Hoe kosbaar is my en jou gesin nie! Dis die klein gemeentetjie wat God vir elkeen van ons wat getroud is, gegee het.
Alles begin daar. My en jou kinders se latere lewe is dikwels maar net ‘n verlengstuk van dit wat hulle in hul ouerhuise beleef en geleef het.
God hou ons as ouers grootliks verantwoordelik vir die wyse waarop ons met ons gesinslede omgaan. Hoe ek en jy dáár vaar bepaal ook hoe ons in die gemeente sal vaar n.a.v. 1 Tim. 3:5 – “Maar as iemand nie weet om sy eie huis te regeer nie, hoe sal hy vir die gemeente van God sorg?”
Ons kinders is relatief vir so ‘n ou kort tydjie in die huis voordat ons hulle eers aan die skool moet uitleen en daarna is hulle ouerhuis leeg as hulle self hul eie potjies moet gaan krap en hul plekke volstaan in die samelewing.
Maak dit vir jou kinders so aangenaam as moontlik in die huis. Maak tyd vir hulle. Ondersteun hulle wat hulle skoolwerk en sport betref. Speel met hulle, gaan op uitstappies, wys hulle op die hande werk van God in die natuurskoon, neem hulle na ons land se kultuurhistoriese plekke. Dien saam met hulle die Here Jesus in ‘n hoofstroom kerk in die plaaslike gemeente. Baie Christene vandag wil soos rondloperhonde hulle nie verbind tot ‘n gemeente as hul geestelike familie nie en hulle besef nie, hulle kinders sal óók geestelike swerwers en boemelaars word!
My en jou voorbeeld! Ek sê weer: Ons voorbeeld! Liefde vir God en ‘n hart vir mense wat hande en voete kry in die praktyk waar ons elke dag leef. Dis waardes wat die moeite werd is om na te jaag. Aan die einde van die dag soek alle mense na waardes wat die moeite werd is om na te streef.
As ons kinders wegdwaal, moenie bekommerd wees nie; wanneer hulle oud geword het, sal hulle terugkeer na die voorbeeld en waardes wat ons as ouers geleef en voor hulle oë gemoduleer het (Spr. 22:6).
Epos Inval Gedagte Bediening
Piet Smit
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Ook in Engels beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook by http://www.facebook.com/group.php?gid=45835613272



