Susann Chalmers
Ek ry graag met ons bakkie as ek Riebeek to gaan van Somerset Wes af. Daar is nie vervoer vir die armes vanaf Somerset Wes tot in Riebeek nie. Ek vul een oggend die bakkie met petrol.
So laai ek maar die rylopers op soos ‘n bus, en toe ek in Riebeek kom sien ek die bakkie is nog vol. Ek dink toe ek moet laat kyk, want die meter is seker stukkend. Die Heilige Gees sê duidelik vir my: Nee dit is nie stukkend nie: "IT WAS RUNNING ON MY POWER. BECAUSE YOU CARE FOR MY PEOPLE." Ek sê altyd vir mense: “Do not mocke the poor you mocke the God who made them.”
Japie Muller
Ons was onlangs op 'n toer na Israel en Egipte. Vir dié doel wou ek vir my 'n paar seilskoene [teckies] koop. Ek stap in 'n mol by 'n winkel in en toe ek binne is en die pryse sien, besef ek dat 'n mens hier sal "moet uithaal." Die pryse was almal hoër as waaraan ek gewoond was om vir seilskoene te betaal.
"n Man kom na my toe en vra of hy my kan help. Ek sê vir hom ek soek 'n paar goeie skoene wat sterk is en nie so maklik stof sal wys nie, want sê ek vir hom: "Ek wil met die skoene om die piramides in Egipte gaan stap."
Vra hy my: "In watter prysklas stel u belang."
Sê ek grappenderwys: "Wel, ek sou nie een duisend rand wou betaal as ek dit vir tien rand kan kry nie."
Hy gaan toe in hul stoorkamer in en kom met 'n paar pragtige skoene daaruit. Hy gee een aan my en sê: "Pas solank hierdie een aan dan vind ek gou uit wat die prys is." Die skoen pas my toe perfek.
Gou is hy terug en ek sê: "Ek wil hierdie skoene hê, maar wat kos dit?", waarop hy antwoord: "Tien rand meneer, en dis joune!", waarop ek sê: "Dan wil ek drie paar hê."
"Jammer meneer" antwoord hy, "maar dis net hierdie een paar wat jy teen die prys kan kry."
Op die wonderlike toer het ek elke dag my R10-teckies gedra en dikwels die Liewe Here gedank dat Hy ook in die detail van ons lewens belangstel.
Epos Inval Gedagte Bediening
Piet Smit
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook by http://www.facebook.com/group.php?gid=45835613272
GETUIENISSE VERSAMEL (2)
Morgan LeanderOns kan vir ure aaneen praat oor hoe die Here voorsien het in ons behoeftes (in moeilike tye en in goeie tye)
So gebruik die Here weer iemand Woensdagaand (03 Feb) na Seldiens om my te seën met ‘n R100. Ek stuur elke week vir al my sel maats boodskappies om
te sê waar die sel die volgende week gaan wees. Sy sê toe "koop vir jou lugtyd.” "Ek vra toe hoekom? Haar antwoord. Omdat jy elke week vir ons sms'e stuur.
Ek eer die Here want wat sy nie geweet het nie is dat ek geen lugtyd
meer gehad het vir die volgende week se sms'e nie.
Japie Muller (tydens die toer na Israel)
Op die toer het ons by St. Catherina in die Sinai-gebergte aangedoen. Daar het ons in die nag die berg Horeb bestyg. Na 'n rit van byna een en 'n half uur op kamele teen 'n styl bergpaadjie uit, moes ons later die kamele agterlaat en nog sowat 700 trappe tot bo op die berg klim. Ons was teen 4:15vm op die kruin van die berg. Bo-op die berg kon ons koffie koop by 'n Egiptenaar wat sommer daar op die grond op sy primus-stofie, in die lig van sy flitsie, water gekook het.
Een van die dames op die toer het by hom koffie bestel en in die proses van die water te kook en dit vir haar aan te gee [daar was 'n samedromming van mense], het die kookwater gestort en sy hand lelik verbrand. [Hy is 'n Moslem.]
Toe die dame dit sien, het sy aangebied om vir hom te bid, en met sy toestemming dit ook gedoen. Toe sy klaar gebid het, was sy hand volkome genees.
Toe hy sien dat sy hand gesond is, vra hy aan haar: "Are you a Christian?" waarop sy antwoord: "Yes, I am."
Sy kommentaar was: "You know, I've seen many Christians, but this is the first time I saw Christianity in action!"
Dit was 'n wonderlike oomblik. Ons moet nooit twyfel aan wat God kan doen nie.
Epos Inval Gedagte BedieningPiet Smit
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook by http://www.facebook.com/group.php?gid=45835613272
GETUIENISSE (3)
Susann Chalmers
Dankie vir die boodskappies ons drink dit in. Ek is so honger vir Jesus. Ek wil ook nie strompelend agter Jesus oor die wenstreep gaan nie.
Ek bid altyd dat die Heilige Gees my sal herinner as ek verkeerd dink, doen en praat. Dit help my om sonde af te leer.Ons doen soms goed voor ons dink. Ons moet eers bid en dan doen. Ons spandeer te min tyd met Jesus.
Ek het gesien indien ons selfs in werkstyd ons gedagtes tot Jesus rig, dan kry ek die werk nog meer perfek en gouer klaar. Dan help Jesus my om dit te doen. As ons “Worship” musiek speel terwyl ons werk, is daar ‘n "Blessing" op die werk en die Maatskappy. Ons moet werk of ons in Jesus se diens is, al is ons Baas nie gered nie, sal hy gou wil hê wat ons het. Die "Blessing" kom dan ook na die werkers toe, "God FAVOR those who worship HIM"Ons vra nie daarom ontvang ons nie.
Ag! amper preek ek nou vir die pastoor. Jammer! maar u het seker nog nie met 35 mense in ‘n fabriek gewerk nie.Roza Combrink (getuig van haar redding)
Ek onthou dat alhoewel ek met my motor kerk toe gegaan het, wou ek na my dramatiese bekering huis toe hardloop - soos Elia!! Regtig!
Ek het egter toe daarna eers begin hardloop. Na al die bure en ander mense wat ek in my sonde toestand seergemaak en teleurgestel het. Kyk, ek het om vergifnis gevra so ver as wat ek gaan!! En toe ek met almal wat ek aan kon dink reggemaak het, vra ek toe vir die Here dat as daar nog iemand is, Hy daardie een na my toe moet stuur. En daar kom R... uit Italië - uit die bloute - en die Here sê vir my: "Jy het gesê, Ek moet hulle stuur!!”Nou sit die skoonsuster ook saam met ons. En hoe meer ek verskoning soek, hoe meer herinner Hy my daaraan dat ek gesê het Hy moet hulle stuur. Jissie jong, ek doen toe belydenis van my oortreding teenoor R... en daai vrede, kan nie in enige taal beskryf word nie! Frans is mos vir my so ‘n mooi taal maar hy skiet ver te kort!!! So ja, jy is reg, daar is daai verandering na wedergeboorte. Dit word gesien, gehoor, gevoel, ervaar! Dit word met siel, gees, liggaam en verstand waargeneem! Jy kan dit nie wegsteek nie al probeer jy hoe!!!!!!
Epos Inval Gedagte BedieningPiet Smit
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook by http://www.facebook.com/group.php?gid=45835613272
GETUIENISSE VERSAMEL (4)
Anika (Elke getuienis word met toestemming geplaas)Ek kan nie help om skielik daaraan te dink dat ons een Sondagoggend in Vredendal opgestaan het, en ‘n belofte gemaak het dat ons altyd aan die Here die eer sou gee. Ek moet erken dat soms het ek self dit nie gedoen nie, maar deesdae weet ek dat dis net by my Koning se voete waar ek krag kry.
Ek het by Spar begin werk en dit was so deurmekaar en soms was ek so moedeloos tot op ‘n dag. Ek het my Hemelse Pappa gevra om my te help om alles uit te sorteer en duisende rande is so herwin. En ek sê elke keer, dat dit was nie deur my nie, maar alle eer kom slegs die Here toe.My seuntjie was so erg dat hy goed stukkend gegooi het en alles rondom hom verwoes het, pak het nie gehelp nie, soebat nog minder. Dit was later vir my en Jannie ‘n straf om hom te gaan haal en ek het menigmaal in trane uitgebars van vrees. Ons het so gebid en gedink wat moet ons doen. Een Dinsdagaand kon ek dit nie meer hou nie en het alles in my losgebreek. Die huis was in totale wanorde en die yskas se goed het buite gelê. Ek kon nie meer nie …. En toe stuur my Hemelse Pappa op die tyd wat alles hopeloos gelyk het, iemand wat ons kon verwys na ‘n speelskool waar daar personeel was wat opgelei is om ook met ADHD kinders te werk.
Pastoor aan my Koning al die eer! My seuntjie is nou al van die Donderdag wat die skoolkwartaal begin het daar en al kos dit ‘n hele paar rand in ‘n maand, het hy van nag na dag omgedraai. Ons verkyk ons aan hom elke dag en kan nie glo dis die selfde seuntjie nie. Almal sien dit raak en gister was hy selfs Sondagskooljie toe. Ek het vir die eerste keer in ‘n lang tyd die volle tyd “geworship” en kon myself oorgee in plaas van die hele tyd agter my seuntjie rondhardloop. En dit was so ‘n “blessing.” Nou is dit ‘n plesier om huis toe te gaan en my seuntjie te gaan op laai en saam tyd te spandeer.Uit my opregte dankbare hart – Aan my Koning al die eer!!
Piet Smit073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook
GETUIENISSE VERSAMEL (5)
Roza CombrinkMet betrekking tot Gen. 1:28 wil ek gou iets met jou deel. Ek’s lief om daai Skrif vir mense te gee wat sukkel om swanger te raak. Ek staan eendag in vir my dogter Emma in die winkeltjie toe daar ‘n dame inkom, hoog swanger! Sy vra of ek haar kan onthou waarop ek toe beskaamd moet antwoord: "Nie rêrig nie." Anyway, sy vertel toe dat sy eendag in die winkel gekom het en met my gepraat het oor drie miskrame wat sy gehad het. Waarop ek toe natuurlik net sou sê dat sy hierdie Skrif moet "spreek" oor haar baarmoeder en die God wat hierdie opdrag gegee het, moet vertrou. Man, sy slaan so liggies weerskante van die ou boepie en sê met een hengse smile, "tannie, hier sit die Skrif." Sy sou Desember kraam. Die Woord van God maak dooie goed lewendig!!!!! Dis sulke tye wat ek voel ek wil gou buitentoe hol, kliphard halleluja skree en weer aangaan met my dag takies.
Anika WesselsVerlede maand was dit maar ‘n taai maand, geldjies was skraps en die skoolgeldjies moes betaal word ens. In die middel van die maand was die sjampoo, lyfroom, lekkerruikgoed ens op. Uit die bloute kry ons ‘n pakkie – ‘n dankie vir kontrakte getik – met sjampoo, lyfroom, lekkerruikgoed en sowaar nog “Kaapse lekkers” ook. Ek kon nie dink wanneer laas ek dit geëet het nie. Aan my Koning al die eer!
Die derde dag voor “pay day” ry ek die oggend werk toe met net genoeg petrol om die werk te haal, Jannie het nie petrolgeld nie so hy kan nie gaan bemark nie en daar is geen brood in die huis nie. Ek dink op daardie stadium was daar net een pak pasta en bietjie rys en so. Ons het die oggend niks geëet nie, want daar was net genoeg brood vir my seuntjie vir skool. En wat ek vir aandete sou gee was ‘n raaisel. Daar is ook nie geld om brood of enigiets te koop nie. Ek gesels toe maar so in die ry – soos elke oggend – en vertel my Hemelse Pappa hoe sake staan (maar hy weet mos in elk geval) en dat ek nou bietjie moedeloos begin voel. Maar dat die saak nou maar in Sy bekwame hande is want ek kan in elk geval nou niks daaraan doen nie. Toe ek by die werk kom sê my baas dat ek iemand moet PE toe vat en hulle sal my petrolgeld gee – dit was vir ‘n seminaar deur Labour Law oor die nuwe Werkswette. Pastoor, ek wou begin huil – hulle gee my R200 vir die trippie. Ek gooi toe R100 petrol in en gee die res vir my man (hy is mos die hoof van die huis) vir petrol en brood. En daar voorsien die Vader in al ons behoeftes, in een oogwink. Is ons Hemelse Pappa nie wonderlik nie!! Aan Hom al die eer! Ons het vir die volgende drie dae broodjie geëet met ‘n plesier en het ons Hemelse Pappa so gedank vir ons eie manna – net soos in die Israeliete se dae.
Piet Smit
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook by http://www.facebook.com/group.php?gid=45835613272
GETUIENISSE VERSAMEL (6)
Susann ChalmersEk was gister in die Kaap by ‘n vergadering. Oppad terug Malmesbury toe, ervaar ek die Here praat met my: “Gaan Somerset Wes toe.” Ek sê: “Maar daar is niks wat ek vandag moet doen nie.” Maar ek is gehoorsaam en draai af op die N2 na Somerset Wes. Toe ek by die R300 Brug kom lui my foon.
