Sonder dat ek al die feite en die detail het, het die volgende geval my opnuut geïnspireer:
In die V.S.A. is ‘n eksperiment gedoen met onderwysers en kinders. Uit ‘n streek met vele skole het hulle 5 onderwysers gekies wat hulle aangedui het as die beste uit al die ander onderwysers.
Nou sal elkeen van ons dink: Wel, dis mos net logies. In sulke ideale omstandighede met top onderwysers en beste leerders as puik presteerders móét hulle mos noodwendig die beste doen en verbaas dit nie ‘n mens dat hulle gemiddeld 20% beter gevaar het as die ander leerders in die normale skool opset. Maar toe het hulle die ware feite aan die lig gebring.
- Die 5 onderwysers was nie regtig die beste nie. Hulle is sommer net voor die voet gekies.
- Die leerders is nie gekies op grond van hulle skolastiese vermoëns nie. Dis bloot 100 name gekies uit die groot totaal van leerders.
OPMERKINGS
- Dis lekker om gewaardeer te word en gevolglik gee mens jou beste vir hulle wat jou waardeer.
- Niemand hou daarvan om op afgekyk te word nie en noodwendig presteer jy swakker. Dit strook met John Maxwel se siening dat mense instinkmatig ‘n 1 tot ‘n 10 op ander se voorkoppe plaas en dan presteer hulle ooreenkomstig.
- Daar is oorvloed van mense en omstandighede wat jou eerder sal afbreek. Sorg dus doelbewus daarvoor dat jy omring is met mense wat jou aanmoedig.
- Wees jyself ‘n goeie aanmoediger vir ander, want onthou wat jy saai, gaan jy maai (Gal. 6:7). Ander sal jóú komplimenteer en aanmoedig.
- God dink baie van jou. So baie dat Hy Sy Seun, Jesus Christus nie ontsien het, maar Hom gestuur het om in jou plek te sterf sodat jy deur geloof in Sy kruisdood gered kan word (Joh. 3:16). Hy het geloof in jou, dat jy dit ook sal maak vir die hemel, anders sou Hy nie Sy Seun vir jou laat sterf het nie.
Piet Smit
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook by http://www.facebook.com/group.php?gid=45835613272



