Vir 5 boodskappe het ons besin oor God se seën. Maar hoe lyk my en jou seën teenoor ander?
1 Pet. 3:9 – “Vergeld geen kwaad met kwaad of skeldwoorde met skeldwoorde nie, maar seën inteendeel, omdat julle weet dat julle hiertoe geroep is, sodat julle seën kan beërwe.”
Dink daar aan, terwyl ons so lekker kerk hou. Terwyl ons dryf in die vettigheid van God se seën; is daar ‘n wêreld wat stukkend en verflenter is.
Ons kan nie sê:
o God seën maar ons seën nie.
o God is goed en ons vertel hulle nie van Jesus nie.
o God voorsien maar ek en jy is toe hand teenoor ‘n geliefde wat dit so nodig het.
o Die Here is groot, maar ons bokspring nie in ons harte of ons lewens straal dit uit nie.
o Die Here is liefde en ons is nie sag en teer en liefdevol teenoor ander nie.
o Die Here is genadig maar ons weier om ander te vergewe. In teendeel ons is so liggeraak en fyngevoelig vir die geringste ou dingetjie en hou dit teen ander lewenslank.
o Die Here wil almal oplig, maar ons gun ander nie vooruitgang en verheffing nie.
SLOT
Ek dink aan die dag waarvan 1 Joh. 3:2 praat: “... ons Hom sal sien soos Hy is.” Sê nou ons moet daardie dag uitvind dat Hy was ‘n ander God as wat ons verkondig het! Vele sien die Here as ‘n God wat net wil straf en ‘n God wat kwaai is.
In daardie dag sal ons sien:
o God is goed.
o God is liefde.
o God wil seën!
Piet Smit
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook



