@ at Malmesbury Business Directory

at-malmesbury-business-directory-logo

search-google 

Die krag van die woord

02-god-van-baie-kanse
DIE KRAG VAN DIE WOORD
(Getuienis van Roza Combrink)
Ek was gister by die spesialis. Verlede week en Vrydag was daar ‘n breek en sou die spesialis môre opereer maar op gister se plate is daar geen breek nie. Prys die Here!

Ek moet die voet oppas, want die hak was "dislocated" en omdat daar nie nou ligamente en allerhande ander goedjies is wat die gewrig kan vashou nie, moet ek maar versigtig wees. Dra ‘n "Moonboot."

Maar vanoggend het iets my getref. Elke keer wanneer ek die Woord opneem om dit te lees, sê ek eers hardop: "Here U Woord is lewendig en kragtig en werkend binne-in my; dit gaan uit en gaan doen dit waarheen dit uitgestuur word........"  (Jes. 55:11; Heb. 4:12) Toe tref dit my! Ons hele wese is deurtrek van die Woord as ons die Woord bestudeer en inneem. Want die Woord vind ingang en woon ryklik binne-in ons.... (Kol. 3:16) En die Woord is genesend vir ons hele liggaam (Spr. 4:22)!!!! Ek het so bewus geword daarvan dat die Woord in my ligament, my spiere, elke been, bloedvat en aar en weefsel en sel is, en Sy helende en restorerende werk te doen dat as ek kon spring, dan het ek!!

Net soos wat medikasie ingeneem word deur ons monde, in die bloedstroom beland en dan vervoer word na die deel wat dit nodig het, so is die lewende, helende Woord wat deur my oë en ore ingeneem is, besig om in daai gewrig Sy helende werk te doen en ek sien die verbetering daagliks.

Truely, we are SO wonderfully made (Ps 139)!

The Word is working mightly in me (X2)

No matter what circumstances

What I feel or see.

The Word is working mightly in me.

PietSmit 
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook

You are here: Church Die krag van die woord
schoemans-chartered-accountants die-courant