Ek dink die koortjie "Kom ons loof die Heer, saam met die engele skaar" [as 'n voorbeeld] moet ons net een keer sing en dan die koortjie los en die Here begin prys en dit doen vir -
wie sal weet hoe lank . . . Hoekom sing ons vir 10 keer die koortjie, maar doen nie wat dit sê nie?
Ps. 103 - "Loof die Here, o my siel, en vergeet geeneen van Sy weldade nie" - ek dink 'n mens moet dit lees, die Bybel neersit en jou siel aanspreek [as hy nie in elk geval die Here wil loof nie], en aangaan en die Here loof. Jy kan nie dit lees, jou Bybel toemaak, en omdraai en slaap nie.
Hoor ek gisteraand TD Jakes sê: "Baie mense is onvervuld en ongelukkig in hul lewe. Al bietjie geluk en vreugde wat hulle geniet, is wanneer hulle saam met ander mense is en die salwing of Sy teenwoordigheid tasbaar en voelbaar is, maar as hulle daar uitstap is hulle steeds ongelukkige mense. Hulle gebruik dus [sê Jakes] die diens, en die Here om daardie bietjie geluk te smaak, MAAR hulle laat nooit toe dat die Here hulle innerlike verander sodat hulle gelukkige mense kan wees nie."
Dis soos 'n suur mens wat lag vir 'n TV program, die TV afskakel en suur bly.
GEBEDHere my gebed is dat u ons eerlik en opreg sal maak in ons aanbidding en omgaan met U. Kinderlik vertrouend dat U ís wat U Woord sê dat U is. Nie sal speletjies speel wanneer ons U aanbid nie maar dit bedoel en in gehoorsaamheid sal doen wat U Woord ons leer. In die geloof sê ek vir U dankie vir Bybelse resultate wanneer egtheid en opregtheid teenoor U is. Amen!
Piet Smit
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it



