As al die ander voorbeelde van “die God van baie kanse” jou nie geraak het nie, mag die boodskap van Jesus se kruis jou dan raak.
Nog nooit was daar ‘n groter liefdesoffer gebring as toe Jesus, die Seun van God, die hemel verlaat het en in die plek van die hele wêreld kom sterf het! Die baie bekende Joh. 3:16 is nog steeds van krag as dit sê (lees dit stadig met begrip): “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo (Jesus), nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” Hoor net hoe mooi is die Message: “This is how much God loved the world: He gave his Son, his one and only Son. And this is why: so that no one need be destroyed; by believing in him, anyone can have a whole and lasting life.” Óns sondelas dryf Hóm na Golgota!
Soveel genade aan kanse as wat die kruis ons bied,
- God dink daar nooit weer aan nie (Heb. 8:12);
- Hy werp dit agter Sy rug (Jes. 38:17);
- Hy werp dit in die diepte van die see (Mig. 7:19);
- Hy delg dit uit (Ps. 51:3);
- Hy vergewe dit (Ps. 32:5);
- Hy gaan daar by verby (Mig. 7:18);
- Hy vertree dit (vertrap dit) (Mig. 7:19) .
In ons kerkgebou het ons ‘n groot swaar kruis van sleepers laat aanbring teen die voorste muur om ons gedurig te herinner aan die kans wat God ‘n mens bied. Daar gaan weinig ‘n diens om dat die prediker homself nie omdraai en na die kruis verwys nie. Dikwels as ek alleen in die kerk bid, gaan kniel ek iewers naby die kruis om dan my oë daarop te vestig en aan Jesus te dink wat op die werklike kruis van Golgota gesterf het in my plek. As niks my tot trane bring nie dan doen hierdie daad dit.
Dit spreek van kanse en nogmaals kanse … om jou saak met God reg te maak en dan reg te hou, deur voortdurend na Hom op te kyk wat eens daar gehang het.
Ek wil glo dat niemand sal verlore gaan omdat hy nooit ‘n
Ds. Jannie Pelser sing:
“Ek sing en lag en dans,
God se liefde gee aan my ‘n
Piet Smit
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe



