Job 1:9 – “En die Satan antwoord die HERE en sê: Is dit verniet dat Job God vrees?”
Die Satan ken die aard van die mens. Hy weet selfs waarom baie mense hulle tot die Here wend. Hy weet dat vele dien die Here nie terwille van die Here in die eerste plek nie, maar hul het vele bymotiewe. Vele kom na die Here omdat hulle “dink dat die godsaligheid winsgewend is.” (1Tim. 6:5) Ek is verseker dat daar beslis byvoordele is om die Here te dien. Die Here staan ‘n mens in alles by en dra ons dag vir dag deur ons lewensweg (Ps. 68:20). Maar dit moet nie ons hoofmotief wees wanneer ons na Jesus kom nie. Dit gaan alles om die Here en die Here alleen. Sou dit makliker gaan, dan is dit wonderlik, maar sou dit nie beter gaan nie, dan sê ek: “So what?” In baie gevalle het vervolging op mense toegesak toe hulle die Here Jesus aangeneem het as hulle Saligmaker (2 Tim. 3:12). Baie mense het na hul bekering al gemurmureer: “Ek kan dit nie verstaan nie, nou dat ek die Here aangeneem het:
- Gaan dit met my slegter.
- Het ek siek geword.”
Die uiterlike hier is van korte duur gemeet teen die ewigheid. Moenie met bymotiewe die Here agterna loop nie. Daarom dat Paulus sê (1 Kor. 15:19): “As ons net vir hierdie lewe op Christus hoop, dan is ons die ellendigste van alle mense.”
Die ander dag sê ‘n vriend vir my: “Al gaan ek ook hel toe, dan dien ek nóg altyd die Here. Ek dien nie die Here om die hel te mis of die hemel te haal nie. Ek dien die Here omdat Hy die Here is!” Jesus Christus is groter as die hel of die hemel of enigiets anders! As daar iets groter as Hy was, dan moes ons dít gedien het. Maar omdat Hy die grootste is, dien ons Hom!Piet Smit
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook by http://www.facebook.com/group.php?gid=45835613272



