Min dinge is so belangrik op hierdie aarde soos goeie mense verhoudinge. Daar is al so baie daaroor gesê, geskryf en gepreek en tog faal ons dag vir dag daarin in ons huise, op die sportveld, by die werkplek en in die openbare raadsale.
Drie kern tekste uit die Bybel wat hierdie belangrike aspek onderstreep:
- Mark. 12:31 – “En die tweede, hieraan gelyk, is dit: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Daar is geen ander gebod groter as dié nie.” Het jy regtig raak gelees en verstaan wat jy nou net gelees het? Jesus sê dat nét so belangrik dit is om God lief te hê, net so belangrik is jou liefde vir ander mense – die mense om jou met wie jy te doen het elke dag!!!
- Rom 12:18 – “as dit moontlik is, sover as dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.“ Hier is ook die Good News Bible se weergawe: “Do everything possible on your part to live in peace with everybody.” Vragie: Doen jy regtig alles wat jy kan en gaan jy uit jou pad uit om goeie mense verhoudinge met alle ander mense om jou te handhaaf elke dag? Of lyk ons handelswyse maar net soos die van die ongeredde wêreld, wat nie omgee hoe hulle op ander trap, solank hulle maar net self bo kan uit kom?
- Heb. 12:14 – “Jaag die vrede na met almal,” Kyk ook sommer na van die ander vertalings en oorpeins dit en ontleed dit so ‘n bietjie op jou eie:
o (English Standard Version) “Strive for peace with everyone”
o (International Standard Version) “Pursue peace with everyone”
o (Bible In Basic English) “Let your desire be for peace with all men”
In die lig van genoemde tekste; dink na oor die mense om jou. Teenoor wie staan jy in wanverhouding? Nou wil ek jou op grond van die Woord vra en uitdaag om te gaan en van jou kant te poog om die wanverhouding te herstel en die lug te suiwer. Ek vra nie van jou om dit te doen, omdat hulle dit verdien of jy dink dis geregverdig nie. Maar bloot op grond van die Woord van God en om daaraan gehoorsaam te wees!
Die prys van ongehoorsaamheid en die gevolge is ‘n duisend keer groter as die prys van gehoorsaamheid aan die Woord van God!
Epos Inval Gedagte Bediening
Piet Smit
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook by http://www.facebook.com/group.php?gid=45835613272
GOEIE MENSE VERHOUDINGE (2)Mark. 12:31 – “En die tweede, hieraan gelyk, is dit: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Daar is geen ander gebod groter as dié nie.”
Rom 12:18 – “as dit moontlik is, sover as dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.“
Heb. 12:14 – “Jaag die vrede na met almal,”
DIT KON JOU EIE PA OF MA WEES
Terwyl ek nou die dag moes wag by ‘n staatsbeheerde instansie, knoop ek ‘n geselsie aan met iemand. En daar oop ek my vas in iets goeds:
“Ek werk met die publiek. Hier kom elke dag alle soorte mense. Mense uit alle vlakke van die samelewing. Ek moet teenoor almal dieselfde wees, ongeag hoe geletterd of ongeletterd; hoe wel geklee of onnet en onwelriekend; hoe jonk of hoe oud; hoe ryk of hoe arm; hoe aantreklik of onaantreklik. Ek stel my dan voor dat die persoon wat voor my staan, kon my eie pa of ma gewees het. Dan vra ek myself af: ‘Hoe sou ek teenoor my pa of ma opgetree het indien die persoon een van hulle was?’”
Hierop sê ek: “Amen en sela!” “Amen” beteken; laat dit so wees en “sela,” wag so bietjie en bedink dit ...
KOMPLIMENTEER
Almal hou van ‘n opreg bedoelde kompliment. Dus, doen aan ander soos wat jy graag aan jouself gedoen wil hê (Mat. 7:12). Maar heel dikwels voel ons om nét diegene te komplimenteer wat iets beter kan doen as onsself. Vragie: Verdien daardie persoon nie ‘n kompliment as hy of sy iets gedoen het wat hul beste was nie? Natuurlik! Gevolglik, al voel jy dat jy iets beter kan doen as ‘n ander, gaan nog steeds uit jou pad om daardie persoon te komplimenteer. Al voel jy, jy kan beter die instrument bespeel, sing, die Bybelstudie aanbied; volgens jou mening selfs beter preek – dan komplimenteer jy hom of haar nog steeds. (Selfs al sou die ander persoon jou nooit komplimenteer nie.) Daardeur doen ons wat die Woord sê. 1 Thess. 5:11 – “Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen.” En bou ons goeie mense verhoudinge.
MOEITE VIR ANDER
Tydens huisbesoek sê die persoon, sonder dat hy dit vooraf beplan het, maar omdat dit in sy hart was: “Ek wil graag moeite vir julle doen – julle hoef nie moeite vir my te doen nie.”
O, is dit nie iets heerlik en Goddelik as die Here so ‘n gesindheid in ‘n mens se hart kom werk nie?! Wanneer die Heilige Gees jou hart kom verander het en jou ‘n dienskneg en voete wasser van ander gemaak het, sonder dat jy iets terug vra of verwag – soos Jesus (Joh. 13:1-5)!
Epos Inval Gedagte Bediening|
Piet Smit Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook by http://www.facebook.com/group.php?gid=45835613272 |
|
|