Postnet Kantoor in die Circle Somerset Wes: “Mev. waar is julle? Ons het ‘n kli- ënt hier wat verbrand het. Ons het dringend julle produkte nodig.” Binne 15 minute is ek daar. Ek hou altyd produkte in my motor vir die armes.
Terwyl ek besig is, lui die foon: “Mev. waar kan ek van julle produkte kry? Ek doseer by Stellenbosch Universiteit en het my been verbrand.” Dis op my pad huis toe. Dit is "True Worship" om, om te gee vir mekaar.Ek wil mense aanraai, om Jesus jou Kompas te maak, jou GPS in jou lewe. Hy wil dit so graag vir ons doen.
Suster van Pieter Oosthuizen in AmerikaEk kan maar net by las hoe die HERE vir ons die hele verskriklike winter hier voorsien het om tussen AL die ys en sneeu veilig te kon ry met goeie dae tussen die storms wanneer Ben en ek 2 ure se ry na Rapid City moes gaan vir my arm en sy rug se dokter afsprake. Een oggend moes Bernard 'n “trip” van een-en-‘n-half uur se ry doen vanaf Jonathan hulle af terug kollege toe. Dit het die hele nag vreeslik gesneeu en ons het ernstig gebid vir sy veiligheid met sy motor op die pad. Net toe hy op die 'high way” begin ry, was daar 'n vragmotor die hele pad voor hom wat die sneeu weg geskraap het en sand op die ys op die pad oppervlak gesit het. Die HERE het die “vragmotor” vir Bernard bestel! Ek het sommer begin huil van dankbaarheid toe Bernard my bel en sê: “Moeks, I was totally safe, a road 'plough' in front of me all the way!!!!!”
Dankie HERE vir U kosbare voorsiening!!!!
Piet Smit
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook
GETUIENISSE VERSAMEL (7)
Rina SnymanDie nag van die 28 ste Junie 2006 het ek 'n verskriklike ervaring gehad. Ek glo nie dit was 'n droom nie. Ek kon daarna nie weer slaap nie. Dit het so op my gewerk dat ek nie kon slaap nie; ek wou die hele wêreld waarsku. Met die koue het ek longontsteking gekry. Dr. Danie van Ifafi het ‘n ambulans bestel sodat ek dadelik na die hospitaal gejaag is.
Ek kon nie wag om terug te keer na Madibeng Plaaslike Raad om my getuienis te lewer, "The hel is real!”
Dit sien ek eerder as 'n visioen. Ek was vir my asof ek in die verlore kant van die doderyk was. Afskuwelike monsters het met so 'n grynslag die verlore siele in die doderyk ingetrek! Daar was 'n gekerm en mense het my gesmeek om hulle te help. My ouers is opslag gedood in 'n motorongeluk, 15 Oktober 1981, sodat ek gedink het dat die verskriklike smeking my ouers ook kon wees. My woorde was: “Mamma, Pappa ek kan niks vir julle doen nie, julle is klaar dood.”Iemand het so teer aan my regter- en linkerskouer gevat! My eerste gedagte was dat dit my man was. Vinnig het ek nog gedink: “Sjoe, Hannes vat so teer aan my om my totsiens te sê.” Ek het hom teruggeroep om vir hom te sê dat ek wakker was. Nodeloos om te sê, my man was nog in sy slaapklere. Watse skok was dit, want ek het gedink daardie monsters het gewag vir my man se siel. “Bid,” het ek gesê en ek het GOD gesmeek om my man 'n paar minute te spaar sodat hy kon regmaak.
Skielik het ek gevoel soos 'n vonkelwyn prop wat uitskiet en ek was terug in die kamer.My dogter het nadat ek my ervaring vertel het, die boek 5 Minute Na Die Dood van dr. Isak Burger gekoop. Inteendeel, ek het albei boeke gekoop, Engels sowel as Afrikaans en ek het dit vir soveel mense moontlik geleen. Ek gun die hel nie vir die wreedste persoon nie.
By my kantoor in Brits het ek selfs vir Indiërs met water en krag probleme gevra of hul vir JESUS ken, en hul gemaan om JESUS as die Weg, die Waarheid en die Lewe te erken.Piet Smit
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook



