@ at Malmesbury Business Directory

at-malmesbury-business-directory-logo

search-google 

Die wetboek gevind (3)

02-god-van-baie-kanse
DIE WETBOEK GEVIND (3)
Hos. 4:6 – “My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis.”
Mark. 12:24 – “Is dit nie daarom dat julle dwaal dat julle die Skrifte en ook die krag van God nie ken nie?”

Die deursnee gelowige ken nie die inhoud van die Bybel nie, vir die eenvoudige rede omdat dit nie gelees word soos dit behoort gelees te word nie. Met die gevolge:
  • Laat iemand net met ‘n ondervinding of ervaring kom dan glo hulle dit al is dit ook in botsing met die Woord.
  • Laat iemand net kom met ‘n skyndood dan word dit die nuwe blitsverkoper en word dit met groot akklamasie gelees en ignoreer mense die uitsprake van die Woord.
  • Laat iemand net kom met die woorde: “Die Here sê ...,” dan eet almal dit vir soetkoek op.
  • Laat iemand net kom en sê: “Die Here wys vir my ...” dan sluk almal dit al is dit ook in kontradiksie met die waarheid van die Skrif.
  • Of iemand kom met ‘n titel voor sy naam en maak beweringe uit die Bybel, dan is almal in ekstase en glo elke woord, sonder om dit te toets aan die enigste standaard nl. die Woord van God.

Dit alles sal nie gebeur as mense voortdurend hulleself skool in die Woord. As hulle sal doen wat ons lees in Jos. 1:8 – “Hierdie wetboek mag nie uit jou mond wyk nie; maar bepeins dit dag en nag, sodat jy nougeset kan handel volgens alles wat daarin geskrywe staan; want dan sal jy in jou weë voorspoedig wees, en dan sal jy met goeie gevolg handel.”

Is ek teen ervaringe en manifestasies van die Heilige Gees en die gawes van die Heilige Gees? ‘n Duisend maal nee!!! Maar ons vertrekpunt vir dit alles is die Bybel. Die Woord is die hoogste gesag en alles moet getoets word aan die Woord.

Toe een van die dogters van John G. Lake ‘n klompie jare gelede as ‘n ou dame weer in S.A. kom. Het hulle vir haar gevra: “Is daar iets van jou pa wat jy kan onthou wat vir jou uitstaan?” Toe antwoord sy: “Ja, sy Bybel was altyd ‘n armlengte van hom af.” (Ek het daardie Bybel gesien in die argief van die AGS toe dit nog in Maranatha Park was.)

Hoor net wat word van die man gesê van wie ons na alle waarskynlikheid kan sê dat hy die kragtigste deur God gebruik is na die apostels! Neem kennis: Dis die plek om te begin en die plek om te bly en die plek om te eindig!

GEBED

Here, hou my in en by die Woord en laat my daarin leef soos ‘n vis in water. Daar alleen is ek veilig. Amen!

PietSmit 
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook

 

You are here: Church Die wetboek gevind (3)
schoemans-chartered-accountants die-courant