@ at Malmesbury Business Directory

at-malmesbury-business-directory-logo

search-google 

God se beloftes in tye van stryd

02-god-van-baie-kanse
GOD SE BELOFTES IN TYE VAN STRYD
Hier volg ‘n klompie teksverse direk uit die 1953 Afrikaanse vertaling van die Bybel. Lees en gebruik dit in tye van stryd en aanvegtinge:
Ps. 34:8 – “Die Engel van die HERE trek ‘n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit.”
Ps. 121:2 – “My hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.”
Ps. 121:3 – “Hy kan jou voet nie laat wankel nie; jou Bewaarder kan nie sluimer nie.”

Ps. 121:4 – “Kyk, die Bewaarder van Israel sluimer of slaap nie.”

Jes. 54:15 – “As hulle ook die aanval begin—dit is nie uit My nie; wie jou aanval, sal oor jou val.”

Jes. 54:17 – “Elke wapen wat teen jou gesmee word, sal niks uitrig nie; en elke tong wat teen jou opstaan in die gereg, sal jy weerlê. Dit is die erfdeel van die knegte van die HERE en hulle geregtigheid wat uit My is, spreek die HERE.”

Sag. 4:6 – “Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die HERE van die leërskare.”

Joh. 10:29 – “My Vader wat hulle aan My gegee het, is groter as almal; en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie.”

Joh. 17:11 – “Heilige Vader, bewaar in u Naam die wat U My gegee het,”

Rom. 8:31 – “Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees?”

Rom. 8:33 – “Wie sal beskuldiging inbring teen die uitverkorenes van God? God is dit wat regverdig maak.”

Rom. 8:38 – “Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge”

Rom. 8:39 – “of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.”

Fil. 1:6 – “omdat ek juis hierop vertrou, dat Hy wat ‘n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus;”

2 Thess. 3:3 – “Maar die Here is getrou; Hy sal julle versterk en bewaar van die Bose.”

1 Joh. 4:4 – “Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is.”

Judas 1:24 – “Aan Hom nou wat magtig is om julle van struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,”

Piet Smit
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook

You are here: Church God se beloftes in tye van stryd
schoemans-chartered-accountants die-courant