Ps. 84:7 – “As hulle deur die Droë Laagte trek, maak hulle dit ‘n fonteinland; ook oordek die vroeë reën dit met seëninge.”
Hierop antwoord hulle: “Ons god (satan) het krag. Het jou God ook krag?”
Hierop neem een van sy draers hul toe na die lyk van ‘n ontslape vrou buite die dorp waar dooies op ‘n hoop gegooi word om deur die aasvoëls en die roofdiere opgevreet te word.Garlock gewaar die kragtige teenwoordigheid van die Heilige Gees wat tot sy innerlike spreek: “Bid vir haar en Ek sal haar oprig.”
Hy lê toe sy hande op die ontslape vrou en bestraf die gees van die dood en die volgende oomblik kom die krag van God oor hulle. Letterlik reis die liggaam bokant die grond en hy sien hoe sy begin asemhaal en die volgende oomblik sit sy regop!Hordes siele het tot bekering gekom as gevolg van hierdie episode. Letterlik het die Here die lewe op ‘n ashoop oopgebreek!!!
Ps. 84:7 – “As hulle deur die Droë Laagte trek, maak hulle dit ‘n fonteinland;”
GEBED
Here U is gister, vandag en tot in alle ewigheid dieselfde! Wat U gedoen het, kan U weer doen. U is nie ‘n aannemer van die persoon nie en U kan deur enige gelowige U krag demonstreer. Hier is ek, Here. Ek is tot U beskikking. Gebruik my! Amen!”
Piet Smit073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook
FONTEINLAND-MAKERS (2)
Ps. 84:7 – “As hulle deur die Droë Laagte trek, maak hulle dit ‘n fonteinland; ook oordek die vroeë reën dit met seëninge.”
In die King James word bo genoemde vers soos volg weergegee: “Who passing through the valley of Baca make it a well;” (Barnes kommentaar sê dat hierdie is een van die moeilikste verse in die hele Psalmboek om te verklaar en gevolglik ook die baie interpretasies van die vers.)Hierdie Psalm handel oor die ou Joodse pelgrimsreisigers op pad na Jerusalem om daar te gaan aanbid. ‘n Pelgrim is ‘n aanbidder op pad om in ‘n heilige land te gaan aanbid.
“Baca” soos deur die King James vertaal beteken letterlik ween of huil. Die Living Bible vertaal dit dan ook soos volg: “When they walk through the Valley of Weeping.”As ons kyk na die wêreld dan sien ons daar is oorvloed van geween en dis gevul met droefheid, hartseer en gebroke hart en onbeskryflike smart. Trek deur hierdie wêreld en jy kom onder die indruk van die hoeveelheid rampe, ellende en hongersnood van ons dag in die wêreld.
Dus, wat sê hierdie Psalm vir ons vandag? Ons is nie die ou volk van Israel wat optrek om op een van die Joodse feeste te gaan aanbid in Jerusalem nie. Maar ons is ook pelgrims wat deur hierdie wêreld trek en dus deur die Vallei van Trane trek (dank God ons trek net deur ons bly nie hier permanent) om in die Hemelse Jerusalem te gaan aanbid.So, as iemand hier lees en hy of sy ly en trek swaar vandag, wees bemoedig: “Jy trek net deur hierdie trane vallei, dit is nie jou ewige bestemming nie.” Eersdaags is ons anderkant in die hemelland!
DIE EFFEK VAN ONS TEENWOORDIGHEID TERWYL ONS DEURTREKDie Bybel sê iets gebeur terwyl hulle deurtrek:
- Hulle laat dit nie agter soos hulle dit gevind het nie.
- Hulle verander dit.
- Hulle verander dit ten goede.
Water is een van die waardevolste dinge vir alles. Ons sê: “Water is lewe!” Mense, diere, die landbou, die mynbou en industrieë moet dit gebruik om voort te bestaan.
GEBEDHere Jesus, U wil hê dat ek ‘n effek sal hê op die omgewing waar ek vandag sal beweeg. Help my om met U krag die tranedal te verander in ‘n fonteinland! Amen!
Piet Smit073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook
FONTEINLAND-MAKERS (3)
Ps. 84:7 – “As hulle deur die Droë Laagte trek, maak hulle dit ‘n fonteinland; ook oordek die vroeë reën dit met seëninge.”
Die Here verwag van my en van jou om hierdie wêreld met sy droë laagtes en sy trane valleie te verander tot ‘n fonteinland. Dit word gesê van die vroeë perlgrimsreisigers. Een kommentaar (Wesley) vermeld dat die pelgrims op pad na Jerusalem, gate gegrawe het en dan het God reën gestuur en die gate gevul met water vir hulle dors.Ons het ‘n mooi prent in die huis met die volgende inspirerende woorde daarop: “I shall pass through this world but once. If there be any kindness I can show or any good thing I can do, let me do it now; for I shall not pass this way again.”
Wat sê dit?- Saai liefde waar jy gaan.
- Saai vriendelikheid waar jy gaan.
- Saai hoflikheid net waar jy gaan.
- Bewys deernis net waar jy kan.
- Betoon omgee op elke liewe plekkie.
- Maak ander bly met jou blydskap.
- Laat jou inspirasie ander inspireer.
- Toon belangstelling, aanmoediging en egtheid in jou omgaan met ander.
Ek oordeel nie en ek neem niemand kwalik nie, want die kanse is goed dat hulle sit met hulle sonde en laste en hulle het dit nog nie afgelaai by Jesus nie. Hulle sit midde hulle vallei van trane!
Sê my, is jy ‘n fonteinland-maker? Weet jy hoe smag die mense om jou na die waters van vriendelikheid en ‘n bietjie aanmoediging en waardering en egte omgee! As ek en jy nou óók loop met gesigte waarop die doodslag en die onheil van die koerante te lees is, hoe gaan ons die trane vallei ‘n fonteinland maak? En hoe sal hulle Jesus wil volg?
MY GEBED VIR JOU
Here, vandag vra ek vir ‘n baie groot wonderwerk vir die tyd waarin ons leef, in elke leser se lewe. Laat daar tog ‘n glimlag op elkeen se gesig verskyn, by die besef wat hy of sy het in Christus Jesus! Dis hersenskimmig groots! Amen!
Piet Smit073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook
FONTEINLAND-MAKERS (4)
Ps. 84:7 – “As hulle deur die Droë Laagte trek, maak hulle dit ‘n fonteinland;”
‘n Man sit in die wagkamer by die stasie toe ‘n ander persoon vra: “Verskoon my, is u ‘n dominee?”
“Haai nee, ek het tandpyn! Dis dié dat my gesig so staan!”
Nou die dag dié grappie in die kerk vertel en toe daarop gesê: “Sê vir die persoon langs jou dat hy tog nie moet lyk soos ‘n outydse dominee nie.”VALSE VERONDERSTELLING
Vir jare het ons ‘n valse veronderstelling gehad dat vroomheid en Christenskap beteken om ‘n sedige lang gesig te hê. In die kerk mag jy nie glimlag of bly wees nie. Jy moet net so in ‘n bondeltjie sit en bewaar die een se siel wat vol blydskap is. Dan’s hy of sy onordelik! As kind sou my ma my gou in die ribbes gestamp het: “Hou op met jou stuitigheid; jy’s in die kerk!”
Profete sê dit raak met hulle Suurtier Liedjie:Ek’s ‘n suurtier, maar ek’s darem hier
Ek dra my kruis na die Here se huis ...
En ek kan nie lag nie, ek het nie die krag nieEn ek kan nie lag nie, want die mense sê ek mag nie.
Ons het die bietjie lewe wat daar nog in mense was doodgedruk! Erlo Stegen het vertel van die blink straal water op die boer se plaas ... maar dit is so kruidagtig, dit maak alles dood. Hoe meer water toegedien word, hoe meer tree die dood in. Dan vertel hy verder dat sy bediening was iets soortgelyk in die begin jare. “Die bediening van die dood” (2 Kor. 3:7). Hulle sou met ‘n tentveldtog begin en dan daag daar 500 mense op die eerste aand. Die volgende aand is dit 400 en dan 300 en so raak dit al minder tot net 10 oor bly. In plaas dat dit “strome van lewende water was” wat uit hulle binneste gevloei het, het hulle al meer dood gebring, want dit was net veroordeling en veroordelende prediking.Hoeveel goed bedoelde mense en bedienaars doen net dieselfde. In plaas van die vallei van trane en die Droë Laagte te verander in ‘n fonteinland, maak hulle dit net nóg erger. Wat so tragies is; hierdie mense is salig onbewus daarvan!
Ek vra jou: Maak jy jou omgewing beter of slegter? Ons moet fonteinland-makers wees. Van Jesus lees ons in Luk. 4:22 – “En almal het vir Hom getuienis gegee en was verwonderd oor die aangename woorde wat uit Sy mond kom.”
Jesus was ‘n fonteinland-maker.
Piet Smit073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook
FONTEINLAND-MAKERS (5)
Ps. 84:7 – “As hulle deur die Droë Laagte trek, maak hulle dit ‘n fonteinland;”
“I shall pass through this world but once. If therefore there be any kindness I can show, or any good thing I can do, let me do it now; for I shall not pass this way again.”Tog is daar ander wat ‘n verskroeide aarde beleid volg soos die leërs van Napoleon en ander van destyds wanneer hulle deur ‘n gebied getrek het. Alles is verbrand en verwoes sodat ander wat hulle wou agtervolg, nie kon oorleef nie.
Soos ons trekboere van weleer wat vanaf die Kaap se kant die binneland ingetrek het; die veld deur hulle diere laat opvreet en vertrap het en selfs afgebrand het en dan bloot net weer verder getrek om dit ook met die res van die land te doen. Op hierdie punt, het ek myself voorgeneem om enige plek altyd net so goed of indien moontlik, selfs beter agter te laat. Hoe wonderlik sal dit nie wees as al ons landsburgers, elkeen net één (nie eens twee) papiertjie optel om dit in ‘n vullisdrom te gaan gooi. Binne ‘n japtrap sal ons land ‘n permanente skoon plek wees.Ja waarlik, daar is hulle wat ‘n bloedspoor nalaat. Waar hulle deurgetrek het, het hulle oral aanstoot gegee en mense seergemaak en ander sleggesê en veroordeel. Soos diegene van wie ons lees in Ps. 73: 8, 9 – “Hulle spot en spreek in boosheid verdrukking; hulle spreek uit die hoogte.
Hulle stel hul mond teen die hemel, en hul tong wandel op die aarde.”
Hoe lyk dit agter my en jou waar ons deurgetrek het? Het ons die trane vallei ‘n fonteinland gemaak of het ons nie tyd vir die bedroefdes en swakkes nie? Te gemaklik in ons gemak sones!Iemand het hierdie gedagte aan my d.m.v. epos gestuur:
“Here, oral weer ek gaan, laat ek vingerafdrukke na.
Op die hande wat ek aanraak, op borde, mure en boeke.
Daar is nie wegkom kans nie.
Waar ek vat, plaas ek ‘n teken van my identiteit.
Help my Here, om vandag waar ek ook al gaan
Hartafdrukke na te laat ...
Hartafdrukke van regverdigheid en deernis,
Van begrip en liefde,
Van barmhartigheid en belangstelling.
Hartafdrukke van hartlike vriendelikheid en
Van opregte betrokkenheid.
Mag my hart ‘n ander hart aanraak
En afdruk van U liefde laat.
En as iemand sou sê:
‘Jou aanraking het my vandag versterk.’
Laat hulle agterbly met die wete dat dit
U liefde was wat hul in my ervaar het.”
Piet Smit073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook
FONTEINLAND-MAKERS (6)
Ps. 84:7 – “As hulle deur die Droë Laagte trek, maak hulle dit ‘n fonteinland;”
‘n Afgetrede predikant het geskryf: “As ek my lewe kon oor hê sou ek baie meer bemoedig en aangemoedig het. Ek sou met baie meer deernis en begrip opgetree het. Maar ongelukkig het ek soveel mense geoordeel en veroordeel tot selfs in my prediking.”Terwyl ek deur hierdie aardse trane vallei beweeg, is dit asof ek die woorde van Jesus aan Sy dissipels hoor (Mat. 14:16): “Gee julle vir hulle iets om te eet.” Ek kry die gevoel dat die Here Jesus wil hê en verwag van my en van jou om ander se lewens te verbeter langs die lewenspad. Alles wat ons het kom op die ou end tog maar van Hom. Dus, is en bly Hy die Bron waaruit ons moet tap om ander se lot te verlig. Kan Hy voorsien? Ja, ver meer as wat ons ooit nodig sal hê!
