Daar is gewoonlik 4 p’s in die teruggevallene se lewe:
1. PREDIKER:
As jy met ‘n teruggevallene praat dan hoor jy heel waarskynklik, daar is iewers ‘n prediker in sy lewe. ‘n “Magtige” evangelis of TV prediker. Iemand wat hy aanhang en wat volgens die persoon, “alleen” die Woord mag bedien. Niemand anders kan dit so goed doen nie.
Eintlik is dit ‘n teken, die persoon is geestelik bankrot. Die oë is nie op Jesus (Heb. 12:2). Die Bybel waarsku teen sulke verheerliking van mense. Die Woord leer juis (Jak. 2:1): “Laat julle geloof in onse Here Jesus Christus, die Here van die heerlikheid, nie wees met aanneming van die persoon nie.” Ons hardloop nie agter mense aan nie, maar nét agter Jesus aan!
2. PLEK
Dan is hulle ook gebind aan ‘n plek. Net dáár word die Here regtig gedien. Gewoonlik kan hulle nie in hulle plaaslike dorp se gemeente die Here aanbid nie, dis te floutjies daar. Hulle moet Nigerië toe of iewers ... heen vlieg of ry om te aanbid.
3. PERSOON
Iewers is daar ook ‘n persoon in die teruggevallene se lewe. ‘n Persoon wat hom of haar te nagekom het en ‘n onreg aangedoen het. A.g.v. die persoon se doen en late in die verlede, kan hy of sy nou nie meer die Here dien nie. Dit is alles nét daardie ander persoon se skuld ... net nie syne of hare nie.
Min besef hulle, dat alle kinders van Here word maar een of ander tyd deur iemand benadeel of teleurgestel. Om daaroor oorwinning te kry; is om dit te sien as deel van die pad na geestelike volwassendheid. Vergewe diegene wat jou te nagekom het en sit dit agter jou en gaan aan met die Here.
4. PROBLEME
Daar is altyd een of ander probleem wat dan as ‘n rede of ‘n verskoning aangevoer word waarom hy of sy nie die Here kan volg nie. Dikwels ‘n probleem met die kerk: Dis òf te lank òf te kort (laasgenoemde ook al gehoor).
Jare gelede het ek iemand op ‘n plaas besoek en kerk toe genooi. Maar hy het toe ‘n probleem: “My maag is so groot; ek kan nie ‘n hemp kry waarvan ek die knope kan vas maak nie.”
...
Herken jy dalk jouself ...? Los die verskoning en maak Jesus Koning!
Piet Smit
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook



