@ at Malmesbury Business Directory

at-malmesbury-business-directory-logo

search-google 

Gaan ek verlore?

VRAAG:

Ek is weergebore en gered, maar ek sukkel met my humeur. Sou ek nou een oggend my humeur verloor en op my vrou gil en skreeu en selfs ‘n vloekwoord los; wat is nou my posisie as ek op pad werk toe in ‘n ongeluk opslag sterf voordat ek kon reg maak of my sonde bely? Gaan ek verlore of is ek nog gered?

ANTWOORD:

Daar is ‘n groot verskil tussen die sondaar wat sonde doen en wanneer ‘n kind van God sonde doen. Die sondaar is ongered en geen goeie daad of slegte daad kan sy posisie verander nie. As hy sterf sonder Jesus as Redder, gaan hy verlore. Joh. 3:18 “… hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.”

Vir die kind van God gaan dit alles oor die wedergeboorte – die inwonende Christus deur Sy Heilige Gees, wat hom as kind van God gewederbaar het. Solank ‘n mens jou wedergeboorte behou, sal een of selfs meer sondes jou nie diskwalifiseer vir die hemel nie.

Wat sonde wel doen in die kind van God se lewe; dit bring afstand in jou verhouding met die Here, dit ontneem jou van jou vrymoedigheid teenoor die Here (Jes. 59:2).

Kom ek illustreer dit met ‘n voorval met my kinders: “Luister kinders, moenie met die bal hier aan die kant van die huis speel nie, want die ruite kan breek.”

Maar toe ek weer hoor, toe is dit net ruitsplinters wat weerklink. Nou kruip die kinders weg en voel bitter sleg, want hulle weet hulle was ongehoorsaam. Ek vra: “Is hulle nog my kinders?” Natuurlik is hulle! Al wat gebeur het, die verhouding is versuur. So al wat nou moet gebeur, is dat hulle moet kom en sê: “Jammer Pa, ons was ongehoorsaam.” Of ek gee hulle ‘n skrobbering of ‘n paar houe en alles is weer reg wat die verhouding betref.

Die duiwel sal daarin spesialiseer om jou wys te maak dat jou een sondetjie jou nou afgesny het van jou kindskap en sal jou aanmoedig om sommer boedel oor te gee: “Nee wat jy is te sleg om die Here se kind te wees. Jy sal dit nooit maak nie. Hou nou sommer aan om sonde te doen.”

Daarom moet sonde onmiddellik teenoor die Here bely word. Glo dan dat God dit ook vergewe (1 Joh. 1:7, 9) en gaan net aan om as kind van God met oorgawe vir Hom te lewe asof daar nooit iets tussen jou en die Here was nie (Rom. 8:1).

Epos Inval Gedagte Bediening
Piet Smit
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Ook in Engels beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook by http://www.facebook.com/group.php?gid=45835613272

You are here: Church Gaan ek verlore?
schoemans-chartered-accountants die-courant