Na vele jare besoek ek weer die plek waar ek gewerk het net nadat ek destyds uit die weermag gekom het. Na soveel jare is dit soos die koortjie lui: Alles verander maar Jesus nooit. Bokomo, het in die tussentyd Sasko geword. Die meul waarin ek as vakleerling meulenaar begin het, is vervang met ‘n ander moderner en groter meul langsaan.
In die nag wat koning Bélsasar sy dronkmans partytjie gehou het, het die hand teen die muur die woorde geskryf, as dit vertaal word (Dan. 5:17): “U is op die weegskaal geweeg en te lig bevind.”
Vreeslike woorde wanneer ‘n mens in die oordeelsdag voor God moet staan en rekenskap moet gee van jou lewe. “U is op die weegskaal geweeg en te lig bevind.”
Baie mense het verskillende idees van wat dit is waaraan ‘n mens moet voldoen om in die hemel te kom. Vir sommige is dit om ‘n goeie mens te wees. Het jy gereeld kerk toe gegaan? Het jy gegee vir die Here te werk? Was jy betrokke in die gemeenskap met die verligting van ander se nood? Hoeveel Bybel kennis het jy versamel?
Nee, in die dag van afrekening sal dit nét gaan om één saak! Wat het jy gemaak het Jesus Christus, God se Seun wat kruis toe is om die mens te red? Niks anders nie! Het jy Hóm aangeneem as jou Redder en Here van jou lewe of het jy Hom geïgnoreer?Dan sal jou goeie werke en kerk bywoning en al jou kennis niks tel nie. Met hierdie dinge sal jy wees soos een wat geweeg en te lig bevind is. Maar mét Jesus as Redder wat jy aangeneem het (Joh. 1:12; Open. 3:20) sal jy wees soos die pakkie meel op die vervoerband op pad na die regte eindbestemming!
Piet Smit073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook
GEWEEG EN TE LIG BEVIND (2)
Na aanleiding van gister se boodskappie, Geweeg en Te Lig Bevind, skryf Roza Combrink:Jy weet, ek het ‘n radikale bekering in my lewe ervaar en ek is een van die "wie dink jy het die meeste lief?" - gevalle. (Ter verduideliking: Sy verwys na Luk 7:43 -47. Vers 47: “Daarom sê Ek vir jou: Haar sondes wat baie is, is vergewe, want sy het baie liefgehad; maar hy vir wie weinig vergewe is, het weinig lief.” M.a.w. haar sondes was baie maar is vergewe en derhalwe het sy vir Jesus baie lief.)
Ek kan nooit vergeet waar ek vandaan kom en hoe diep ek uitgehaal is nie. In Plettenbergbaai het ek nogal vername, skatryk bure oral om my. Maar weet jy, wanneer ek so na hulle ringe en voertuie en al wat ‘n duur ding is, kyk, dan sien ek daai "arm, naak, blind, beklaenswaardig en betreurenswaardig" voor my (Sien Open. 3:17) en my hele wese krimp inmekaar van benoudheid in my siel oor hulle beklaenswaardige toestand. Hoe min hulle eintlik het, is om van te ween, sê ek vir jou. En hulle is nie eens bewus daarvan nie. Dis verskriklik!!! En dan brag hulle nou nogal met die baie geld (in my oë min) wat hulle het.Jy getuig maar soos wat die Here Jesus vir jou ‘n gap gee (wat Hy gewoonlik doen, prys die Here) maar dis duidelik dat hulle "te veel het en van Hom vergeet het". En dis dan wat ek daai skaal sien in my gees en hoe hy nie na die regte kant toe sak nie, want daar is mos nou nie ‘n losprys vir die siel nie. Joe, ons kan net bid alhoewel ek partykeer voel ek wil onder my bed lê en bid!
........................Geen wonder dat Jesus gesê het (Mar 10:23): “Hoe beswaarlik sal hulle wat goed besit, in die koninkryk van God ingaan!”
Ryk mense het verseker ‘n voorsprong in hierdie wêreld. Hulle is gewoond dat hulle geld wat stom is, maak reg wat krom is. Hulle koop hulle pad oop in hierdie lewe. Hulle meen ook heel dikwels dat hulle baie geld vir hulle al die geluk op aarde kan verskaf en hulle het niks van enige iemand nodig nie. (Ek wil nie veralgemeen nie – verseker is daar ook die uitsonderings.)
Maar o, daar kom ‘n dag! En hul moet dit ook verwag en dit gaan hulle tref met ‘n magtige slag! Dat hulle geweeg gaan word en dan sal al hul silwer en goud niks, maar niks weeg in God se ewige skaalpanne nie!Al wat sal tel, vir alle mense: Het jy vir Jesus Christus die gekruisigde in jou lewe ontvang? As jy net ‘n bietjie daaroor twyfel, waarom nie nóú daar waar jy is, jou hart vir Hom oop maak nie? Bekeer jou deur te breek met ‘n sondige lewe. Bely en laat staan en volg Jesus na!
Piet Smit073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook



