@ at Malmesbury Business Directory

at-malmesbury-business-directory-logo

search-google 

Die groot prysuitdeling (7)

02-god-van-baie-kanse
DIE GROOT PRYSUITDELING (7)
1 Kor. 9:24-27
JY KAN AFVALLIG RAAK

1 Kor. 9:27 – Maar ek kasty my liggaam en maak dit diensbaar, dat ek nie miskien, terwyl ek vir ander gepreek het, self verwerplik sou wees nie.”

Paulus het besef dat al is hy in die wedloop op pad hemel toe. Al is hy ‘n prediker en selfs ‘n apostel wat kerke geplant het oor Europa en die grootste wonders en tekens gesien het. Al het hy vele persoonlike openbaringe van die Here ontvang, hy nog steeds “verwerplik” voor God kan staan aan die einde van die dag indien hy nie waak nie.

Daar is die siening van sekeres: “Eenmaal gered, altyd gered. Eenmaal ‘n kind van God, altyd ‘n kind van God.”

Hoe mooi dit ook al mag klink, dit strook nie met die hele Woord of die praktyk nie. ‘n Mens kan een teksie uit die Bybel neem en enige ding omtrent bewys. Maar dis nie hoe ons met die Woord van die Here om gaan nie. Ons moet altyd kyk na die volle openbaring en al die tekste in ag neem.

  • Mat. 24:13 – “Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.”
  • Luk. 9:62 – “En Jesus antwoord hom: Niemand wat sy hand aan die ploeg slaan en agtertoe kyk, is geskik vir die koninkryk van God nie.”
  • Luk. 17:32 – “Dink aan die vrou van Lot.”
  • Joh. 15:6 – “As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand.”
  • Heb. 10:38 – “Maar die regverdige sal uit die geloof lewe; en as hy hom onttrek, het my siel geen welbehae in hom nie.”

Hoekom sal die Bybel waarsku teen afvalligheid indien die moontlikheid nie bestaan  het nie?

Oom George Oche het my die anderdag vertel van die persoon wat vir 30 jaar uitgestaan het vir Christus. Hy self het opgekyk na die persoon as voorbeeld en toonbeeld van toewyding. Maar helaas, hy het afvallig geword.

Iemand vertel my van ‘n familie betrekking wat ook ‘n leraar was. Toe sien die persoon die familie betrekking op Facebook maar met ‘n sigaret in die mond … Toe hoor die persoon dat hulle is nie meer in die bediening nie.

Daar is plekke wat ek en jy as kind van God doelbewus nie moet besoek nie. Daar is sekere goed wat ons oë nie moet sien nie. Dinge wat ons nie doen nie. As dit swaar is vir jou; sien dit as die”kastyding” waarvan Paulus praat.

Here hou my, )x2

Here hou my in die holte van U hand.

As ek struikel en ek val,

Here red my nog ‘n maal.

Here, vergewe my en red my nog ‘n maal.

PietSmit 
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seënwees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook

You are here: Church Die groot prysuitdeling (7)
schoemans-chartered-accountants die-courant