2 Sam. 11:27 – “Maar die ding wat Dawid gedoen het, was verkeerd in die oë van die HERE.”
Waarom het Dawid owerspel gepleeg met die vrou van ‘n ander man? Nadat hy as koning gevestig was en alles vir hom goed uitgewerk het, en sy omstandighede baie meer gemaklik geword het, het sy Godsvrees afgeneem.
- Ek het respek vir die God van die heelal
- Die Here is vir my ‘n werklikheid;
- Die Here is naby my;
- Ek is die heeltyd van God bewus;
- Ek leef waaksaam en is daarop bedag dat ek Hom dalk kan teleurstel (2 Sam. 22:24);
- Ek leef in diepe afhanklikheid voor God;
- Ek eer Hom deur Sy Woord te onderhou;
- Ek wil die Here altyd behaag en nie my eie begeertes botvier nie;
- Ek stel die Here en Sy beginsels bokant myself.
Godsvrees sal maak dat ‘n mens nie deel word van die hedendaagse praktyke nie. As getroude sal ek nie ‘n ander een in my hart of in die geheim toelaat nie – nooit nie:
- Al kom daar ‘n mooier een op my pad
- Al kom daar ‘n beter een oor my weg;
- Al kom daar een wat beter by my pas;
- Al kom daar een op my pad wat selfs in my belangstel.
Piet Smit
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook by http://www.facebook.com/group.php?gid=45835613272



