Die oggend van 26 September 2011 om 5:43 het ek die volgende sms op my foon ontvang:
“Dis vandag ‘n jaar terug dat Francois (nie regte naam) my gevra het om te skei.
Ek het destyds hierdie paartjie in die eg verbind en toe Sharon (nie regte naam) my die dag bel en vertel dat haar man wil skei, was ek ook net so geskok. Toe het die pad van gebed en telefoon-, sms- en epos-berading begin.
Sharon het self getuig dat hulle het beide van die Here weggedryf nadat hulle verhuis het na ‘n vreemde dorp. Maar die nuus dat haar man wou skei, het haar weer teruggedryf na die Here. Maar nou moes haar man ook weer gewen word en haar huwelik moes herstel word.
Dit was voorwaar geen maklike pad nie. Ek persoonlik het baie vir hulle huwelik gebid. By elke gebed geleentheid het ons as gemeente vir hulle gebid, sonder dat die gemeente hulle regtig geken het. Tydens ons halfnagte van gebed in die kerk of buite op ‘n plaas het ons hulle name genoem of selfs op ‘n bord geskryf en dan het ons saam gestem in gebed en na die Here geroep met passie so wat ons kan.
Sommige kere het Sharon my gebel en was sy baie moedeloos, omdat dit gelyk het daar is geen salf aan haar man te smeer nie. Hy wou weer leef soos ‘n jongman en met ander vroue uitgaan, maar het nog steeds by haar gebly. Saans het hy uitgegaan om dan in die vroeë oggend ure onder die invloed by die huis te kom. By geleentheid het hy sy motor gerol en groot geskrik.
Benewens die gebede wat vir hom opgegaan het, het Sharon uit haar pad gegaan om vriendelik en hoflik teenoor hom te wees.
Jy weet as jy met ‘n persoon argumenteer is die kanse goed dat jy tweede kom. Maar as jy vir hom bid het hy mos net twee kanse: Min kans en geen kans! En so was dit ook in hierdie geval. Prys die grote Naam van ons Here Jesus!!!
As jy moontlik sit met ‘n soortgelyke probleem; put moed en inspirasie uit hierdie geval en gryp die Here aan in gebed en roep na God vir jou eie huwelik! Wat hy doen vir ander, doen Hy ook vir jou!
PietSmit
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook



