@ at Malmesbury Business Directory

at-malmesbury-business-directory-logo

search-google 

Die Regte Plek Op Die Regte Tyd (3)

02-god-van-baie-kanse

Die Regte Plek Op Die Regte Tyd (3)

Pred. 9:11 – Weer het ek onder die son gesien dat die wedloop nie is vir die vinniges ...”

Ek voel gelei om jou in ‘n neutedop te vertel van enkele gevalle waar die Here my op die regte plek op die regte tyd neergesit het tot Sy eer: 
  • Na ‘n klomp vertragings en frustrasie stap ek eers halfdrie die middag by ‘n restaurant in vir ‘n middagete (Spur in Bellville). Toe ek die deur oopmaak, staan daar ‘n man met ‘n breë glimlag met sy hand uitgesteek: “Piet Smit, kan jy my nog onthou?” Toe is dit een van die orkes lede uit my onbekeerde dae en ek kry kans om teenoor hom te getuig. Ek vind toe uit dat hy kom vanaf Worcester en het net vir ‘n oomblik daar kom sit om vir sy vrou te wag.
  • Ons hoor tydens ons verlof van die goedkoop eet plek bo-op Friedmen en Couhan in die Strand. Ons het skaars gaan sit toe ‘n stem agter ons my naam noem: “Ek soek al die jare na jou. Ek bid nog steeds vir jou.” Toe is dit ‘n vriend uit Pinkster Park se dae (11 jaar terug).
  • Ek kry ‘n datum by die hospitaal  om die spesialis te sien (breuk). Daar kry ek vir oom George Osche. Ons getuig so – ek getuig in Afrikaans en oom George tolk in Engelse vir ‘n sangoma wat langs my kom sit het. Ek hoor nie eens toe my naam genoem word en dit my beurt is vir die ondersoek. Later vind ek uit hulle het vir my ‘n verkeerde datum gegee. Maar op die regte plek op die regte tyd om die sangoma te bedien.
  • In ons eerste gemeente stap ek by ‘n huis verby en ‘n vrou wat soveel hartseer beleef, sien my verby stap en bid: “Here, laat daardie man vandag hier in kom en vir my bid.” En sonder dat ek ‘n stem hoor, draai ek in my voetspore om en klop aan …

Die geseëndste en gelukkigste mense op aarde, is hulle wat deur die Heilige Gees gelei word (Rom. 8:14). Wat onder beheer en kontrole van die Here leef. Bring dit i.v.m. Ps. 127 wat sê: As die HERE die huis nie bou nie, tevergeefs werk die wat daaraan bou … Tevergeefs dat julle vroeg opstaan, laat opbly, brood van smarte eet—net so goed gee Hy dit aan sy beminde in die slaap!”

Ek wil vir elkeen sê wat die Here Jesus gekies het as die Here van sy of haar lewe: “Jy kan staat maak op goddelike ontmoetings, momente en ingrypings in jou lewe deur die Here vir jou gereël. Hy sal jou op die regte plek op die regte tyd neersit om die regte mense te ontmoet om die regte dinge te doen en die onnodige slegte dinge te ontsnap. Jy sal nie eens bewus wees van die groot moontlikhede nie en jy hoef ook nie, maar die Here weet. Hy het sekere talente en vermoëns in jou lewe geplaas en sal jou op die regte plek op die regte tyd sit om jou hele lewe in vervulling te bring!” (Lees dit weer asb. en neem dit in geloof as my mooiste wens oor jou lewe in hierdie dag.)

PietSmit 
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook

You are here: Church Die Regte Plek Op Die Regte Tyd (3)
schoemans-chartered-accountants die-courant