@ at Malmesbury Business Directory

at-malmesbury-business-directory-logo

search-google 

Die wetboek gevind

02-god-van-baie-kanse
DIE WETBOEK GEVIND (1)
2 Kron. 34:14 – “En toe hulle die geld uithaal wat in die huis van die HERE gebring was, het die priester Hilkía die wetboek van die HERE gevind wat deur die diens van Moses gegee is.”

In die dae van koning Josía, is die wetboek van die Here gevind onder die “puin en rommel” in die tempel. Dit skyn te lyk dat dit die oorspronklike wetboek was wat deur Moses geskryf was. Elkeen wat hier lees sê seker: “Sjoe! Maar dis darem vreeslik dat die oorspronklike dokument, in die handskrif van Moses, kan soek raak en dit binne in die tempel!”

Ja, mens vra jouself af: Hoe gebeur so iets? Hoe raak die wetboek soek in die tempel? Die wetboek was dan veronderstel om die hoogste prioriteit in die godsdiens van die volk van die Here te geniet! Dis dan waar vanuit die priesters en al die geestelikes en selfs die konings van Juda hulle instruksies en voorskrifte moes kry.

Die antwoord is baie eenvoudig: Weens die afvalligheid en nalatigheid van die konings van Juda om die Here opreg te dien, en deur die agteruitgang van die godsdiens onder die geestelikes, het die wetboek van die Here in onbruik geraak. Wanneer iets in onbruik raak, beteken dit; dit is nie meer so belangrik nie. Dit moes plek maak vir ander belangriker dinge. So, eintlik was die wetboek nie verlore nie. Dit was nie regtig soek, in die sin dat almal het naarstiglik gesoek en gevra: “Waar is ons land se wet en die tempel se instruksies? Help almal, dis ‘n krisis!” Dit het net in onbruik geraak ...

Mens kan vandag dieselfde vraag vra: Hoe is dit dat mense nie meer die Bybel lees nie? Die Bybel is nie weg nie. Die Bybel word nie gesoek nie. Nee, dit lê op die bedkassie langs die persoon se bed. Dit lê daar doodstil, sigbaar, maar onaangeraak week na week en geslote die inhoud vir die eienaar se innerlike mens. Dis eienaardig hoe gou enigiets wat onaangeraak word, geneig is om ‘n stof lagie op te kry ... ‘n Bybel moet nie soos die ander ornamente in die huis afgestof te word nie; mens hou dit stofvry deur gereelde hantering.

Ek maak die stelling: Daar is geen verskil tussen die verlore wetboek in die dag van koning Josía en ‘n persoon se gebruiks Bybels waaruit nie gelees word nie.

As dit jóú Bybel is wat hierbo beskryf is, wil jy dit nie weer gaan uithaal onder die “puin en rommel” en jouself weer blootstel aan Sy inhoud?

PietSmit 
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën
wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook

You are here: Church Die wetboek gevind
schoemans-chartered-accountants die-courant