@ at Malmesbury Business Directory

at-malmesbury-business-directory-logo

search-google 

Hulle mis die boodskap

02-god-van-baie-kanse
HULLE MIS DIE BOODSKAP
Ons gemeente is besig om ‘n musiek CD vry te stel as ‘n fondsinsameling projek om ons akoestiek en klank in die aanbiddingsentrum te verbeter.
Die finale meng van die klank is omtrent die grootste werk.

Ek en Frans Treurnicht, het in sy klank ateljee dié taak op ons skouers geneem. Elke “t” en “s” word bestudeer en elke noodjie word “beluister.” Alle stemme wat saam gesing word, word vergelyk en “gemeet,” want alles moet honderd present wees voordat ons dit tog die wêreld kan instuur.

Terwyl ons vir die soveelste aand met bogenoemde taak besig is, kom dit by my op: Ons luister glad nie na die boodskap van die lied wat eintlik die belangrikste is nie. Net die detail word ontleed. Ons hoor skaars dit wat reg is; ons soek net vir die foute. (Sien Mat. 23:23, 24.)

“Frans, ek hoop nie die mense wat na die CD gaan luister, luister met die oor waarmee ons nou hier sit en luister nie. Ek hoop hulle sal darem na die luister.”

Wel, wel, wel; so gaan dit dikwels ook in die kerk. Mense kom met dieselfde gesindheid kerk toe. Hulle is grootliks op die detail ingestel en sien ongelukkig nét die foutjies raak en in die proses mis hulle die boodskap, waaroor dit eintlik gaan.

  • Die leraar se das sit so effe skeef vanoggend.
  • Die vensterruite is seker lanklaas skoongemaak, kyk net al die stof!
  • Wie sou die blomme gerangskik het? Dit lyk maar yl.
  • Die kleredrag van die dame pas haar glad nie.

Ag nee, met so ‘n gesindheid kan geen mens mos nou seën ontvang nie. My en jou ingesteldheid moet wees op die inhoud van die boodskap as ons wil seën ontvang. Tragies dat die moderne mens so foutvinderig kan wees en in die detail verstrengel raak, dat hulle die kern van die saak mis.

Komende Sondag, gaan jy weer kerk toe om saam met mede gelowiges te aanbid. Vergeet van die detail en hoor wat wil Gód vir jou sê en wat wil Hý vir jou doen. Wees gefokus op Hóm en ervaar hoe Hý jou ryklik sal seën!

GEBED

Here, help my om op U te konsentreer wanneer ek gaan om saam te aanbid, sodat ek ware seën kan ontvang. Help my dat die detail en die bykomstighede nie my konsentrasie van U sal weg neem nie. Amen.

Piet Smit
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook

You are here: Church Hulle mis die boodskap
schoemans-chartered-accountants die-courant