam met ‘n alkoholis gewoon het nie, moenie saam praat nie. Moenie ander probeer raad gee wie se dogter swanger is voor die huwelik, as jy nog nie deur dieselfde ding is nie. Moenie maak asof jy weet hoe hy of sy moet voel as jy dit nog nie beleef het nie.”

Jou “slegte” ervaringe is nie nét sleg nie. Jou slegte ervaringe maak jou ryker om ander in nood te dien.

Piet Smit 
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons salvertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook

You are here: Church In alle dinge is ek onderrig
schoemans-chartered-accountants die-courant