Terwille van afwisseling, kom ons geniet hierdie gedig van Roza Combrink.
Elia En Die Baalpriesters (2)
(Roza Combrink)
Die priesters en profete kry toe hulle offer gereed
en wag dat die grote Baal hulle sal toespreek.
Van vroeg tot laat het hulle geskreeu en gespring,
Maar Baal is by die Yoga klas - doen bepeinsing.
"Of wag, miskien is hy op reis - of miskien het hy gaan doedoe.
Julle sal moet harder probeer - kyk of dit werk. Toe-toe!"
Later is daar bloed wat vloei soos nog nooit vantevore geken nie.
I mean, Elastoplast would surely have made a pretty penny!!!
Maar, daar gebeur niks. Baal is so stil soos die graf.
En die spul priesters is nou fed-up gewag.
Elia kry die offer gereed soos wat dit God behaag
en besluit hy gaan in die geloof, baie meer waag.
Hy wil hê hulle moet sien God is geweldig groot
Daarom gooi hulle water oor die offer en in die sloot.
Op sy gebed antwoord die Here met ‘n vuur wat verteer,
En dis toe dat die volk hulle tot God bekeer!!
Die Baalpriesters word geslag en Isebel is in die nood.
Sy het nou geen aanhangers nie - haar verlies is groot!!!
Die volk erken God is groot en dit is presies soos dit hoort!
Maar uit die verhaal is daar ook ‘n ander les te leer
En ai, ons arme vrouens faal keer op keer!!
Dit veroorsaak ‘n helse verwarring
wanneer ons met God se gesagsorde karring!
Kom ons dra maar die "onderdanigheids-hoed"
en los liewer vir manliefie binne-in sy broek!PietSmit
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook



