Ons kuier by Bertus Theron, ‘n melkboer, en sy vrou René op Lemoenkloof onder die Piekenierskloofpas. Vir my is dit helende terapie om tussen die beeste te wees, want dit vat my terug na my kinderjare op Coenradenberg met my pa se mooi rooi Afrikaners.
In my gedagtes gaan haal ek weer die kalwers oorkant die rivier, melk weer koeie met die hand, draai weer die room skeier ens.
Saans stap ek by die beeste verby wat klaar gemelk en gevoer is en wat reeds lê en herkou. Ek luister na die herkouende beeste en hulle asemhaling in innige tevredenheid – iets wat ek laas gehoor het toe ek op skool was. ‘n Fil. 4:7 vrede oordek die atmosfeer in die kamp en dit voel vir my ek kan sommer daar tussen hulle vernag.Ook ons volksdigter, Toon van den Heever (In die Hoëveld) het die mooi herinneringe opgeroep as hy skryf:
Dan sweef ek na die Hoëveld op die wind
En soek in die maanlig al die mooiste plekkies uit
Waar ek kleiosse gemaak het as ‘n kind.
Oom Paul Kruger stuur hierdie boodskap na die Suid-Afrikaanse volk, kort voor sy dood uit Clarense Switserland, 1904: “Neem uit die verlede wat mooi is en bou daarmee julle toekoms.”Wanneer Fil. 3:14 sê: “Ek vergeet die dinge wat agter is …”, het dit niks te make met die mooi en die aangename uit die verlede nie. Die dinge wat ons moet vergeet en waarop ons ‘n deur moet toetrek is die lelike en onaangename herinneringe en die sonde van die verlede. Die bedoeling van die Skrif is beslis nie dat ons die mooi uit die verlede moet vergeet nie.
- Petrus praat in sy tweede Sendbrief verskeie male van herinneringe. Ek haal slegs twee tekste aan:
o 2 Pet. 1:12 – “Daarom sal ek nie nalaat om julle altyd hieraan te herinner ...”
o 2 Pet. 1:13 – “En ek beskou dit as reg, so lank as ek in hierdie tentwoning is, om julle deur herinnering op te wek,”
- Die hele Bybel herinner ons aan die werke en waarhede van God.
o Worstelend met die dinge van die lewe, kom Asaf in Ps. 77 en besef die beste wat hy kan doen onder sy omstandighede is om homself te herinner aan die dinge wat God in die verlede gedoen het. Ps. 77:12 – “Ek dink aan die dade van die HERE; ja, ek wil dink aan u wonders uit die voortyd.”
- Elke getuienis is ‘n herinnering aan en van die heerlike dade van God.
Piet Smit
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook



