Mat 1:23 – “Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons.”
Hierdie is ‘n groot Nuwe Testamentiese belofte; soveel anders as wat die Ou Testament ken. Onder die Ou Testament was God se teenwoordigheid beperk tot die tabernakel van Moses en later tot die tempel van Salomo.
- Rig. 3:10 – “En die Gees van die HERE het op hom (Otniël) gekom, en hy het Israel gerig en uitgetrek om oorlog te voer.”
- Rig. 14:19 – “En die Gees van die HERE het oor hom (Simson) vaardig geword.”
Wanneer ‘n mens regtig besef die Here is teenwoordig in jou lewe, kom daar ‘n vrede en rustigheid oor jou gemoed. ‘n Blydskap wat onuitspreekbaar is. ‘n Krag wat niks anders in hierdie wêreld jou kan bied nie. Jy word soos Jesus. - vol van Sy krag. Jy praat soos Hy en tree op soos Hy. Want dis net onmoontlik om in Sy teenwoordigheid te leef en iets daarvan smeer nie af op jou nie.
GEBEDHere Jesus ek dank U vir U kragtige teenwoordigheid in my lewe deur U Heilige Gees. Help my om die wonder daarvan voortdurend te bedink en dan ook te ervaar. Amen!
Epos Inval Gedagte Bediening|
Piet Smit Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook by http://www.facebook.com/group.php?gid=45835613272 |
|
DIE TEENWOORDIGHEID VAN GOD (2)
Mat 1:23 – “Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons.” Laat ons na ‘n paar tekste kyk wat spreek van God se teenwoordigheid in die kind van God se lewe:
Ons kan dus met groot vrymoedigheid verklaar: die Here is voor my, agter my. Links van my, regs van my. Bo my en onder my. Maar daar is nóg ‘n toevoeging te maak nl.:
Om te dink dieselfde teenwoordigheid wat in die tabernakel en in die tempel was en wat net vir sekeres in die Ou Testament beskore was op sekere tye, het my permanente erfdeel in die Nuwe Testament geword! GEBED Dankie Here Jesus vir hierdie onbeskryflike voorreg bo die mense wat in die Ou Testament geleef het nl. U konstante inwoning in my as U kind. Amen! Epos Inval Gedagte Bediening Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook by http://www.facebook.com/group.php?gid=45835613272 DIE TEENWOORDIGHEID VAN GOD (3)
Mat 1:23 – “Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons.” Dis nodig dat elke kind van God doelbewus die teenwoordigheid van die Here sal praktiseer. D.w.s sien die Here mét jou in alles wat jy doen en oral waar jy is. Wanneer jy in ‘n vergadering is, sien vir Jesus daar met jou, want Hy ís daar soos reeds gesien in die tekste waarna ons gekyk het. Sien Hom hoe Hy jou lei in jou denke en besluitneming. Ons kan met sekerheid aanneem Sy teenwoordigheid sal duidelikheid van denke bring en inspirasie tot groot idees. Wanneer jy gaan vir ‘n werksonderhoud, sien vir Jesus daar in die onderhoudskamer en sien hoe Hy vir jou die antwoorde en woorde in jou mond lê. Jou senuagtigheid sal wegsmelt as jy Sy guns op jou ervaar. Almal se koppe sal net goedkeurend knik en glimlagte sal op elkeen se gesig verskyn. Dikwels, wanneer ek alleen in die motor ry dan stel ek my voor, Jesus sit langs my op die voorste sitplek en ek gesels met Hom. Wanneer ek dit so doen word Sy teenwoordigheid vir my net ‘n groter werklikheid. Wanneer ek deelneem aan ‘n wedloop bid ek al die pad en sien ek vir Jesus saam met my. Half onregverdig teenoor die ander wat nie bid nie. Dis soos die omie vir wie hulle gevra het: “Oom hoe doen oom se motor.” “Jong, julle kan nie my motor vergelyk met ‘n gewone motor nie, want my motor loop onder gebed.” Wanneer jy gehospitaliseer word, sien vir Jesus daar in die teater saam met jou. Sy hande oor die hande van die snydokter en die narkotiseur. Jou “worries” sal verdwyn, want niks kan mos verkeerd loop in Sy teenwoordigheid nie. Wanneer mense jou aanvat oor jou geloofslewe, besef Jesus is fluister afstand van jou af. Hy fluister die antwoorde in jou oor. Jou hele ingesteldheid verander. Jou lyftaal raak ontspanne, siende dat Jesus daar is om jou by te staan – die Een wat jou lief het en oor jou lewe waak. GEBED Dankie Here Jesus, dat U by my is oral waar ek gaan of staan. Dankie vir U bystand en teenwoordigheid veral in krisis tye. Amen! Epos Inval Gedagte Bediening Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook by http://www.facebook.com/group.php?gid=45835613272
DIE TEENWOORDIGHEID VAN GOD (4)
Mat 1:23 – “Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons.” Wanneer jy as kind van God bewus word die Here is altyd met jou en jy leef in Sy teenwoordigheid en Hy leef deur Sy Gees in jou, bring dit beslis ‘n groot verandering in jou lewe. Bekommernis vlug weg, jou vrese verdwyn, jou blydskap word maksimaal. Iemand praat van die “kuns om te leef.” Ek wil sê die kuns om te leef of die kuns van die lewe, is om in God se teenwoordigheid te leef. Ek onthou skeertyd op die plaas so goed. Die lammertjies is afgekeer en uitgevang en eenkant in ‘n sink hok gehou terwyl die ooie en ander groot skape geskeer is. Omtrent die heeldag is die ooie so van hulle lammers geskei gehou. Teen die aand se kant wanneer die skeerdery eers sou staak vir die nag, is die ooie weer by hulle lammers gebring. Dan het my pa een van die lammertjies opgetel en voor die ooie neer gesit. Die lammetjie het een blêr gegee en dan het die ma aangedraf gekom. Tussen al daardie geraas van skeerders en swepe wat klap en skape wat skree en sinkplate wat losgemaak word, hoor daardie ooi haar lam se stem asof dit die enigste stem is tussen al die skape wat hulle lammers soek. So luister die Here ook na my en jou stem. Tussen al die miljoene stemme wat na Hom roep, hoor en my en jou stem asof ons die enigste stem is. Hy luister en hoor nie net jou stem en doen niks verder nie. Hy gee dan ook individuele aandag aan my en jou versoek. Ps. 34:18 is vir my ‘n loper vers. Met ‘n loper, sluit jy alle deure oop. Hier is ‘n vers waarmee jy alle deure kan oopsluit: “Hulle roep, en die Here hoor, en red hulle uit al hul benoudhede.”
“Hulle roep,” maar dis nie al nie. “Die Here hoor” ook. Maar dis nog nie al nie. Hy hoor nie net en niks verder nie. “Hy red hulle uit al hulle benoudhede.”
Hy’s ‘n God van die “al”:
Epos Inval Gedagte Bediening Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook by http://www.facebook.com/group.php?gid=45835613272 |



