@ at Malmesbury Business Directory

at-malmesbury-business-directory-logo

search-google 

Getuienis - Koringskeier

02-god-van-baie-kanse
GETUIENIS – KORINGSKEIER
(Casper von Rauenstein – werskwinkel bestuurder van SASKO op Malmesbury)
Ons het ‘n koringskeier in die Silo wat al vir die afgelope 5 jaar nie werk nie.

Die ontwerpers van die toerusting het van oorsee gevlieg na die installasie 5 jaar gelede en alles probeer om die toerusting te laat werk. Dit is ontwerp om 60 ton koring skoon te maak in ‘n uur.

Ek het vir broer Morgen gevra tydens ons krag sel byeenkoms om vir my te bid en die Here te vra vir wysheid sodat ek die probleem kan oplos. By die werk was al die mense skepties toe ek hulle vertel dat ons vandag die skeier gaan regmaak. Ek het een van my jong ambagsmanne geneem en op pad vir hom vertel dat ek die toerusting ‘n gebed saak gemaak het en dat ons die toerusting vandag gaan regmaak met die kennis wat die Here vir ons gegee het.

Ons het by die toerusting gekom en onmiddellik foute opgetel soos die monterings rigting van die motors wat verkeerd was en die rotasie wat verkeerd was. Ons het dit gou verander en die skeier in produksie geskakel. Verbasend het ek gekyk na die koring wat net een derde van die masjien sif gebruik om die koring te verwerk.

Soos mens is, gaan roep ek die bestuurder van die Silo en vra hom of hy half spoed werk want die skeier se sif word nie vol nie. Hy het kom kyk en kon nie glo wat hy sien nie. Hy het my vertel van al die ervare hooggeleerde mense wat al probeer het om die masjien reg te maak sonder sukses. Ek het hom vertel van ons krag sel en my gebed en dat dit die Here se werk is en Hy ons die kennis gegee om die verskil te maak. Hy het verbaas na my geluister en my meegedeel dat dit ware geloof is en hy is net baie bly dat die masjien nou werk.

Alle lof aan die Here wat weereens aan ons bewys dat wanneer jy hom nodig het moet jy net bid en vra en vir jou sal gegee word.

GEBED

Here, ek wil in diepe afhanklikheid voor U leef in hierdie dag. My wysheid kom van U. Lei my, leer my. Amen.

Piet Smit 
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook

You are here: Church Getuienis - Koringskeier
schoemans-chartered-accountants die-courant