Jare gelede terwyl ek besig was om ‘n bord met die name van die top presteerders by die Hoërskool Calvinia teen die muur by die skoolsaal op te sit, het die skoolhoof kom bystaan en opgemerk: “Meneer, jy laat ‘n merkteken agter as jy die dag hier weggaan. So baie onderwysers gaan deur die skool en as hulle die dag weg is, is daar geen merkteken dat hulle ooit hier was nie. Hulle het net gebruik gemaak van en niks terug geploeg nie”Ons praat van roofbou in die landbou; boere wat net uit die grond haal so wat hulle kan en nooit iets terugsit. Jammer om te moet erken dat dit vele kere ook so in die kerke wêreld gaan. Vele wil net die seën ontvang maar wil nooit iets terug ploeg nie.
Kom ons neem die besluit vandag: Ek wil en ek gaan belê en terug ploeg en gee en ‘n bydrae lewer in ander se lewe! 1 Pet. 3:9 sê ons is geroep om te seën sodat ons seën kan beërwe. Dit voel vir my die Rooitaal in die Message klop die Afrikaans as dit sê: “bless--that's your job, to bless. You'll be a blessing and also get a blessing.”Weet jy waar soek God my en jou? In die midde van die trane vallei om dit ‘n fonteinland te maak:
v By die hospitaal,
v Tussen die siekes,
v By die ouetehuis,
v By die bedroefdes,
v By die wat honger is,
v Tussen die treurendes, die probleem gevalle en sielkundige gevalle.
Moenie terugdeins nie. Hierdie mense sal jou waardeer. Daar is min dinge so wonderlik as om iets vir ander te doen wat dit waardeer!Piet Smit
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook
FONTEINLAND-MAKERS (7)
Ps. 84:7 – “As hulle deur die Droë Laagte trek, maak hulle dit ‘n fonteinland;”
Hoe mooi was dit die ander dag toe mense gekom het om te simpatiseer met die ouers wat ‘n pragtige dogter in ‘n motorongeluk verloor het. Van oral oor het hulle gekom. Elkeen se drukkie en paar woordjies en sommige se deelnemende stilswye het die trane dal van die bedroefde familie verander in ‘n fonteinland.Ja, daar is soveel geleentheid vir my en vir jou om ‘n seën vir ander te wees. Ons hoef nie eens ver te gaan nie. Die nood is so groot en langs ons elke dag. Maak net jou oë oop en stop net ‘n slaggie by iemand langs die lewenspad. Pred. 3:12 - “So het ek dan ingesien dat daar niks beters … is nie as om bly te wees en om goed te doen in die lewe.”
Die alombekende gebed van Franciskus van Assisi (een van die mees gerespekteerde heiliges, gebore 1181) vat hierdie saak mooi raak:O Heer maak my ‘n werktuig van U vrede;
Laat my liefde saai, waar haat is;
Geloof waar twyfel is;
Hoop waar verslaentheid
En vreugde
Waar droefheid is.
‘n Soortgelyke gebed is die volgende:
O Heer, laat my nie na troos soek nie,
maar laat my daarna verlang om ander te troos;
laat my nie na begrip soek nie,
maar help my om ander te verstaan;
laat my nie na liefde soek nie, maar liefde gee.
Want die wat gee, ontvang,
deur selfverloëning word ons verryk
en deur die dood (sterwe aan die self om Christus te ontvang)
verkry ons die ewige lewe!
GEBED
O Here, onse Here, hoe skuldig staan ons dikwels teenoor U werk. Vele geleenthede doen hom voor waar ons iets vir U kan doen, maar ons is soos die priester en leviet wat anderkant verbygaan. Vergewe en reinig ons vrugtelose lewensbestaan. Inspireer ons deur die Heilige Gees en U Woord om elke geleentheid aan te gryp en die trane dal te verander in ‘n fonteinland. Amen!